http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!
Jou ma se taal!
Dit is ons erns.

 

Nommer 168

Besoek my Webwerf

15 Maart 2012

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Alles vat deesdae aan ons sakke. Brandstofprys, tolgelde ensovoorts. Ontspan nou en geniet 'n bietjie Afrikaans, ek is seker dit sal jou beter laat voel.

Die resepte is weereens 'n lekker verskeidenheid, gaan kyk maar na ondertoe. 

Die pasella hierdie keer is 'n eBoek met resepte uit die Struisbaai omgewing. Gaan na die Pasella afdeling en laai die boek af, kom ons kyk of die Kapenaars ook sulke lekker kos kan voorberei.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html

 WAZZUB - nuut op die internet

Jy weet seker van Google en Yahoo. Hulle is internet soekenjins en maak sakke en sakke vol geld. Hulle kom handig te pas en ons gebruik hulle gereeld en hulle maak hulle geld uit advertensies. Nou is WAZZUB op die toneel. Hulle wil ook hulle deel van die soekenjin mark besit maar hulle moet genoeg lede hê om adverteerders te trek om geld te maak.
Toe kom hulle op die blink idee af om van hulle winste aan hulle lede uit te deel. Hulle vra geen geld nie, hulle is nog in toetsfase en beoog om in April  lewendig te gaan. Al wat hulle verlang is dat jy by hulle gratis aansluit en wanneer hulle lewendig gaan dat jy WAZZUB jou tuisblad maak. So eenvoudig soos dit. Hulle vra ook dat jy ten minste drie lede kry om aan te teken. Hierdie is nie 'n piramide skema nie aangesien geen geld betrokke is nie, dit is bloot bemarking vir lede.

Ek het al gesoek op die internet en kan nêrens sien dat dit afgemaak word as 'n foefie nie.

Hier is die skakel. klik gerus en gaan kyk dit uit. http://signup.wazzub.info/?lrRef=27ecc

Registreer – jy ontvang ’n verifikasie e-pos waarop jy dan moet kliek – dit neem jou na die webblad – vul in – dan ontvang jy nog ’n e-pos wat jou aanteken (log-in) besonderhede bevestig – jy moet dan gaan aanteken op die WhazzUb webblad en jy kry 'n skakel met jou eie unieke lidmaatskapnommer, dis die skskel wat jy dan uitstuur om nog lede te werf.

Ek het aangesluit, ek probeer enigiets eenkeer :-) En dit kos niks!

Jou eposadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

My Resepte eBoek samestelling op CD

Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind.

Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.

Rugbygeesdriftiges  - Super 15

Weereens alles wat jy wil weet oor die huidige reeks, klik om oop te meek of regs klik om af te laai 

Super 15 - Wedstryde Super 15 - Punte
Super 15 - Logs Super 15 - Kaarte
Super 15 - Spanne Super 15 - Statistieke

Dankie aan Loot Eksteen wat dit aan my gestuur het.

Soekblokkie

Peterjasie in Woord en Beeld

Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld

Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dankie!

Verstaan jy jou vrou?

'n Brief van Frikkie Saayman aan 'n koerant

Dit is vir mans baie belangrik om te besef dat namate vrouens ouer word, hulle dit moeiliker vind om dieselfde kwaliteit van huishouding te handhaaf as toe hulle jonger was. Wanneer 'n man dit agterkom moet hy probeer om nie te skreeu nie..... Laat ek julle inlig hoe ek dit hanteer.

Toe ek 'n tyd gelede my werk as Verkeersbeampte verloor het, het ek 'n afleggingspakket vir "vroeë aftrede" ontvang. Dit was toe nodig dat Katryn 'n permanente werk moes aanvaar, nie net om die pot aan die kook te hou nie, maar ons het dit ook nodig gehad vir die mediese fonds-voordele.

Sy was 'n opgeleide Bankklerk toe ons 27 jaar gelede ontmoet het en sy was baie gelukkig om nou weer 'n soortgelyke werk te kry. Kort nadat sy weer begin werk het, het ek agtergekom dat haar ouderdom haar inhaal.

Ek kom gewoonlik vanaf my visvang of klub dieselfde tyd huis toe as wat sy van die werk af kom.. Alhoewel sy weet dat ek dan honger is, sal sy amper altyd sê dat sy dan moeg is en eers 'n halfuur of so moet rus voordat sy begin om die aandete voor te berei. Ek probeer nie om haar te vermaan wanneer dit gebeur nie. Inteendeel, sê ek vir haar sy kan maar haar tyd gebruik. Ek verstaan dat sy nie meer so jonk as vantevore is nie. Ek vra haar net om my wakker te maak wanneer die kos op die tafel is.

Vroeër het sy die skottelgoed onmiddellik na ete gewas. Dit is nou egter nie meer altyd die geval nie en somtyds is die skottelgoed nog vir ure na ete op die tafel. Ek bring ook my kant deur haar telkemale gedurende die aand te herinner dat die borde nie hulleself sal was nie. Ek weet dat sy dit waardeer, aangesien ek sien dat dit werk en dat sy tog die skottelgoed voor slapenstyd was.

Ons wasmasjien en droër is onder in die kelder. Toe sy jonger was, kon Katryn verskeie kere per dag die trappe op en af klim sonder om moeg te word. Noudat sy ouer is, lyk dit of sy sommer baie gouer moeg word. Partykeer sê sy vir my dat sy net nie nog een keer die trap op en af kan klim nie. Ek maak nie 'n groot ding daarvan as sy so sê nie. Solank sy net die wasgoed voor die volgende aand gereed het, sal ek dit oorsien. As ek intussen dalk iets nodig het wat voor Maandagaand se snoekerspel of Woensdagaand en Vrydagaand se pokerspel of Dinsdag en Donderdag se rolbal gestryk moet word, sal ek vir haar sê dat sy net moet stryk wat ek benodig en dat sy die res van die strykgoed kan laat tot die volgende aand. Dit gee haar dan so 'n bietjie meer tyd om die los werkies, soos die was van die honde, stofsuig of afstof te kan doen. Ook as ek 'n goeie dag by die viswaters gehad het, het sy dan daardie bietjie meer tyd om die vis se skubbe te krap en teen 'n gemaklike tempo te vlek.

