|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Ek besef die die middel van die jaar,
maar dit word nou al hoe moeiliker om resepte pasellas op te spoor.
Hierdie keer is dit 'n resepte eBoek met vleisgeregte vir Kersfees.
Vleis is vleis en mens kan seker lekker eet enige tyd van die jaar, nie
so nie? Gaan na die Pasella afdeling en laai die biek gratis af.
Wintertyd is soptyd, gaan af na die
resepte afdeling en verlustig jou aan al die lekker sopresepte
Die resepte is weer 'n lekker
verskeidenheid, gaan kyk gerus hieronder.
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Ek is seker maar laf, maar
deesdae begin ek al hoe meer bewus word van tyd wat verbysnel en wat jy
nooit weer sal kan ervaar nie. Mie liewe Afikaanse onnie, Ou Johnny het
dit so raak gestel toe hy iemand beskryf wat oud word, hy het gesê sy
baadjie raak koet agter, so mooi.
Laat mens dink...
Jy kry elke oggend R86 400 in jou persoonlike rekening gedeponeer,
Maar die reels
1. Jy moet alles spandeer, dit wat jy nie spandeer het nie word terug
gevat, jy mag nie die geld oordra in 'n ander rekening nie.
2. Die speletjie kan enige oomblik gestop word sonder 'n waarskuwing, jy
kan nie 'n nuwe rekening oopmaak nie...
Wat sou jy persoonlik doen? Sal jy alles koop vir jouself en almal wat
vir jou saak maak? Selfs vir sekere mense wat jy nie ken nie, want jy
kan onmoontlik so baie op een dag spandeer.
Die speletjie is eintlik waar en die naam is REALITEIT!!!
Elkeen van ons besit so bankrekening, ons sien dit net nie, die naam is
"TYD"
Elke oggend as jy wakker word is daar reeds 86 400 sekondes in jou
rekening gedeponeer... 'n gawe van die LEWE, as jy gaan slaap word alles
terug gevat wat jy nie gebruik het nie.
Dis vir altyd verlore,!!!
So wat gaan jy doen met jou sekondes? Is dit nie dalk meer werd as
dieselfde bedrag in geld?
Geniet elke sekonde, PASOP TYD SNEL BAIE VINNIGER AS WAT JY DINK!!!
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Ek is onlangs met O.V.O.
gediagnoseer: Ouderdomgedrewe Vergeetagtige Ongesteldheid.
Dis hoe dit manifesteer:
Ek het besluit om my tuin nat te spuit. Terwyl ek die spreier neersit,
sien ek my kar het 'n was nodig. Op pad garage toe sien ek die pos wat
vroeer afgelewer is op die stoeptafeltjie le.
Ek besluit om deur die pos te kyk voordat ek die kar was. Ek sit die
karsleutels op die tafel, sit die gemorspos in die boks onder die tafel,
en sien dat hy vol is.
Ek los al die rekeninge toe op die tafel sodat ek eers die boks
gemorspos kan leegmaak, en besluit ek kan netsowel die rekeninge betaal,
dan is dit afgehandel.
Ek vat my tjekboek wat op die tafel le, en sien daar is net een tjek oor.
My nuwe tjekboek is in my studeerkamer, en daar kry ek toe sommer die
beker koffie wat ek aan 't drinke was.
Die koffie is al koud, dus maak ek vars koffie. Op pad kombuis toe met
die koue koffie tref die potplant my oog en ek sien hy is droog.
Ek sit die koffie op die kombuistafel en ontdek my leesbril wat al heel
oggend soek is. Ek besluit dit sal goed wees as ek eers die bril bere,
maar ek moet eers die potplant water gee . . .
Ek sit die bril terug op die toonbank, vul 'n houer met water en sien
skielik die TV se afstandbeheer wat iemand op die tafel laat le het. Ek
besef as ons vanaand wil TV kyk, gaan ons die ding soek - dis beter as
ek hom op sy plek terugsit, maar ek moet eers die plant natgooi.
Ek gooi water in die pot, maar mors die meeste op die vloer. Ek sit die
TV-ding terug op die tafel en vat 'n handdoek om die vloer droog te maak.
Toe stap ek in die gang af en probeer onthou wat ek wou doen.
Teen sononder:
● Is die kar nog vuil.
