|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Die resepte hierdie keer is sommer 'n lekker verskeidenheid, gaan kyk
gerus ondertoe!
Die pasella is 'n eBoek met resepte
vir die allerlekkerste toebroodjies. Ek het al 'n rukkie gelede hierdie
boek saamgestel maar ek word nog gereeld gevra vir lekker toebroodjie
idees, so hier is hy weer. gaan na die pasella afdeling en laai die boek
gratis af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html
Kontak my:
peter@peterjasie.co.za
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Ek het mos verlede keer genoem
dat ek van Peet se Padstal gehoor het, wel, ek het hulle toe gaan besoek
en hier is wat gebeur het. As julle ooit in die Warmbad omgewing
vakansie hou of net daar deurry, maak seker om by Peet se padstal 'n
draai te gaan maak.
Dit het alles begin toe ek ‘n
epos van Hettie Pretorius af ontvang. In die epos noem sy van ‘n
allerlekkerste Sondag buffet-ete by Peet se Padstal, net buite Bela Bela
(Warmbad) op die R516.
Ek moet erken ek was eers ‘n bietjie skepties oor ‘n Sondag-ete by ‘n
Padstal, maar ek maak toe kontak met Hettie en tref reëlings om een
Sondag daar te gaan kuier.
So om en by 5 km uit Bela bela sien mens ‘n groot geel skoolbus op
linkerkant asook ‘n groot naambord wat aandui dat jy nou by Peet se
Padstal is.
As jy binnestap kan jy sommer sien hier is iets spesiaal. Soos die leuse
aandui – “Hierdie is nie sommer net ‘n Padstal nie, die ‘n moewiese
“experience!” En ‘n moewiese “experience” is dit inderdaad.
Maar voor ons die plek mooi kon deurkyk kom die vriendelike Hettie op
ons afgestap en dis ‘n oor en weer gegroetery asof ons langverlore
familie is. Ek het eers gedink dis ons wat so spesiaal is maar toe sien
ek dat alle gaste so gegroet word. Toe kom Peet, haar man, ook daar aan
en ons word weer vriendelik gegroet.
Die voorste deel van die Padstal het alles wat mens in ‘n Padstal sal
verwag en nog veel meer. Een deel is eetgoed soos rye en rye bottels
ingemaakte lekkernye. Op ander rakke is beskuitjies en beskuit te kies
en te keur.
Dan is daar ook ‘n afdeling met huishoudelike items en meubels, mens
moet jou tyd vat hier, en nie sommer vining deurloop nie.
Peet se Padstal het ‘n paar jaar gelede sy begin gehad as ‘n
vertoonkamer vir die meubels wat Peet vervaardig. Hettie wou nie
uitgelaat wees nie en sommer gou het sy ‘n deel aan haarself afgestaan
en gebottelde lekkernye en beskuitjies begin bak en uitstal.
Die besoekers wou toe later aan ook ietsie drink en eet en die res, soos
hulle sê is geskiedenis. Vandag is Peet se Padstal bekend vir sy
smullekker Sondag Boerekos etes. Bygestaan deur hulle dogter Igné is dit
nou ‘n regte familiebesigheid.
Maar laat ons nou kom vir die werklike rede vir ons besoek daar, die
Boerekos! Ek versamel Tradisionele Boerekos resepte maar aangesien ek
self nie kook nie, moes ek net Hettie en haar span se kos gaan proe.
Die eetgedeelte is reg agter die Padstal, lekker oopplan area onder
koelte. Daar is nog eetplekke onder die bome langs ‘n massiewe voëlhok
en mens kan rustig daar sit en na die voëlgeluide luister.
As mens die eetgedeelte binnestap is die eerste wat jy sien ‘n
sjerriefontein wat gemaak is van ‘n ou melkafskeier (separator). Die
stroom sjerrie blyk nimmereindigend te wees en jy skep sommer vir jou in
sulke klein emaljebekertjies.
Maar om terug te kom na die spyskaart. As die voorgereg avokadosop met
room tesame met kaiingbrood en lewerpatee is, kan jy jou net verbeel wat
die res van die spyskaart gaan behels. Die spyskaart was geskryf op die
deure van ‘n groot buite oond waaruit hulle die allerlekkerste brode
gehaal het, sommer dadelik het ek een bestel om huistoe te neem.