Katryn begin so nou en dan te kla en murmureer, nie te dikwels nie, maar net genoeg sodat ek dit kan agterkom. 'n Voorbeeld hiervan is dat sy sal sê dat sy nie genoeg tyd gedurende haar etensuur het om al die maandelikse rekeninge te betaal nie. Ten spyte van haar klagtes gee ek haar ondersteuning en aanmoediging. Ek sê vir haar sy kan die betalings oor twee of selfs drie dae versprei. Deur dit te doen hoef sy nie so te jaag nie en verder herinner ek haar ook daaraan dat om nou en dan 'n middagete oor te slaan haar glad nie skade sal doen nie.(As julle snap wat ek bedoel)

Wanneer sy eenvoudige werkies doen, begin sy dink dat sy meer rusperiodes as voorheen, nodig het.

'n Paar weke gelede het sy, nog voordat die grasperk halfpad gesny was, gesê dat sy 'n ruskans nodig het. Ek ignoreer sulke aanmerkings aangesien ek weet dat dit maar net die ouderdom is wat praat. Trouens, ek probeer om haar nie te embarrasseer wanneer sy hierdie ruskanse wil hê nie. Ek sê sy kan gerus vir haar 'n lekker glas koue lemoensap gaan uitdruk en 'n rukkie sit...soms bied ek selfs aan om 'n glas sap saam met haar te drink, aangesien sy terselftertyd vir my ook 'n glas vol kan uitdruk. Sy kan dan haar ruskansie kry deur daar by die hangmat te sit en met my te gesels tot ek aan die slaap raak.. So kan ek aangaan, maar ek dink dat julle teen hierdie tyd al agtergekom het dat ek soos 'n engel uit die hemel is, soos wat ek vir Katryn op 'n daaglikse basis ondersteun.

Ek wil nie beweer dat dit maklik is om soveel verdraagsaamheid aan die dag te lê nie. Baie mans sal dit moeilik vind....party selfs onmoontlik.

Niemand weet beter as ek hoe frustrerend vrouens kan wees namate hulle ouer word nie.. Die doel met hierdie skrywe van my is eenvoudig om julle te versoek om 'n poging aan te wend om so verdraagsaam soos ek te wees. Om dieselfde vlak van verdraagsaamheid as ek te bereik, sit egter nie in elke man se broek nie.. Wel, deur dalk net 'n bietjie minder met julle vrouens te raas nadat julle hierdie brief gelees het, het ek in my doel geslaag en was dit die moeite werd om hierdie brief te skryf!

Groete,
Frikkie

(Nota van die redakteur: Frikkie se begrafnis was voorverlede Saterdag. Katryn is Maandag vry gespreek.)

Moerkoffie

Die waarheid is gewoonlik baie erger as fiksie en die volgende ware storie is genoeg om enige mens twee keer te laat kyk na wat mens eet en drink by die werk.

Enige Bank, Poskantoor of Prokureur het maar ‘n bode wat allerhade los werkies ok moet doen, soos om die pos te gaan haal, toilette skoon te maak, vloere te mop en in die meeste gevalle sommer koffie en tee vir die kantoor personeel te maak.

Veral in onse ou klein dorpie Moerlandspan waar ek vandaan kom is die enigste bode sommer alles en mens sien hulle sommer heel dag so beweeg tussen al die plekke waar niemand lus voel om heen te loop nie.
Die lede van ons eie Bank, en hier kan ek beslis nie die naam noem nie, was elke dag stiptelik op hul pos van die Bestuurder tot die Bode.

Ou Simon die bode was soos baie ander bodes, maar effens van ‘n slons. Rooi gesuipte oë, goud-geel tande van al die BB twak wat hy met koerant papier rook, stukkend uniform (want hy verkoop die nuwes), en ‘n natuurlike klankie wat genoeg is om die meeste mense te laat sidder.

Die dames in die kantoor het gedurig gekla oor Simon so vrot afstof, nie mooi skoonmaak nie, en daai klankie van hom was een te veel! So, soggens nadat Simon almal se koffie gemaak het, het hulle hom dadelik soveel takies moontlik gegee om hom net uit die bank te kry, wat Simon natuurlik erg misbruik het, en meestal vol papsak wyn onder ‘n boom lê en slaap het, altyd sonder sokkies.

Die klankie was afkomstig van Simon se besondere liefde vir hard gekookte eiers, waarvan hy elke liewe dag ten minse ses verorber het met middag ete, afkomstig van sy eie henne wat skrop om sy kaia in die lokasie.
Dis todat Koos, die nuwe Bank bestuurder een dag uit pure moedeloosheid die besemkas agter in die bank loop oop ruk het op soek na skoonmaakmiddels, dat hy op iets vreemd deur die agter ruit afgekom het.

Rustig aan die slaap lê ou Simon onder die boom vol hard gekookte eiers en ‘n paar nat sokkies is opgehang aan die venster se diefwering, daar agter waar niemand ooit kom nie.
Koos het een en een bymekaar gesit en die volgende oggend vir Simon bekruip oral waar hy gaan en tot sy ewige spyt gesien wat daar gebeur.

Die bank het so ‘n 15 Liter blink staal Urn met styf passende deksel wat sommer heel dag so staan en prut vir koffie water en dis nou hier waar die groot kots vir Koos kom staan en wag het.