● Die rekeninge is nie betaal nie.
● Daar staan 'n koppie koue koffie op die kombuistoonbank.
● Die potplant kort nog water.
● Ek kry nie die afstandbeheer nie.
● My bril is weg.
● En ek weet nie wat ek met die karsleutels gemaak het nie.
Toe probeer ek uitpluis hoekom ek heeldag niks gedoen het nie en hoekom
ek so moeg is.
Ek stap na die rekenaar om hulp te soek, maar besluit om eers te kyk of
daar e-pos is.
En moenie lag nie:
As jy nog nie so is nie, is jy op pad om so te word!
2 Koppies Haricot-boontjies
2 Koppies Nierboontjies
2 Koppies Suikerboontjies
1½ Kg Stowe beesvleis
2 Medium uie gekap
4 Medium geelwortels in ringe gesny
4 Groterige aartappels
4 Vet knoffelhuisies gekneus
2 Selderystingels opgekerf
35 ml Matige kerriepoeier
7 ml Borrie
7 ml Vleis masala
4 Kruienaeltjies
1½ Handvol groenbone opgekerf
10 ml Rooi brandrissie (sonder pitte)
10 ml Vars groengemmer gekneus
¼ Koppie olyfolie
3 Koppies droëvrugte vir ‘n wyle in koue water geweek. (1 elk appelkose,
perskes en pruimedante) Die perskes en appelkose kan middeldeur ge- sny
word.
1 Blik (410g) heel tamaties, gekap
2 Lourierblare
2 Vingerlengtes pypkaneel
1 Eetlepel growwe sout
1 Biefblokkie
Varsgemaalde swartpeper
Water
Plaas die boontjies in ‘n kastrol en bedek heeltemal met water. Kook die
boontjies vir 5 minute en skakel dan die stoof af. Laat staan tot
volgende môre in kastrol met water in. Dreineer dan die water. Verhit
dan die olie in die swart pot oor vuur en braai die vleis tot bruin.
Voeg dan die uie en knoffel by en braai saam met die vleis totdat die
uie mooi helder is. Gooi bietjie water by. Voeg dan die naeltjies,
pypkaneel en gemmer by en roer goed deur. Na ‘n rukkie kom die seldery
en wortels by en die brandrissie. Voeg dan die groenbone by en pak die
droëvrugte bo-op. Hou die vloeistof dop en pasop vir brand. Nou kom die
droëbone bo-op asook die tamatie en die lourier. Sit die deksel op en
laat ‘n wyle prut. Wanneer die bone sag is kom die vleisaftreksel (biefblokkie)
opgelos in kookwater by. Sny die aartappels in groterige blokkies en pak
bo-op. Strooi baie varsgemaalde swartpeper bo-oor. Kyk of daar genoeg
vloeistof in die pot is. Sit die deksel op en prut verder. Wanneer die
aartappels sag is kom die kerriemengsel i.e. kerriepoeier, borrie en
vleismasala met bietjie water aangemaak by. Sit die deksel terug en laat
deurkook. Bedien oor rys.
Ek haat dit waneer mense hulle
onnosel hou, met simple vrae wat my teen die mure uit kan dryf!
Net nou die dag gaan koop ek 'n sak EPOL hondekos by Pick 'n Pay en ewe,
terwyl ek so in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het???
Nou kyk, net daar voel dit asof my derms draai van beneukgeid, en my
brein begin skree soos staalwol teen 'n swart bord.
Sommer aspris, sê ek vir haar: "Nee, ek het nie 'n hond nie - ek begin
weer met die EPOL dieët."
Sy lyk toe nogal soos die basterbrak in ons straat, terwyl sy haar kop
draai en my snaaks aanloer, maar ek gaan ewe aan:
"Eintlik weet ek dat ek nie weer op die dieët moet gaan nie, laaskeer
het ek in die hospitaal beland. Ek het wakker geword in intensiewe
eenheid met pype wat in en uit elke gaaitjie in my lyf uitkom!"
Sy staar my aan met 'n mengsel van skok en belangstelling terwyl ek
aangaan, "Maar ek het 22kg verloor in drie weke en dit was beslis die
moeite werd."