Hoofgereg was beesstertstowe, hoenderpastei en gebakte konsertina
skaapboud. Ek is nie ‘n skaapvleis eter nie maar ek het gesmul aan ‘n
skyf skaapvleis! Die beesstert en hoenderpastei was uit die boonste
rakke. Die hoofgereg was buffet-styl voorgesit met stampkoring of rys,
pampoenkoekies, Brusselse spruite met heuningmostertsous en goudbruin
krakerige aartappels. Andersteslaai, slaphakskeentjies en ingelegde
beetslaai het mens se bord behoorlik volgemaak.. Nagereg was die
heerlikste broodpoeding Suid van die Sahara asook ingelegde perskes
bedien met ingedampte melk.
Enige Boerekosliefhebber se droom! Daar was egter een item op hulle
spyskaart wat ek my oog op gehad het, en toe ek die laaste bietjie
broodpoeding van my lepel aflek vra ek vir Peet se Koffie. Wanneer laas
het ek koffie met kondensmelk geniet? DIT was nou smillekker gewees! Toe
ek vir Igné vra hoeveel kondensmelk sit hulle in die koffie was haar
antwoord net “Soveel!”
Nodeloos om te sê, ek is daar weg met ‘n vars tuisgebakte brood onder
die arm en ‘n belofte om gou weer te kom kuier.
Dit blyk dat hulle baie gereelde besoekers het wat alreeds hulle geheim
van lekker kos ontdek het, almal wat daar aankom is soos ou vriende
welkom geheet.
Dit wys jou net, as jy so rondry, moet nie net by alles verbyry nie,
trek partykeer af en soek interessante plekkies op, soos byvoorbeeld
Peet se Padstal.
Kontakbesonderhede: 014 7400053, maak seker om te bespreek vir die
Sondag buffet.
Ligging: Om en by 5.5 km buite Bela Bela op die R516
Ek
het die volgende per epos ontvang en dit nogal interessant gevind, niks
nuuts nie, net interessant! Dis net die punt van die ysberg met wat in
ons munisipaliteite aangaan.
Die korrupsie in die Tshwane-metro is só fel dat dit dienslewering
belemmer.
Dít was gister die reaksie van die DA in Tshwane nadat erge korrupsie ná
’n ondersoek deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) aan die lig gekom
het.
Dié verslag van die SOE is verlede week in die parlement ter tafel gelê
nadat dié eenheid in November 2010 deur pres. Jacob Zuma afgevaardig is
om bewerings van korrupsie en wanbestuur in dié metro te ondersoek.
Die SOE het onder meer bevind:
-
65 beamptes het sakebelange in 66 maatskappye met wie
die raad tans sake ter waarde van R185 miljoen doen. Tugstappe is teen
nege beamptes gedoen wie se maatskappye betalings van meer as R1
miljoen van die raad ontvang het;
-
Moontlike geldwassery het aan die lig gekom ná die
ontleding van bankstate van ses maatskappye wat gekoppel kan word aan
voormalige of huidige wederhelftes en/of familielede van twee
munisipale beamptes. Een van dié beamptes is geskors hangende die
finalisering van die ondersoek;
-
Agt beamptes het meer as een identiteitsnommer;
-
Ses onverwante beamptes gebruik dieselfde bankrekening
en almal se salarisse word in dié rekening inbetaal;
-
13 beamptes gebruik identiteitsnommers wat behoort aan
mense wat op die departement van binnelandse sake se databasis as dood
aangedui word;
-
3 778 beamptes is geregistreer om maatskaplike toelaes
te kry;
-
212 voorvalle van mense wat hul rybewyse op ’n
bedrieglike wyse verkry het, is bevestig. 87 van dié rybewyse is
verwys om gekanselleer te word. Strafsake is hangend in 10 gevalle;
-
104 metropolisielede het moontlik misdaadgeskiedenisse.
45 beamptes is skuldig bevind aan ernstige misdade soos moord en
verkragting, 18 beamptes is verhoorafwagtend en vir 50 beamptes kon
geen rekords gevind word nie;
-
Vyf beamptes in bestuursposisies het gelieg oor hul
kwalifikasies en ondervinding. Een beampte is reeds afgedank en stappe
sal teen nóg vier gedoen word.
-
Ses beamptes in bestuursposisies besit nie enige vorm
van kwalifikasie nie en daar is teenstrydighede in 22 beamptes se
kwalifikasies.