So kom Simon toe in en gaan tap die urn vol water, skakel hom aan en gaan sit al te rustig op die stoel langs die tafel.
Mooi pak Simon 6 ROU eiers uit ‘n tassie op die tafel en maak sy skoen veters los.
Daarna trek hy sy sokkies uit en plaas 3 eiers in elke sokkie en hang elke sokkie vernuftig oor die rand van die urn in die koffie water en knyp hulle met die deksel vas.

Soos die koffie water kook, so kook Simon se eiers, en kry sy sokkies sommer ‘n lekker was ook.
Koos sê nadat hy sy laaste stuk dikderm uitgespoeg het, en die res van die personeel mekaar vertrap het om hulle mangels te loop uitskeur voor die toilet het hulle ou Simon dik gemoer en summier op pensioen gesit.
Tot vandag toe staan daai urn in die stoor en drink die personeel bottel water en koeldrank !!!

Pasella

Regs klik hier om 'n eBoek met resepte uit die Struisbaai omgewing af te laai.

Geskiedenis van Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004

Klik hier om die artikel te lees.

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte:

Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000

Sjoe, dis darem maar groot geld!

Foto Blog

Hier is 'n plek waar ek sommer net dag tot dag fotos opsit soos ek hulle afneem, gaan kyk gerus:

http://www.peterthomas.co.za/blog.html

Lekker kyk, ek las gedurig nog fotos by.

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Uit die Natuur.

Mankwe Dam by Pilanesberg 

 
Klik op die foto om 'n groter weergawe te sien

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
 

Thys Langeveldt

Met al sy talente is Thys ook nog 'n baie goeie kitaarspeler. As 'n mens so terug dink is daar omtrent nie 'n instrument wat hy nie in die kompetisies gespeel het nie en het hy bykans elke keer in die wenorkes gespeel! Thys se Tokkel is een van sy nuutste skeppings wat deesdae deur baie musikante gespeel word.
 


 

Facebook en Twitter

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Vas aan die verlede

Ouers vra my gereeld: “Maar waar het dit verkeerd geloop?” of hulle eien sommer die skuld hulself toe vir hulle huidige krisis: “Ek moes meer aandag aan hulle gegee het” of soos een mamma ander dag sê: “Ek moes hom meer gefoeter het!” Dit is ‘n menslike eienskap om te analiseer wat verkeerd geloop het-en in die meeste gevalle ‘n konstruktiewe eienskap want sodoende probeer ons sorg dat dit nie weer gebeur nie. Maar dit doen soms meer skade as goed.
Partykeer is ons so oortuig van waar ons huidige teenspoed vandaan kom dat dit omsit in wrewel en haat. Ons kan so vasgevang raak in wie of wat die blaam moet dra dat ons vergeet om tekyk hoe ons die hindernis kan oorkom. Ons kan so verstrengel raak in die verlede dat ons die uitkoms miskyk wat voor ons staan. Hindernisse behoort beter mense te maak -nie bitter nie. ‘n Bitter mens is nie net ‘n aardse hel vir homself nie-maar ook vir die mense om hom.
Ons mag die verlede analiseer; maar meer belangrik -ons moet aanhou om ons toekoms te ontwerp. Aanhou om die positiewe en mooi te soek in ons huidige omstandighede, aanhou om geleenthede te skep en te soek vir persoonlike groei.
Die lewe gaan om vas te byt oor die bulte en afdraende te geniet. En dat die liefde eintlik alles die moeite werd maak.
Makliker gesê as om te doen.
Drie dinge weet ek:
Dit is nooit te laat nie-word stil, soek hulp, beplan en begin klein.
Net die mens wat ophou probeer is ‘n verloorder.
In die sagtheid en vergewensgesindheid-vir jouself, vir ander, vir God-is die enigste manier om ‘n beter wêreld agter te laat.
Met sagtheid van my aan jou.

Klik hier om Mirna se ander artikels te lees

Blou Storie

Daar was eendag 'n blou mannetjie.
Sy blou wekker maak hom wakker in sy blou kamer op sy blou bed onder sy blou komberse.
Hy staan op en trek sy blou slippers en sy blou japon aan.
Hy loop na sy blou badkamer toe en skeer sy blou baard met sy blou skeerroom.
Hy klim toe in sy blou stort en was sy blou lyf met sy blou seep.
Hy klim uit nadat hy sy blou hare gewas het en hy droog homself met sy blou handdoek af.
Hy trek toe sy blou werksklere en sy blou skoene aan.
Hy sit sy blou horlosie aan en loop by sy blou trappe af.
Hy maak vir hom blou koffie in sy blou beker en eet blou pap in sy blou bakkie met sy blou lepel.
Toe gee hy vir sy blou hond blou kos en sê “tata bloues”.
Hy sien toe hy gaan laat wees en gryp sy blou sleutels en sy blou aktetas en sluit sy blou huis, hardloop oor sy blou gras, maak sy blou garage oop en sit in sy blou kar.

*Hierdie storie is ook beskikbaar in bruin, rooi en groen*

Koolstoof en hotplate!