Ek gaan toe aan en vertel haar dat die EPOL dieët eintlik volledig
voedsaam is met al die vitamines en minerale wat mens nodig het vir elke
dag,. En hoe mooi my hare deesdae blink.
Haar oë hardloop oor my voorkop na my boskaas, en ek voel die simple
ironie, dat sy glo. Ja sowaar, glo sy als wat ek sê!!
Ek gaan aan om haar te vertel; al wat jy doen is om jou broeksakke vol
te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger
voel. Hulle swel MOS 5x hulle groote uit en vul jou magie sommer vinnig!
Dis so maklik!
Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie - veral die
man wat agter die uitvraerige vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van
voedsel vergifting?
Ek antwoord haar toe ewe kalm en verbaas: "Nee," sê ek "ek het in die
straat gesit en my agterent gelek, toe ry 'n kar my raak!"
Die Pasella hierdie keer is 'n
resepte eBoek met Kersfees vleisgeregte,
regs klik hier om dit af te laai.
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Klik hier om die artikel
te lees.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Hier is 'n plek waar ek sommer
net dag tot dag fotos opsit soos ek hulle afneem, gaan kyk gerus:
http://www.peterthomas.co.za/blog.html
Lekker kyk, ek las gedurig nog
fotos by.
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a.
Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir
leerders met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf
artikels, lag en reis die hele land vol. Sy is ‘n ma, lief vir die
kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Die 7 lesse van die houtkappers
Eendag was daar 2 houtkappers wat langs mekaar gewoon het. Elke dag het
albei in die woud gaan bome afkap en dan verkoop.
Pieter het baie hard gewerk. Hy voor sonsopkoms al woud toe gestap en
sommer sy kos ingepak. Hy het dan vir ses ure sonder ophou gewerk.
Hy het dan ‘n kort etensuur gehad en dan weer aanhou werk tot sonsonderg.
Paul , aan die ander kant, het baie later as Pieter begin werk, hy het
baie keer gerus, ‘n goeie etensuur gehou en sommer bietjie skuins gelê
ook. Hy was ook al teen sonsonder terug by die huis.
Maar tog het Paul gewoonlik meer bome afgekap as die ewigdurende
werkende Pieter. Paul het minder ure as hy gewerk, meer ruskanse benut
en ook nie hulp gehad nie. HOE het PAUL dit reggekry ?
Eendag roep Pieter na Paul:”Hei, Paul-hoe doen jy dit? Jy werk korter
ure as ek en jy maak voor my klaar. Jy neem ruskanse en tog kap jy meer
bome af as ek.”
Paul het glimlaggend geantwoord: “Hei Pieter, jy moes fyner gekyk het-ek
het my byl altyd skerp gemaak voor ek begin werk het, en gereeld gestop
om dit weer skerp te maak.”
Hierdie eenvoudige storie hou 7 baie belangrike lesse vir elke mens:
1. Hou op te veel DOEN en begin DINK ook.
2. Verbeter jou vaardighede konstant.
3. Dit is nie die ure wat jy werk nie; dit is die werk wat jy gedoen kry
in die beskikbare ure.
4. Elke aksie/aktiwiteit verskerp jou vaardighede of stomp jou af.
5. Voorbereiding is die voorloper tot sukses.
6. Moenie aktiwiteit verwar met vordering nie.
7. Sit jou outomatiese ratte af en skakel jou geleentheids-radar aan.
Finale woord: Niks gebeur vanself nie-skryf jou drome en doelwitte neer.
Skryf ook idees en die stappe wat dit gaan benodig tot sukses neer. En
werk dan stadig maar seker na jou doelwitte. Reik uit na die sterre-maar
hou jou voete op die grond.
Entoesiasties van my aan jou.
Klik hier om Mirna se ander
artikels te lees
Die Ou Voortrekker
A G Visser
My kinders om my bed geskaar
Ek voel die lange tog is klaar,
Die laaste uitspan daar, ---
Dank Heer, dat U aan gindse kus
Die moeë trekker gun sy rus,
Na opdraans lank en swaar.
Die ou familiebybel daar
Moet julle meer as goud bewaar;
Hy was deur al die swaar
My raad en troos in tyd van nood,
Nou in die ure van die dood
My vaste steunpilaar.