Karen Meyer, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Tshwane,
het gesê Tshwane se “kultuur van korrupsie” sal enige visie wat die stad
het vir ekonomiese groei en behoorlike dienslewering, vernietig.
Jason Ngobeni, stadsbestuurder van Tshwane, het gesê Tshwane is op
hoogte gehou van die ondersoek en het tugstappe gedoen teen beamptes
soos die ondersoek gevorder het.
Die
Woudnimf
Saamgestelde foto, ek het probeer om spookagtige effek te kry,
klik op die foto vir 'n groter weergawe |
 |
|
Die pasella hierdie keer is 'n
eBoek met toebroodjie idees,
regs klik hier
om dit gratis af te laai
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Klik hier om die artikel
te lees.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Die Beste
(soos dit verskyn het in die tydskrif
Die Brandwag van 15 Januarie 1915)
Geil lusern in die laagste landjie,
Geil groen blare en blomme blou,
Alwyn rooi op die voorste randjie,
Rooi soos bloed teen die rotse grou;
Somer en son en safier daarbowe,
Ruik van die keurbos rondgesprei,
Kort klein skad’wees oor die klowe;
Somer en son en safier vir my!
Wonder van kleure uitgesprei—
Wat is daar meer wat die dood berowe?
Somer en son en safier vir my!
Hoog oor die water skommel die vinkies
Vol van die vreug van die somerdag:
Bly die gekwetter van klein tinktinkies,
Blyer die son wat goudgeel lag.
Algar wat lewe, algar tevrede,
Hoog op die heuwel en laag op die vlei;
So was dit gister en so is dit hede,
Somer en son en safier vir my!
Heer, Wat die hemel oor my sprei,
Dit is my eerste en laaste bede:
Somer en son en safier vir my!
Roem van mense, rykdomme, pragte—
Alles vergaan soos die mis op die vlei;
Sterre wat skiet in dikdonker nagte,
Het langer lewe dan roem kan kry.
Boetie, as ons nou ’n keus moet wae
Hier op die wêreld, wat vra jy?
Roemryke lewe en lengte van dae?
Somer en son en safier vir my!
Boetie, as jy nou jou keus kan kry,
Wat is die wens wat jou hart sal wae?
Somer en son en safier vir my!
C. Louis Leipoldt (1880-1947)
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Man skakel sy vrou van werk "Liefie
'n groep van ons manne hier by die werk het besluit ons gaan op 'n
vis-vang uitstappie. Dit sluit die groot baas in, en dit kan net goed
wees vir my bevordering, wat in die pyplyn is. Pak sommer my nuwe sy
nagklere in."
Sy vrou dink dis vreemd dat hy sy nuwe nagklere op 'n visvang uitstappie
wil dra, maar laat dit daar.
Die middag kom haal die man tas, gryp sy visboks en vistrokke, groet, en
daar trek hy.
'n week later keer hy terug. "Liefie, dit was nou 'n heerlike uitstappie,
maar hoekom het jy nie my nagklere ingepak nie ?" Vrou "maar ek het, dis
in jou visboks"
Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy
probeer met n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te
kry. Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al n lagie
sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy
stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry.
Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê, "Juffrou,
hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet." Sy kyk en, so
wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. En die uittrek van
die vellie aan die verkeerde voet gee nóg n gespook af.
Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellies aan die régte
voete aan te trek, steeds met een helske gesukkel. Amper klaar, kondig
die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie."
Die juffrou ontplof byna, maar hou kop en sê kalm, "Hoekom het jy nie
vroëer gepraat nie?" En die gestoei begin weer om die vellies uit te
trek.
Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: "Dith my boetie the
vellieth.
My ma het gesê ek moet dit vandag dra want myne is weg."
Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei
om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan
die mannetjie se voetjies.
Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë: "Juffrou,
wat van my kouthe?"
Juffrou skree: "Nou waar is jou kouse??!!"
En die knapie antwoord ewe kordaat: "Ek het dit vool in die vellieth
gebêle."
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Oorwin die
krisistye in jou lewe
Min dinge is seker in lewe, maar krisisse en probleme is gewaarborg.