'n Vrou is soos 'n koolstoof: As jy goed na haar kyk, sal sy baie jare lank sorg dat daar lekker kos op jou tafel is...
Nou vra jy my, hoekom juis 'n koolstoof ?
Die antwoord is eenvoudig, as jy net bietjie daaroor dink Kyk, om vuur te maak in 'n koolstoof, verg voorbereiding.
Jy moet voor die tyd sorg dat daar papier en fyn houtjies is, dat daar lekker stompe is en dat die kole emmer vol is.
Dan begin jy daai vuur van Bo af aanpak. (Jy kon nog nooit 'n koolstoof van onder af aan die brand steek nie!)
Die papier is soos briefies en versies en goed, en is die begin van die hele proses. Dan kom die fyn houtjies. Hierdie is die komplimente en Klein dingetjies wat jy vir haar doen om die Klein vuurtjie bietjie groter te blaas. Dan volg die hout. Dis wanneer jy begin geskenke en goed koop, laaste kom die kole, die GROOT WOORD, LIEFDE.
Dis die ding wat sorg dat die vuur lank en warm sal brand. Jy Pak ook nie sommer alles gelyk daar in nie, nee, jy begin met die papier en doen dinge so stap vir stap, en soos die een mooi brand, so Pak jy die volgende laag by.
En eers wanneer daai vuur goed brand, Dan mag jy maar die deurtjie hier aan die onderkant oopmaak en met jou poker daar karring sodat die hitte goed kan afsak...........
En 'n koolstoof vat baie lank om af te koel............ As jy dit nie besef nie, kan 'n man jou hande lelik verbrand.....
En moenie dink goed soos Blitz of alkohol is 'n goeie aansteker nie ! Jy sal wel so vinnige opwelling en hittetjie kry, maar gewaarborg, dit sal maar kort van duur wees.
Doen jy die ding nie reg nie, sal daai stoof tjouk en smoor en die hele huis sal naderhand vol rook wees tot pyn en lyding van almal.
Maar doen jy dit reg, sal daar 'n gesellige rokie by die skoorsteen uittrek, 'n sekere sein vir almal dat daar hitte en gerief in daardie huis is.
Daardie stoof word die middelpunt van die huishouding wat almal om haar saamtrek, wat sorg vir baie gesellige ure omgesels, wat warm maak as dit koud is en rotsvas staan waar sy staan.
Die ander ding wat 'n man moet verstaan, is dat die stoof gereeld skoongemaak moet word, en gewoonlik word dit gedoen deur iemand Anders van die vroulike geslag wat sorg dat daar op gereelde basis van die as ontslae geraak word. Daar is egter niks verkeerd daarmee Meneer, as jy ook gereeld gaan sit en luister as sy haar uitpraat en skoonmaak wat daar binne opgegaar het nie. Dit sal net help dat die stoof beter brand.
En Dan natuurlik, so een keer 'n maand, moet die pype en goed skoongemaak word van die roet en goed, en Dan is die stoof so bietjie buite werking. En Dan is dit ook hoogs aanbeveelbaar dat jy nie gaan staan en karring nie.........
Sy kan natuurlik ook doen met bietjie spoeg en politoer, en daar moet gesorg word dat sy gereeld kry wat nodig is
'n Gepolitoerde stoof LYK net soveel beter as 'n ou vaal, onversorgde ene.
En meneer, as jy nou self so nou en Dan bietjie olietjies in die hand neem, en dit mooi sagkens orals aanwend, later tot in die gleufies in, sal jy verbaas wees wat se verskil dit aan jou stofie maak...... Wees
net versigtig dat jy Dan nie 'n broodjie of twee of drie in die oondjie Los nie, want dit sal sekerlik groei en uitdy tot 'n ryke seen.....

'n Man aan die ander Kant, is soos 'n spiraalplaat hotplate: Draai net aan sy knop en hy is feitlik onmiddelik warm. Maar as die pot klaar gekook het, word hy weer net so vinnig koud ook.......
En sien jy ooit mense om hom vergader........... ??? 

Afrikaanse Lirieke
WERDALIED

Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: M.L. DE VILLIERS, 1921

Pas op, dis ons wat brandwag staan, dis Jong Suid-Afrika,
met oog en oor wat niks ontgaan--praat gou en reg: Werda?
Ons ken vir jou, o vriend wat kom, en ons, o vyand, jou.
Wat ons bewaak is heiligdom: Ons weet en waak getrou.

Ons hoor die grafstem uit die nag--o ouer, slaap gerus,
ons sien die voorlig van die dag--lag kindjie, werda sus!
Verlede, hede, toekoms vra: "Wie's daar wat waak?  Werda?"
Dis ons wat waak, dis werda, ja oor jou, Suid-Afrika.
Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

Die vrou is verveeld met die pret-kant van haar huwelik, en besluit om 'n beroep op manlief se instink te maak.
Hy sit en lees koerant met sy bril op sy neus. Sy gaan sit oorkant hom sonder 'n broekie aan, in 'n baie kort
somersrokkie.
Kort-kort kruis sy haar bene baie strate-gies sodat pappa niks kan miskyk nie.
Hy blaai rustig rond in die koerant en vra in 'n stadium in 'n stadige, diep stem, so asof hy steeds hard
konsentreer op dit wat hy lees:
"Is jy kaal onder daai rok?"
"Ja," sê sy in haar seksieste, hees stem.
"Dankie tog," sê hy. "Ek dog jy het op die kat gaan sit."

Sipho ry vroeg oggend met die baas se bakkie mark toe om waartlemoene te verkoop. So teen 9 uur die oggend bel hy die boer met n helse remoer in die agtergrond.
Boer: "Ja Sipho, wat gaan aan?"
Sipho: "My baas, die vark hy het by die pad gespring toe ek ry hom raak. Nou die vark se kop sit vas by die grill en hy raas baie"
B: "Vat die 303 agter die sitplek en skiet hom dood, gooi hom agter op die bakkie en bring saam plaas toe, ons sal dit hier uitsort. Kyk net eers of die radiator nie seergekry het nie. As daar probleme is bel my weer dan Kom haal ek jou"
S: "Oukay my baas"

So 10 minute later bel sipho weer

B: "Is die bakkie stukkend Sipho?"
S: "Nee my baas, die bakkie is oukay"
B: "Nou wat is die probleem Sipho?"
S: "Ek wil net weet my baas, wat moet ek met die vark se moterbike met die blou lig maak?

Ek het die afgelope vakansie 'n interresante episode beleef:

Nadat ons terug was by die huis, het my tuinhulp van baie jare ook toe so twee weke se verlof gekry.

Dit het natuurlik beteken dat ekself weer agter die grassnyer moes inskuif.