Daar aan die muur hang my geweer;
Bewaar hom goed. Hoe menig’ keer
By dreigende gevaar
Was net sy snelle, wisse lood
Ons een’ge redding van die dood
Deur roofdier of barbaar!
Majoebaberg die ken sy knal;
Die grootwild het voor hom geval,
En leeus die stof gebyt!
Mag daar nooit iemand met my van,
Wat nie kan skiet --- geen weerbaar’ man, ---
Die lewe hulploos slyt.
Besonders wil en julle vra:
Hou vir gedagt’nis my ou wa;
Wat het hy nie deurstaan?
Hy was ons huis as onweer dreig,
Ons vesting sterk in felle kryg
Met Silkats en Dingaan!
Hy kan getuig van moedermin:
Die Lewe het in hom begin;
Die kille Dood ken hy.
Wat ‘n verhaal kon hy ontvou
Van mannemoed en vrouetrou
En eerste liefde bly!
Gee aan ou Poon, my laaste perd,
Genadebrood. Hy is dit werd.
Vir hom is daar geen geld!
Hoe dikwels het ons twee gedeel
My laaste bietjie mieliemeel
Daar buite op die veld!
My kinders bly die grond behou;
Onthou julle afkoms; wees getrou!
Laat vreemde sedes staan!
Al bars die swaarste onweerswolk
Oor ons, tog bly ons nog ‘n volk
En sal ons voortbestaan.
Daar’s nog ‘n ou Transvaalse vlag ---
Bewaar . . wie weet . . miskien . . een dag ---
Ek sal daar nie meer wees ---,
Maar mag ons eie vlag weer waai,
Vat my geweer en skiet en laai ---
En . . . Heer, ontvang my gees !
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Vrou aan vriendin, "My man sê ek
doen niks wat sy asem wegslaan nie"
Vriendin, "En toe wat maak jy ?"
"Toe gooi ek sy asma pompie weg... dit behoort die ding te doen".
'n Baie vroom Moslem klim in 'n Kaapse minibus-taxi en vra die
bestuurder om die radio af te sit.
Volgens sy geloof mag hy nie musiek hoor nie. In die tyd van die profeet
was daar geen musiek nie.
Veral nie Westerse musiek nie en geen radio's nie - dis vir die
ongelowiges.
Die bestuurder skakel toe die radio beleefd af, stop die taxi en maak
die deur oop.
"Hei, wat maak jy nou?" vra die Moslem.
Die bestuurder antwoord: "Lyste', innie tyd vannie profeet was daar nie
taxi's nie, ve'staa' djy?
So kry djou gat yt my taxi yt en dan staa' en wag djy vir 'n kameel!"
Die twee seuntjies speel krieket in ‘n parkie in Kaapstad.
Terwyl hulle nog so speel, kom daar ‘n Rottweiler in en val die een
seuntjie aan.
Die ander seuntjie dink vinnig, vat sy kolf, druk dit by die Rottweiler
se halsband deur en breek sy nek.
Net toe kom daar ‘n joernalis verby en hy wil onderhoud voer met die
seuntjies.
Hy begin te skryf: “Jong Stormer ondersteuner red vriend se lewe uit die
bek van ‘n vreeslike dier”.
Die seuntjie sê – “Ek is nie ‘n Stormer nie” - baie verontwaardig Die
joernalis vra om verskoning en sê hy’t aangeneem omdat die insident in
die Kaap gebeur het, hy ‘n Stormer ondersteuner is. Hy begin toe weer
skryf: “Sharks ondersteuner red vriend van vreesaanjaende aanval”. Weer
sê die seun “Ek is nie ‘n Sharks ondersteuner nie".
Nou watter span ondersteun jy dan, vra die joernalis. Die seun sê “Ek is
‘n Blou Bul ondersteuner”.
Die joernalis blaai om en skryf:
“KLEIN PES VAN PRETORIA VERMOOR FAMILIETROETELDIER KOELBLOEDIG
Sipho apply vir job:
"Ek soek werk, ek wil hard werk, ek soek min geld, ek strike nie, en ek
gaan ôk nie elke maand na my ouma se funeral."
Koos antwoord: "'n Goeie pos vir jou, ± R50,000.00 per maand, 2 trips
per jaar oorsee, 13de tjek en 'n 4 x 4 D/Cab."
Sipho: "Jy lieg vir my!"