Jy sal beslis van tyd tot tyd in jou lewe met 'n krisis of met probleme
gekonfronteer word. Soms is dit kleiner probleme, maar partykeer voel dit of
'n krisis ons wil verswelg. Ek is seker jy kan 'n hele paar sulke krisisse
of probleme opnoem, byvoobeeld finansiële probleme, droogtes, swak markpryse,
politieke omstandighede, siekte, verhoudinge wat versuur het, bekommernis
oor jou kinders, probleme met werkers en hoë rentekoerse.
Ja, inderdaad kan ons nie ontkom aan probleme in hierdie lewe nie. Die vraag
is egter hóé moet ek die probleme in my lewe hanteer. Ek bespreek tien
riglyne wat jy kan gebruik.
1. Erken die waarheid: Baie van ons probleme ontstaan omrede ons nie die
waarheid erken nie. So dikwels probeer 'n mens die blaam op iemand anders
plaas vir die probleme wat jy ondervind en ontken jy jou aandeel in jou
probleme. Byvoorbeeld, my vrou (of man) is die oorsaak van ons
huweliksprobleme. My finansiële probleme is die regering se skuld, maar jy
sien nie hoe jou persoonlike geldbestuur ook 'n aandeel in jou toestand het
nie. Ondersoek dus jy eie dade en woorde, wees eerlik met jouself waar jy
verkeerd doen en leef. Wat, waar en met wie moet ek regmaak?
2. Fokus: Moenie al jou probleme terselfdertyd probeer oplos nie. Fokus op
een belangrike aspek - al is dit net een klein dingetjie - en hanteer en los
dit op. Daarna neem jy die volgende aspek. Mount Everest word uitgeklim met
die fokus op stappie vir stappie. Wanneer jy te veel goed op dieselfde tyd
wil doen, verloor jy fokus en kom jy by niks uit nie. Te veel dinge verlam
jou.
3. Vra: Dit is belangrik om na 'n vriend of 'n kundige persoon te gaan vir
advies in tyd van krisis. Om alleen groot besluite te neem, laat jou alleen,
onseker en benoud voel. Dra jou boodskap duidelik oor en sê watter hulp jy
benodig. Soms is die perspektief van 'n ander persoon nodig om antwoorde te
bring waaraan jy dalk nie gedink het nie.
4. Leef gesond: Wanneer jou gesondheid ingee, versleg jou situasie dramaties.
Ten minste wanneer jy gesond is, kan jy nog dinge doen. Verloor jy egter jou
gesondheid, verloor jy die vermoë om doeltreffend te werk en te funksioneer.
5. Berou: Bely jou skuld en sonde in tyd van krisis. Maak skoon die donker
kolle en geheime in jou lewe. 'n Krisis is soms nodig om jou weer
perspektief en nederigheid te gee. Erken jou foute en sê jy is jammer waar
jy seergemaak het.
6. Elimineer die slegte: 'n Krisis is 'n uitstekende tyd om slegte gewoontes
en gebruike uit jou sisteem en lewe te verwyder. Jy kan nie jou motorhuis
regpak en in 'n goeie toestand kry voor jy nie eers alle voorwerpe en gemors
verwyder en skoonmaak nie. Net so is daar nie plek vir regpak en oplossings
wanneer jou lewe steeds vol rommel is nie. Word skoon, eerlik en opreg.
Verwyder die slegte en maak ruimte vir nuwe positiewe dinge in jou lewe.
7. Maak die regte besluite: Vandag se realiteite is gister se besluite. Môre
se realiteite is vandag se besluite. Win advies in, kyk objektief na jou
saak en omstandighede en neem 'n verantwoordbare besluit. Die lewe is nie 'n
dobbelspel om sommer lukraak 'n keuse te maak nie. Watter oplossing het die
beste kans om sukses te behaal?
8. Bly gee: Wanneer alles teen jou draai en jy alleen staan, moenie ophou om
te gee nie. Gee steeds met 'n bly gemoed. Gee van jou geld, jou tyd, jou
menswees vir 'n ander persoon. Daar lê waarde en terapie en energie daarin
om te kan gee.
9. Wees 'n voorbeeld: Hierdie is vir my persoonlik 'n baie moeilike een,
maar in die uur van beproewing kyk ander mense op hóé jy dit hanteer. Die
voorbeeld wat jy stel in beproewing, krisis en slegte tye is so essensieël
belangrik om ander te bemoedig en te onderskraag. Iemand het by geleentheid
gesê die lewe is soos 'n eggo, dit wat jy uitstuur sal jy terug ontvang. Wat
jy gee, sal jy kry.