Die Saterdag-oggend was ek in my oudste PT-broek en T-shirt besig om die gras op die sypaadjie voor ons huis te sny, en ek was haastig en wou die job ordentlik en gou afgehandel kry. Ek was nie lus om vir 'n nuwe voornemende tuinhulp te verduidelik hoe die gras gesny moes word nie.

Maar soos dit maar altyd gaan: As jy niemand nodig het nie, dan daag al die hulp in die wereld op. Elkeen wil weet of hy nie 'n piece-job vir die dag kan kry nie. Toe die vierde een opdaag en hande in die sakke staan en vra of hy 'n piece-job kan kry, toe verloop die gesprek omtrent soos volg:

Hy: "Ek ken hom die sny van die gras, ek soek die job"
Ek: "Sorry man, ek bly nie hier nie, ek werk net vir die mense wat hier binne bly."
Hy: "Hau, die mense hulle employ 'n whitey by die tuin"
Ek: "Ja, en hulle gee nie eers kos by lunchtime nie."

Einde van die storie was, dat hy sy pakkie Kent sigarette uithaal, en my een aanbied.
Ek vat toe een, en hy steek hom vir my aan. Ek vat so drie trekke, nip die outjie, en sit die stompie agter my oor.

So met die wegstap was sy laaste woorde: "Die ANC het alles kom opf...k.

Die Drie Beertjies - 2011 weergawe

Baba beer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie...
"Wie't my pappies' geëet?", vra hy in 'n huilerige stemmetjie.
Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg.
"Wie de duiwel het my pap geëet!" vra hy in 'n bulderende stem.
Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer. Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm.
"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?

Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.
Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal..
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand".

"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle bebliksemde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê nie"
"Ek - Het - Nog - Nie - Die - F*&%$n - Pap - Gemaak - Nie!!!"

Daar in Brakpan hoërskool sukkel die ouens maar met engels.
Die hele skool skryf hul 2de taal eindvraestel in die saal.
Toe hulle klaar geskryf het, vra Jannie vir Koos: "Jes Koos hoe lyk jou leeu?"
Koos antw: "Watse leeu???"
Jannie sê: "Onder aan die vraestel staan 'draw a line'!

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Kinders en dwelms
Baie ouers sit vandag met die vrees dat hulle kinders met dwelms kan deurmekaar raak. 'n Klompie jare gelede sou ons nog dink dat dit sommer ouvrou stories is of dat dwelms by skoolkinders eerder 'n uitsondering is.
Daar is egter ontstellende berigte en gerugte dat dwelms maklik bekombaar is. Dwelms is nie meer iets ver weg nie, maar is reeds in die strate hier naby aan ons huise.
Wanneer ek met ouers in die praktyk praat, is die probleem dikwels dat hulle vermoed dat hul kind dwelms gebruik, maar is nie seker nie.
Wat is dwelmmisbruik? 'n Eenvoudige beskrywing is dat dwelmmisbruik die gebruik is van enige chemiese stof (wettig of onwettig en wat alkohol insluit) wat fisiese, verstandelike of sosiale skade aan die persoon of aan die mense naby hom of haar meebring.
Vermoed jy dus dat jou kind met dwelms gebruik, is dit goed om na die drie aspekte te kyk, naamlik:
• fisies,
• verstandelik
• emosioneel / sosiaal
Byvoorbeeld op fisiese vlak kan jou kind begin swak eet of al meer onnet op sy persoon raak. Verstandelik ondervind hy al meer konsentrasie probleme en kan sy redenasies absurd raak. Sosiaal begin jou kind hom al meer onttrek en raak buierig.
Dit is ook belangrik om te let op die invloed en skade wat dwelmgebruiker op die mense rondom hom het. Een voorbeeld is die sosiale skade aan die huisgesin. 'n Dwelmgebruiker beïnvloed die ander kinders se funksionering en ook die gesin se sosiale kontak na buite. So kan ouers te bang wees om mense oor te nooi, want hulle weet nie op watter sosiaal onaanvaarbare wyse hul kind gaan optree nie.
Hier volg 'n paar pertinente waarskuwingstekens waarop jy as ouer bedag kan wees. Hierdie tekens is ook van toepassing wanneer jy vermoed 'n volwasse vriend met dwelms of alkoholmisbruik deurmekaar is:
• Lang periodes sonder slaap of verloor eetlus.
• Verloor onverklaarbaar gewig.
• Sukkel om te konsentreer.
• Skoolwerk gaan agteruit.
• Het nuwe vriende wat verdag voorkom.
• Sy neus bloei dikwels.
• Hy en/of sy klere ruik vreemd.
• Oormatig aktief, senuweeagtig of geïrriteerd.
• Humeurig en bakleierig - buie veranderlik.
• Pupille kan abnormaal groot of klein wees.
• Oë kan pienk of bloedbelope wees - dra sonbril om dit te verberg.
• Gebruik skielik groot hoeveelhede geld.
• Distorsie van persepsies en die realiteit.
• Netheid en gehalte van (skool)werk neem af.
• Raak slordig op sy persoon.
• Raak geheimsinnig oor sy doen en late.
• Vermy om gesprekke te voer.
• Raak al meer sku vir mense / vermy oogkontak.
• Gebruik alkohol of 'n middel om te "cope".
• Kom in aanraking met die gereg op grond van 'n bedwelmde toestand.
• Ontken of probeer drinkgewoontes of dwelmgebruik wegsteek.
• Vermy sosiale geleenthede waar daar nie drank of dwelms beskikbaar is nie.
• Arriveer beskonke by die werk of skool.
Dit is vir enige ouer 'n skok wanneer jy agterkom dat jou kind by dwelms betrokke is. Ouers wonder dan hoe hulle die saak moet benader en hanteer.
Een ding wat jy as ouer nooit moet doen en dit is om die saak ter wille van vrede te ignoreer nie. Moenie hoop dat die probleem gaan oorwaai nie, want dit gaan nie. Hoe eerder iemand gehelp word, hoe beter.
Jy moet met jou kind hieroor praat. Probeer om simpatiek en taktvol met jou kind in gesprek te tree. Dit is egter belangrik dat jy 'n besliste standpunt inneem.
Die hantering van 'n dwelmprobleem by jou kind is so 'n sensitiewe en komplekse saak dat jy gewoonlik van buite hulp moet inkry. Raadpleeg 'n kundige persoon hieroor en klop aan by 'n organisasie of rehabilitasiesentrum wat jou kan help.
Daar is vir dinge wat ek voorstel wat ouers kan doen:
1. Kry inligting: Woon seminare, praatjies en lesings by waar oor dwelms gepraat word. Rus jou as ouer toe met die nodige kennis en inligting. Wanneer jy op hoogte is van al die gevare en tekens van dwelms is dit soveel makliker om voorkomend op te tree en jou kind te help.
2. Kry professionel hulp: Wanneer jou kind met dwelms deurmekaar raak of jy vermoed dit - gaan spraak 'n kundige op die gebied soos 'n sielkundige of dokter. Klop aan by Sanca vir hulp.
3. Raak betrokke by jou kind: Ons leef vandag in tye waar ouers en kinders bymekaar verby leef. Dit kan gebeur dat ouers so besig is met hulle beroep, sosiale aktiwiteite en dinge dat jy nie meer weet wat in jou kind se lewe aangaan nie. Raak betrokke, gesels met jou kind, woon sy sportgeleenthede by, ken sy maats, besoek oueraande, spandeer tyd met jou kind, weet wat aangaan in sy lewe.
4. Waardes en Norme: Jou kind gaan sekere waardes en norme leer. Dit is deel van grootword en deel van menswees. Die vraag is watter waardes en norme gaan jou kind leer? Die waardes van sy vriende of die waardes wat jy vir hom gee? Jy kan slegs jou waardes en norme op jou kind oordra indien jy genoegsame kwaliteit en kwantiteit tyd met jou kind spandeer. Skep 'n goeie ouer-kind verhouding sodat jy die belangrike waardes kan oodra.
Onthou jy as ouer kan die verskil maak!