Koos: "Ja, maar jy't eerste begin k@k praat."
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
7 Stappe om
Positief te dink
Werkgewers en bestuurders verkies positiewe werkers. Werkers wat 'n gesonde
positiwiteit uitstraal is oor die algemeen meer produktief en kreatief, en
dra by tot 'n aangenamer werksomgewing
Het jy al moedeloos gevoel en lus gehad om tou op te gooi. Dan kom iemand by
jou en sê: "Jy moet net positief wees." Ja, die meeste van ons het al so 'n
boodskap van iemand gekry.
Miskien het jy ook al vir 'n vriend of familielid dieselfde gesê: "Moenie so
negatief wees nie, bly net positief en dinge sal sommer beter gaan."
Ons kan ons sekerlik hiermee vereenselwig: dink positief!! Maar hoe moet 'n
mens nou maak om positief te dink?
Sewe stappe vir 'n positiewe uitkyk:
1. Leef dankbaarheid elke oomblik: Leer om elke oomblik te waardeer vir wat
dit is. Byvoorbeeld jy ry deur die Karoo en kry 'n papwiel. Eerder om dikbek
te wees oor die ongerief wat jou tref, klim uit en trek jou longe vol van
die vars lug. Luister na die groot stilte van die Karoo en steek jou vingers
in die warm sand. Wees dankbaar en bly jy vir 'n besondere oomblik wat jy in
die Karoo ervaar. Ek dink hier onwillekeurig aan die woorde van Henri
Matisse: "Daar is altyd blomme vir diegene wat dit graag wil sien."
2. Leef met humor: Jy moet elke dag kan lag. Lag is helend. Lag maak gesond.
Leer om humor in situasies in te sien. Oefen om iets komies te sê. Vind iets
snaaks in 'n spanningvolle moment en sê dit vir die mense rondom jou. Humor
vereis kreatiwiteit. Dit maak jou denke oop. Soek humor in iets en dit dwing
jou om anders te dink. Dit stimuleer jou brein, dit gee lewe.
3. Leef jou droom voluit: Instede daarvan om te kla oor wat gebeur het, skep
vir jou vorentoe-kyk denke. Moenie vaskyk teen die onreg jou aan gedoen nie,
maar fokus op jou toekoms. "Gee slegs een positiewe gedagte kans om te
oorleef en te groei, en dit oorrompel 'n hele krygsmag van negatiewe
gedagtes." (Robert H. Schuller). Moenie neul oor verspilte kanse nie, maar
ywer aan geleenthede wat nou rondom jou is. Werk onverpoosd en kreatief aan
jou drome en leef jou lewe met passie.
4. Kry jou plek agtermekaar en netjies: Kry jou lessenaar, leefomgewing, en
jou werksruimte georden en sorteer alles uit. Wanneer dinge netjies op hul
plek is, en jou ruimte is sistematies en goed gerangskik, voel jy sommer
beter. Dit skep 'n atmosfeer en energie om daadwerklik iets aan probleme te
doen en om nuwe geleenthede te benut.
5. Omring jou met positiewe mense: Positiewe mense stimuleer jou tot
positiewe denke, terwyl die negatiwiteit van mense afbrekend op jou gestel
inwerk. Wanneer jy met mense praat en handel, moenie op swartgallige en
negatiewe aspekte fokus nie. Waag eerder met humor en positiwiteit en jy sal
sien hoe jy die regte tipe mense nader aan jou trek.
6. Vergeet vrees, voluit vorentoe: Vrees vir allerhande dinge maak jou
depressief, gespanne, bang en negatief. Dit kan vrees wees vir finansiële
probleme, 'n knorrige baas, 'n slegte situasie of 'n oorlading van werk.
Maar weier om te fokus op vrees. Analiseer die vrees, deurdink oplossings en
doen aksiestappe om die probleem te hanteer. Konsentreer dan met alles wat
jy het op jou doelwitte en op die pad vorentoe. Skuif twyfel en vrees
gedagtes doelbewus uit, en gee al jou energie en denke vir jou drome. Neem
een dag op 'n keer, en hanteer daardie dag voluit en positief. Swami
Vivekananda het gesê: "Wanneer jy dink oor rampspoed, dan sal jy dit kry.