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Bierbrood
1 bottel van jou gusteling bier
1 pakkie bruismeel
½ koppie gerasperde kaas
1 teelepel sout
Meng alles saam en sit dit op ´n gesmeerde plaat. Bak vir 50 minute by
180ºC.
Broodjies
Rooster brood aan die een kant, smeer botter op en sit en van die volgende
vulsels op. Strooi sout en peper oor, rasper kaas oor en rooster tot die
kaas smelt.
1) Meng fyngemaakte hoender met mayonnaise, fyngekapte uie en skyfies
sampioene.
2) Repies ham, pynappelstukkies en ´n skeppie blatjang.
3) Gesnyde tamatie, salami en fyngekerfde blaarslaai.
4) Gesnyde hardgekookte eier, gebraaide spek en pietersilie.
5) Tuna, gekapte ui, mayonnaise, pietersilie en Tobasco.
Kaasbroodjie
Hierdie is n baie lekker broodresep en mense se altyd ek moet dit maak as
daar n braai is..Baie lekker as dit nog lekker warm is
3 en n kwart koppie bruismeel.
1 pakkie wit uiesop poeier.
1 klein karringmelk.
1 koppie chedder kaas.
Meng bruismeel uiesop poeier karringmelk en helfte van kaas baie goed en
gooi in n gesmeerde broodpannetjie. Gooi die ander kaas bo-oor die
broodjie..Daar kan nog meer kaas op die broodjie gerasper word soos jy dit
verkies..Bak vir 1 uur in oond van 180 grade.....
Lepelbrood
450ml melk
300ml mieliemeel
1 teelepel sout
50ml margarien gesmelt
4 eiers geskei.
Verhit melk tot kookpunt. verwyder van hitte en roer meel by, tot glad.
Plaas terug op hitte en laat mengsel kook tot dik. roer nou en dan. Voeg
sout en margarien stadig by. en verwyder van hitte . Laat goed afkoel. Klits
eiergele en voeg by. Klits eier witte styf en vou by mengsel in. Bak in
bakskottel in ooond vir 35 minute.
Maklike Mieliebrood
500g self-raising koekmeel
1 blikkie room mielies
1 blikkie ingedampte melk
200g gerasperde kaas
sout en peper
Meng alles saam. Gooi in gesmeerde brood pannetjie en bak 45 min (of tot
bruin) by 180gradeC.
Mieliebrood
70 g (150 ml) mieliemeel
265 g (550 ml) koekmeel
12 g (25 ml bakpoeier)
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
1 x 410 g-blik mieliepitte, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit. Sif die droë
bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie saam. Voeg die melkmengsel
en mieliepitte by en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die broodpan en
bak vir ongeveer 1 uur.
Nan Bagnat
Sny ´n Portugese brood horisontaal in twee en sprinkel olyfolie op elke kant.
Pak op een stuk ontpitte olywe, 12 ingelegde kapers, twee agurkies, dik
skywe tamatie, vier slaaiblare en ´n paar skyfies sampioene. Sprinkel
olyfolie oor.
Sit die ander stuk brood oor en draai toe in twee lae foelie. Sit ´n swaar
gewig bo-op en laat staan vir minstens 1 uur.
Potbrood
Lekker potbrood saam met braaivleis.
klaar brooddeeg
250 ml room
1 pakkie sop (sampioen is baie lekker)
bietjie knoffel
swartpeper
enige ander vars kruie
grasuitjie gekerf
pietersielie
basielkruid
Meng alles saam en sit in gesmeerde ysterspot. Kan bak in oond, maar die
lekkerste as dit op die vuur gedoen word. Sit kole om die pot en bo-op
deksel en los vir ± 40 min/tot mooi bruin bo-op is. Bedien warm saam
braaivleis, potjie of sop.