'n Sprankie wysheid vir die dag
"Dwelms is 'n mors van tyd. Dit vernietig jou geheue en jou selfrespek en elke ding wat te doen het met jou selfwaarde." - Kurt Cobain -

Jy kan inteken op st se nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte

HEUNING-EN-KLAPPERKAASKOEKBLOKKIES
KORS
250ml koekmeel
180ml ligbruinsuiker
3ml sout
250ml klapper
180ml hawermout
180ml koue botter, in blokkies gesny

VULSEL
1 houer (230g) roomkaas
60ml heuning
15ml koekmeel
1 eier

BOLAAG
250ml suurroom of crème fraiche
15ml heuning
5ml vanieljegeursel
60ml klapper

Voorverhit oond tot 180C. Smeer 'n koekpan van 20 cm x 25 cm en voer uit met bakpapier. Smeer weer. Verwerk meel, suiker, sout, klapper en hawermout in 'n voedselverwerker tot fyn. Voeg botter by en pols tot die mengsel klam krummels vorm. (Indien mengsel te droog lyk, voeg yswater bietjie vir bietjie by tot krummels vorm wat aan mekaar vassit.) Druk deeg in die voorbereide pan. Bak kors vir sowat 25 minute tot goudbruin. Verwyder uit oond. Klits bestanddele vir die vulsel goed saam en giet in die kors. Bak sowat 20 minute tot net ferm. Meng ál die bestanddele vir die bolaag saam en skep versigtig oor die kaaskoekvulsel. Bak vir vyf minute tot dit teen die kante borrel. Haal uit die oond en laat afkoel tot kamertemperatuur. Verkoel vir minstens twee uur en sny dan in blokkies. Bêre in die yskas. Lewer sowat 25 blokkies.


HEUNINGKOEK (SOOS AAN DIE BINNEKANT VAN DIE CRUNCHIE SJOKOLADE)
500ml strooisuiker
160ml heuning
125ml botter
15ml koeksoda

Spuit ‘n ‘n koekpan met kleefwerende kossproei. Smelt die suiker, heuning en botter in ‘n groot kastrol oor matige hitte en roer deurentyd. Sit ‘n suiker termometer in die kastrol en laat prut vir 7-8 minute of tot dit 150C bereik het. By 150C bereik suiker die hardekraakstadium. Die stadium kan ook getoets word deur die suiker in ‘n glas water te drup. Die suiker is bros wanneer dit gebyt word en dit nie aan jou tande vas sit nie. Verwyder van die hitte en verwyder die termometer. Voeg die koeksoda by en roer tot goud en skuimerig. Gooi in die bereide koekpan en laat hard word. Haal uit en breek in stukke. Lewer 8 porsies.

HOENDER DER HOENDERS
1-1.2kg hoenderdye en boudjies
geurmiddels en sout na smaak
410g heel, geskilde tamaties
hoenderaftreksel
250ml rys
125ml stampkoring
2 middelslag uie
15ml sonneblomolie
125ml water
10ml tamatiepasta
15ml pietersielie
1 lourierblaar
10ml bruinsouspoeier
410g perskeskywe in hul sap

Verwyder alle vet en velle aan die hoenderstukke. Plaas die stukke in ‘n groot mikrogolf bestande bak met die dikste dele aan die buitekant. Bedek en mikrogolf dit 10 minute by 100% krag. Draai hoenderstukke om en mikrogolf dit ‘n verdere 5 minute by 70% krag. Haal die hoenderstukke uit en hou die aftreksel. Geur die hoenderstukke. Dreineer die tamaties en vul die sap met hoenderaftreksel aan tot 750ml. Giet dit in die bak waarin die hoenderstukke gaargemaak is. Voeg die rys en stampkoring by en geur met sout. Bedek en mikrogolf die mengsel 20 minute by 100% krag.Roer dit goed, bedek weer en hou dit eenkant. Skil en kap die uie fyn. Verhit die olie ‘n minuut by 100% krag. Roer die uie by, bedek en mikrogolf 2-3 minute by 100% krag. Rangskik intussen die hoenderstukke op die rysmengsel in die bak. Skep die tamatiemengsel oor. Rangskik die perskeskyfies bo-op en giet die perskesous ook oor. Bedek en mikrogolf dit 10 minute of totdat die hoenderstukke gaar is by 70% krag. Bedien warm saam met groen groente of ‘n mengelslaai. Lewer 6 porsies.