Broei oor die dood en jy verhaas jou afsterwe. Dink positief en meesterlik
met vertroue en geloof, en die lewe word meer beskut, voller met aksie,
ryker in prestasie en ondervinding."
7. Leef met geloof: Jy het hierdie een lewe. Glo in jouself en waag met
alles wat jy het om voluit te lewe. Glo dat jy suksesvol sal wees. Glo dat
jy jou probleme en struikelblokke in geleenthede sal omskep. Aanvaar die
uitdagings van die lewe en bou jou toekoms. Om te glo in jouself is om 'n
werklikheid te skep waarin jy met selfvertroue en positiwiteit kan
funksioneer. En jy kan maar glo in jouself, want jy is mens geskape na die
beeld van God. Iemand eenkeer gesê het: "Wanneer die son opkom, kom dit op
vir iedereen." Ja, die son kom elke oggend ook vir jou op, sodat jy met
positiwiteit en vreugde kan leef en werk.
Willie Nelson - die befaamde Country Western sanger som dit goed op: "Sodra
jy negatiewe gedagtes vervang met positiewe gedagtes, sal jy begin om
positiewe resultate te kry."
Uiteindelik is positiewe denke 'n keuse wat jy prakties kan uitoefen in jou
lewe, asook in jou beroep en werksomgewing.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Positiwiteit smeer af soos skoenpolitoer. Voor jy jou kom kry, is almal vol
daarvan." - skrywer onbekend
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Dik groentesop
500ml haricotbone
water
25ml olie
2 uie of preie gekap
3 wortels, gekap
3 selderystingels, met blare gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
625ml kool, gerasper
150ml groenbone, in stukkies gesny
3 biefekstrakblokkies
500ml kookwater
4 middelslag tamaties, in blokkies
12.5ml sout
2 ml peper
2 liter water (ongeveer)
Week die haricotbone oornag in water. Dreineer dit en bedek dit met 1
liter vars water. Kook die boontjies tot sag. Verpulp die bone of druk
dit fyn. Verhit die olie en soteer die groente, behalwe die tamaties
ongeveer 15 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer dit aanhoudend
sodat dit nie aanbrand nie. Los die biefekstrakblokkies op in die
kookwater en voeg dit saam met die tamaties en geurmiddels by die
groente. Voeg ook die bone by. Plaas die deksel op en laat prut
ongeveer 30 minute lank. Vul die vloeistof aan as dit wegkook. Daar
moet ongeveer 2 liter sop wees.
Tamatiesop
40ml margarien
750g tamaties, in kwarte gesny
1 liter hoenderaftreksel
1 ui, gekap
1 lourierblaar
3 ml vars gemaalde swartpeper
3ml sout
5ml lemoenskil, fyn gerasper
10ml suurlemoensap
5ml suiker
1. Verhit die margarien en roerbraai die tamaties sowat 10 minute
lank.
2. Voeg alles behalwe die suurlemoensap en suiker by en laat dit 45
minute lank prut.
3. Vryf die mengsel goed deur ‘n sif.
4. Voeg die suurlemoensap en suiker by en herverhit die sop tot
kookpunt.
5. Bedien dadelik.
Aartappelsop
10 aartappels
1 liter water
40ml botter
3 uie, fyn gekap
10ml sout
2ml peper
knippie fyn neut
15ml pietersielie
375ml room melk
10ml Worcestersous.
Skil en sny die aartappels in blokkies. Kook in water tot sag. Druk
aartappels in water fyn. Braai uie in die botter tot bruin. Voeg dit by
die aartappels. voeg die sout, peper, neut en pietersielie by. Voeg die
room by die aartappelmengsel en meng. Voeg die Worcestersous by.
Laat die sop op kook. Indien te dik, verdun met melk. Sit sop met
roosterbrood voor.
Romerige botterskorsiesop
1 groot botterskorsie, geskil, in blokkies gesny
3 aartappels, geskil, in blokkies gesny
1 ui, grofgekap
1 tamatie, vel verwyder en grofgekap
1l hoenderaftreksel
125 ml vars room
10 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
3 ml fyn komyn
3 ml kerriepoeier
3 ml fyn koljander
20 ml gekapte, vars pietersielie
Plaas die botterskorsie, aartappels, ui, tamatie en hoenderaftreksel in
'n groot kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, plaas deksel op
en laat saggies prut totdat die groente sag is (sowat 30 minute).