HOENDER EN AARTAPPELKERRIE
1kg hoenderborsies, gefileer
15ml masala
125ml meelblom
sout en peper na smaak
45ml botter
30ml kookolie
2 groot uie, in dun skywe gesny
10ml elk komynsaad en vinkel
1 lourierblaar
5ml fyn gedrukte knoffel
410g heel tamaties
10ml masala
5ml borrie
2 groen brandrissies fyn gekap
500ml jogurt
5ml gharum masala
½ bossie vars koljander, gekap
4 aartappels in kwarte gesny

Meng masala, meelblom, sout en peper. Rol hoenderborsies in hierdie mengsel, skud oortollige meel af. Verhit kookolie en botter in ‘n kastrol en braai hoenderborsies aan albei kante tot liggies verbruin. Verwyder hoender en hou eenkant. Soteer uie, komynsaad, vinkel en lourierblaar tot uie sag en deurskynend is. Kap tamaties en voeg by uie in kastrol. Voeg masala, borrie, knoffel en brandrissie asook aartappel kwarte by. Plaas hoender terug in kastrol en prut tot die hoender gaar en aartappels sag is. Voeg die jogurt by en verhit tot deurwarm. Moenie die mengsel laat kook nie aangesien die jogurt sal skif. Sprinkel die gharum masala en koljander oor net voor die hoender voorgesit word.


HOENDER EN BABA-UI KERRIE
1.8kg hoenderstukke
1kg piekeluie
25ml matige kerriepoeier
5ml gemaalde komyn
3 lourierblare
3 selderystingels, opgekap
2 x 410g blikke opgekapte tamaties
4 wortels, opgekap
hoenderaftreksel vir kook
handvol vars koljander

Verbruin die hoender aan albei kante in ‘n bietjie olie. Verwyder en plaas eenkant. Braai die uie en speserye in dieselfde pot. Plaas die hoender terug in die pot, roer om te meng, en gooi dan die tamaties by. Prut vir 5 minute. Gooi die groente by en bedek met hoenderaftreksel. Prut, bedek vir 45 minute – 1 uur. Haal die deksel af en kook vir nog 25 minute, tot die sous verdik. Geur na smaak met sout en peper en roer die vars koljander by. Bedien warm saam met gestoomde basmatirys. Lewer 6 porsies.

HOENDER EN BILTONG RYSSLAAI
SLAAISOUS
250ml suurroom
30ml vars lemoensap
gerasperde skil van een lemoen
sout en peper na smaak
3ml fyn komyn

SLAAI
500ml gaar rys
1 avokado, in repies gesny
500g hoenderbors-repies, in botter gebraai
250ml biltong, dun gekerf
6 stingeluie, gekap
handvol vars koljanderblare vir garnering

Meng die slaaisousbestanddele. Klam die rys liggies met die sous aan en skep die res in ‘n bakkie om apart voor te sit. Skep die rys op ‘n dienbord en rangskik die res van die bestanddele bo-op. Rond af met koljanderblare. Lewer 6 porsies.
HOENDERROL MET FETA EN DRAGON
'n Geurige én kleurige gereg wat warm of koud voorgesit kan word.

1 hoender (so 1,5 kg) 1 groot ui, gekap
125 ml wit wyn kruiesakkie: tiemie, vinkel en dragon
sout en swart peper 15ml botter
15ml vermicelli 15ml sago
1 eiergeel sap van een suurlemoen
handvol vars dragon, grof gekap 1 rol (400 g) blaardeeg
geel van 1 eier, gemeng met melk 8 dun jong worteltjies, geskraap
6 klein agurkies 1 skyf fetakaas, in repe gesny

Sny hoender in stukke en plaas saam met gekapte ui in 'n swaarboompot. Voeg wyn by. Bind kruie in 'n moeseliensakkie en plaas by vleis in pot. Kook stadig tot vleis sag is en maklik van die been afval. Voeg botter, vermicelli en sago by en roer versigtig om te voorkom dat dit aanbrand. Verwyder sakkie kruie, haal al die groot bene uit en voeg een eiergeel en suurlemoensap by. Roer dragon by. Stel oond solank op 180CC. Rol deeg uit en smeer hoendervulsel dik daaroor. Rangskik worteltjies, agurkies en fetakaas bo-op. Rol op en smeer deeg met eiergeel en melk. Maak dwarssnitte in die deeg. Bak 30 minute tot goudbruin. Sny in skywe sodat groente in elke skyf sigbaar is. Sit warm of koud voor met slaai of roerbraai-groente.