Verpulp groente en aftreksel in 'n voedselverwerker. Gooi verpulpte
groente terug in die kastrol, voeg room en geurmiddels by en verhit tot
goed deurwarm. Garneer met pietersielie en sit voor met vars
sesamsaad broodrolletjies.
Vissop
1 pak sampioensop
1 blik sampioensop
1 x 250 ml room
1 blik tuna
15 ml sjerrie
Maak sop aan soos aanwysings, maar gebruik helfte melk en water.
Meng res by.
Roer tot kookpunt
(Addisioneel voeg blikkie gemengde seekos by).
Boontjiesop
2 pakkie gedroogte sous bone oornag in water geweek
Gooi water af voeg genoeg water by om bone te bedek
voeg een stuk gerookte vark been (eisbein) by en kook sag
Haal die bene uit en sny die vleis klein stukkies
.
Voeg nou
1bottel lite chuthey
2 pakkies bruin uie sop
sout en peper (pas op vir te veel die sop is reeds sout)
'n bietjie asyn of balsimic asyn by
(na smaak ek hou nie daarvan te suur nie)
Kook 'n rukkie vir die sop om gaar te word
Druk fyn met aartappel drukker en bedien met brood
Lensiesop
1 pakkie bruin lensies
2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry)
1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê)
2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens kapokaartappels maak)
geurmiddels
Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met watergevul
is.
Plaas op die stoof en laat solank vinnig kook terwyl die groente gekerfword.
Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kantvan die
rasper.
Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker.
Moenie te veel rape ingooi nie.
Ek vind dit maak die sop efffens bitter.
Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit by die res in die pot enlaat
stadig kook.
Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep om te
keer dat die aartappels heeltemal fyn kook.
Vul maar nou en dan aan met water indien nodig.
Gooi sout, peper, Aromat, Worcestersous, tamatiesous of -pasta na
smaak by.
'n Tritseltjie blatjang is ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders
gee dit die sop 'n soeterige geurtjie.
Groentesop
Dieselfde bestanddele as hierbo, maar laat net die lensies weg en gooi
meer aartappels in as jy wil.
Ek gooi die kastrol dan net half vol water.
Jy kan ook 'n paar vars, geskilde tamaties bygooi in plaas van die
tamatiesous of pasta.
Jy kan ook in plaas van nog aartappels makaroni ingooi om die sop
dikker te maak.
Boontjiesop
1 pk gespikkelde bruin boontjies (oornag in 'n liter water geweek)
2 sopbene
2 aartappels
1 groot ui
4 repe spek (Bacon)
Gooi bone en vleis en ± 4 liter water in 'n kastrol en laat kook.
Voeg die spek en fyngekerfde ui by.
Voeg aartappelblokkies so 20 minute voor opdiening by.
Kook tot bone en vleis sag is.
Voeg weer enige van die vorige resep se geurmiddels by.
Jy moet maar eksperimenteer wat vir jou die lekkerste is.
Lekker eet.
Aartappelsop
1 kg aartappels
500 ml hoenderaftreksel
250 g spek
2 uie
30 ml pietersielie
250 ml room
Kook aartappels sag en maak baie, baie fyn.
Voeg aftreksel by.
Snipper spek en braai tot bros.
Sny uie fyn en braai in spekvet.
Voeg alles bymekaar.
Geur na smaak.
Kook 'n paar minute.
Voeg pietersielie en room net voor opdiening by.
Sit warm of koud voor
Lensiesop
450 gram Lensies
1 liter Water waarin lensies oornag geweek word
1 liter Vleisaftreksel
60 gram Botter
2 Groot uie
3 Wortels
3 * 4 Spekrepies
Sout
Peper
Neut
12.5 ml Mielieblom
125 ml Melk
Week lensies oornag in water. Voeg lensies en 1 liter van weekwater by
vleisaftreksel. Braai gekapte uie, gesnyde wortels en spekrepies (in
stukkies gekap) tot liggeel in botter en voeg dit by die lensies. Kook
stadig vir 2 uur. Vryf deur sif en geur na smaak met sout en peper en
neut. Maak mielieblom aan met melk en roer dit stadig by sop om te
verdik.
Sampioen en Feta Sop
1-2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 koppie ongesoute botter
1 ui gekap
2 eetlepels sprietuie
3 x 50 g vars sampioene in skyfies gesny
1/2 koppie koekmeelblom
1 blikkie bier
2 koppies hoenderaftreksel
1 koppie melk
1 blik "evaporated milk"
Fetakaas gekrummel
1/2 koppie gerasperde Parmesaankaas
5 ml tiemie
5 ml basielie [ook vir garnering]
15 ml Worcestershiresous
Sout en varsgemaalde peper
Rooi peper
1. Soteer knoffel in botter en voeg dan uie en sampioene by.
Kook tot sag. Hou eenkant.
2. Smelt botter in groot kastrol en braai dan botter en meel tot
goudbruin. Klop bier daarin tot mengsel lekker dik word.
3. Meng hoenderaftreksel en en melk en giet stadig in
biermengsel in. Voeg res van bestanddele by behalwe die
feta en parmesaankaas.
4. Geur die sop en laat kook vir 10 tot 15 minute.
5. Garneer met Feta en Parmesaankaas.
6. Bedien 8 - 10 mense.
Tamatie en wortelsop
15 g botter
10 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 wortels, gekap
500 g tamaties, verwyder skil en kap grof
bouquet garni
1 liter groente of hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swart peper
1. Verhit botter en olie.
2. Soteer uie en knoffel vir 10 minute.
3. Voeg wortels by en roer tot vloeistof geabsobeer is.
4. Voeg dan tamaties, appel, bouquet garni en aftreksel by.
5. Geur met sout en peper.
6. Sit deksel op en laat prut vir 45 minute.
7. Verwyder bouquet garni en versap in Braun versapper.
8. Sit sop in skoon kastrol terug en verhit weer. Pas geursel
aan indien nodig.
9. Bedien in verhitte sopbakkies en geur met lepelvol room en
‘croutons’.
Warm knoffelsop
4-6 knoffelhuisies, gekap
2 preie [kap die wit gedeeltes]
30 ml olyfolie
1 liter groente aftreksel
4 aartappels in blokkies gekap
150 ml room
grasuie
100 ml wit wyn
sout en peper
Roerbraai knoffel en uie in olie en voeg dan die aftreksel en aartappels
by. Kook tot sag. 'n Lourierblaar kan daarby ingegooi word en
verwyder word na die kookproses. Versap die sop, geur en voeg die
room by. Herverhit die sop, maar moet dit nie laat kook nie. Strooi
gekapte sprietuie oor en bedien met ‘croutons’.
Aartappelsop met sampioene
50 g (50 ml) botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 uie, fyn gekap
250 g gekapte spek
4 aartappels, geskil, in blokkies gesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
50 ml (4e) witwyn {opsioneel}
410 g hoenderroomsop
250 ml (1k) water
250 ml (1k) melk
10 peppadews, in repies {opsioneel}
sap en skil van ½ suurlemoen OF
100 ml suurroom
4 roosmaryntakkies OF
10 ml droë roosmaryn
1. braai knoffel en uie in botter, voeg spek by
2. roer aartappels en sampioene by en braai
3. gooi res van bestanddele by en prut 25 - 30min of tot aartappels
sag is
4. geur na smaak, sit warm voor en rond met roosmaryntakkie af
Romerige botterskorsiesop
1 groot botterskorsie, geskil, in blokkies gesny
3 aartappels, geskil, in blokkies gesny
1 ui, grofgekap
1 tamatie, vel verwyder en grofgekap
1l hoenderaftreksel
125 ml vars room
10 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
3 ml fyn komyn
3 ml kerriepoeier
3 ml fyn koljander
20 ml gekapte, vars pietersielie
Plaas die botterskorsie, aartappels, ui, tamatie en hoenderaftreksel in
'n groot kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, plaas deksel op
en laat saggies prut totdat die groente sag is (sowat 30 minute).
Verpulp groente en aftreksel in 'n voedselverwerker. Gooi verpulpte
groente terug in die kastrol, voeg room en geurmiddels by en verhit tot
goed deurwarm. Garneer met pietersielie en sit voor met vars
sesamsaad broodrolletjies.
Ekstra Inkomste
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|