HOENDER-EN BOTTERSKORSIE LASAGNE
LASAGNE
20ml kookolie
1 ui, gekap
4 hoenderborsie, in blokkies gesny
750g botterskorsie, in blokkies gesny
400ml hoenderaftreksel
5ml paprika
5ml gedroogde knoffelpoeier
sout en pepper, na smaak
125g wit lasagne-velle
500ml witsous
250ml cheddarkaas, gerasper

WITSOUS
25ml margarien
25ml koekmeelblom
knippie sout
250ml melk

Voorverhit oond by 180C. Verhit kookolie in ‘n groot pan en braai die uie en hoender tot goudbruin. Hou eenkant. Kook die botterskorsie en hoenderaftreksel in dieselfde pan tot gaar en die vloeistof letterlik weggekook het. Voeg die hoender by die botterskorsie saam met die geurmiddels. Skep ‘n derde van die hoendermengsel in ‘n gesmeerde oondbak en pak ‘n laag lasagne-velle op, gevolg deur nog ‘n derde van die hoendermengsel. Giet die helfte van die witsous oor en pak nog ‘n laag lasagne op. Skep die orige hoendermengsel en die res van die witsous oor, sprinkel kaas bo-op en bak 30 minute tot goudbruin.
WITSOUS
Smelt die margarien oor lae hitte in ‘n kastrol. Voeg die koekmeelblom en sout by en roer baie goed met ‘n houtlepel. Voeg die melk bietjie-bietjie by en roer aanhoudend tot die sous verdik.

HOENDERKASSEROL MET PIKANTRISSIES (PEPPADEWS)
8 hoenderporsies
sout en varsgemaalde swartpeper
125ml koekmeelblom gegeur met hoenderspeserye
90ml botter
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
150g knopiesampioene, in skywe gesny
1 klein soetrissie, in blokkies gesny
100ml gekapte peppadews
250ml hoenderaftreksel
5ml bruinsuiker
200ml room
20ml pietersielie, fyn gekap

Geur die hoender met sout en peper en rol in die meel. Verhit 60ml botter in ‘n groot pan en braai die hoender tot goudbruin en byna gaar. Hou eenkant. Verhit die res van die botter en soteer die ui, knoffel, sampioene en soetrissie ‘n paar minute. Voeg die hoender, peppadews, aftreksel en pietersielie by. Geur met suiker en prut sowat 20 minute of tot gaar. Roer room by en verhit oor lae hitte tot verdik. Garneer met pietersielie. Lewer 4 porsies.

HOENDERSLAAI MET GEMMER
6 hoenderborsie filette
250ml wit wyn
250ml hoenderaftreksel
2ml swart peperkorrels
3 lourierblare bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap
45ml pietersielie, gekap

GEMMER MAYONNAISE
200ml mayonnaise
200ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper
30ml suurlemoensap;
10ml heuning
1 stuk gemmerwortel, geskil,gerasper
sout en peper na smaak.

Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel. Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourier blare. Sodra gaar, verwyder lourierblare, en sny hoender in stukkies. Meng hoender met seldery en pietersielie. Meng met gemmer mayonnaise.

HOENDERTAGLIATELLE
250g tagliatelle
bietjie olie
250g sampioene, in skyfies gesny
2.5ml droë gemengde Italiaanse kruie
6 hoenderborsies, ontvel, ontbeen, in blokkies gesny
knippie droë salie
knypie sout en peper
45ml whisky
250ml cheddarkaas, gerasper
30ml parmesaankaas, fyn gerasper
30ml blatjang
250ml room

Kook pasta in borrelende soutwater met bietjie olie daarin tot net gaar. Dreineer en roer bietjie bietjie olie by, sodat pasta nie aanmekaar vassit nie. Bedek en hou eenkant. Verhit olie en soteer sampioene vir 3 minute. Voeg hoenderblokkies by en soteer tot gaar. Voeg kruie, sout en peper by en soteer nog bietjie. Voeg whisky by en laat kook sodat die alkohol kan verdamp. Roer kase, blatjang en room by. Voeg pasta by. Roer deur en laat prut met deksel op tot deurwarm. Sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

JAMAICA HOENDER-STOWEGEREG
‘n Smaaklike manier om hoender op die spyskaart af te wissel..

125ml koekmeelblom
5ml kerriepoeier
5ml droë mosterd
10ml sout
12 hoenderporsies
60ml olie
2 uie, in skywe gesny
1 groot selderystingel, in skyfies gesny
2 hoenderekstrakblokkies, opgelos in 500ml kookwater
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
125ml gedroogte perskes

Meng die meel, kerriepoeier, mosterd en sout saam. Rol die hoender in die mengsel tot goed bedek. Verhit die olie en braai die hoenderporsies tot goudbruin. Verwyder, dreineer en hou warm. Braai die uie en seldery in die oorblywende olie, dreineer oortollige olie en voeg dan die voorbereide ekstrak by. Voeg die hoender, aartappels en perskes by en prut vir 30 minute.

JASMYNRYS EN FETA KOEKIES
250ml jasmynrys
15ml botter, gesmelt
70ml droë broodkrummels
410g gekapte tamaties
3 sprietuie, fyngekap
125ml melk
6 eiers, geklits
250g fetakaas, gekrummel
250ml cheddarkaas, gerasper
handvol vars basiliekruid, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
3 mediumgrootte tamaties, gesny


Kook of stoom die rys vir sowat 15 minute. Dreineer goed en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180C. Smeer muffinpannetjies met ‘n bietjie gesmelte botter en sprinkel broodkrummels in. Maak seker die broodkrummels bedek die holtes van die muffinpannetjies. Skud die oortollige broodkrummels uit. Meng die res van die bestanddele, buiten die vars tamaties. Verdeel die mengsel in die pannetjies en sit ‘n tamatieskyfie bo-op elke koekie. Bak vir 35-45 minute. Toets met ‘n dun pennetjie of koekies gaar is. Laat effens afkoel in pannetjies voor jy dit uithaal. Sit warm of koud voor. Lewer 12-14 koekies.

Skakels/Advertensies

Ekstra Inkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!

Die hele proses het nou verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op om te begin saamspeel! Klik hier en gaan kyk self!

Dit neem 'n rukkie, maar ek het verlede maand net minder as R1000 gekry. Elke bietjie help!

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede


Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke

A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.