Spek en Mielie Kaasbroodjie
1 Klein blikkie suikermielies (roomsoort)
1 Klein tot medium ui (fyn gekap)
1 Pakkie spek (sonder swoerd)
1 Koppie cheddar kaas
6 Snye brood liggies gesmeer met botter. (dag-oud brood werk goed)
Aromat
Braai die ui in botter of olie tot sag . Gebruik min olie of botter. Snipper
die spek en voeg by die ui wat braai, hier kom die verdere olie van die spek
wat sal uitbraai. Braai tot spek na jou smaak gaar is. Voeg nou die mielies
en helfte van die kaas by en roer deur tot die kaas gesmelt het en die
mielies warm is.Laat effens afkoel en skep eweredig oor die ses snye brood
wat op n bakplaat gesit is. Strooi Aromat oor en versprei die res van die
kaas oor die brood. Plaas onder die roosterelement van die oond en rooster
tot die kaas gesmelt het.
Sit voor met goeie koffie en jy het n redelike ontbyt of ligte Sondag-aand
happie.
Potbrood
Bestanddele:
500g bruismeel
1 pakkie beesstertsopoeier
1ml sout
1ml rissiepeper
125ml gerasperde Cheddarkaas
500ml karringmelk
Metode:
• Meng al die bestanddele en skep in ’n gesmeerde platboompotjie of in ’n
gesmeerde broodpannetjie.
• Bak sowat 1 uur tussen die kole of 45 minute in ’n oond by 180°C.
Variasies:
• Vervang die beesstertsoppoeier met bruin uiesoppoeier.
• Vervang die rissiepeper, kaas en karringmelk met 1 blikkie bier.
Kaas-en-mieliehappie
Bestanddele
300ml melk
30ml botter
3 eiers, geskei
1 blik (410g) heelpitmielies
100g Cheddar-kaas (gerasper)
5ml Franse mosterd
250ml vars broodkrummels
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
• Verhit melk en botter in 'n ysterpotjie.
• Klits eiergele en roer by melk saam met res van bestanddele, behalwe
eierwitte.
• Klits eierwitte en vou liggies in.
• Bedek en laat 30 minute prut oor koel kole tot gestol.
• Genoeg vir 6 mense.
Marinades
Biermarinade
Geskik vir die spit of rooster.
175 ml bier
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30 ml suurlemoensap
30 ml suurlemoenskil, gerasper
Meng alles saam.
Braaisous
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10 ml olie
200ml tamatiesous
150ml water
75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous
5ml sout
10ml mosterd
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die
bestandele by en prut vir 5 minute. Bedien op hamburgers.
Braaivleismarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml vleisaftreksel
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.
Mosterdmarinade
ml mosterdpoeier
2 ml fyn gemmer
gemaalde swartpeper na smaak
1 knoffeltoontjie, gekneus
75 ml sojasous
50 ml suurlemoensap
50 ml olyfolie
Meng alles saam. Kan ook as bedruipsous gebruik word.
Perske bedruipmengsel
125 ml perske pureé
5 ml suurlemoensap
30 ml heuning
5 ml gekapte gemmerwortel
Meng alles saam en bedruip vleis terwyl jy braai.
Marinade
50 ml sojasous
50 ml rooiwyn
15 ml heuning
12,5 ml sagte bruinsuiker
1 knoffeltjoontjie, gekneus
5 ml fyn gemmer
3 ml kaneel
3 stingeluie, fyn gekap
Meng alles saam en gooi oor vleis. Laat oornag staan.
Pynappelmarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml pynappelsap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml gemmerwortel, gekap
5 ml gemmer, fyn
Meng alles saam.
Romerige marinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml suurroom
sap van 'n halwe suurlemoen
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
5 ml paprika
Meng alles saam.
Roosmarynmarinade
10 ml droë witwyn
50 ml suurlemoensap
50 ml olyfolie
2 knoffeltoontjies, gekneus
1 takkie vars roosmaryn of 5 ml droog
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
5 ml gerasperde suurlemoenskil
Opsioneel: vars tiemie, oreganum en pietersielie
Meng alles saam.
Tamatiemarinade
Geskik vir die spit of rooster.
150 ml tamatiesap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml Worcestersous
15 ml vrugteblatjang
25 ml bruinasyn
15 ml bruinsuiker
2 heel naeltjies
Meng alles saam.
Wynmarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml rooiwyn
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.
Soorte Pap
Mielie Pap
4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.
Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter. Bring
tot by kookpunt. Voeg meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel by
kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte. Terwyl dit kook die res van
die botter in pan en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en spinasie by
en braai tot spinasie verwelk. Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir
nog 15 minute of tot die groente sag is. Roer af en toe.
Mieliepap
1 koppie mieliemeel
1 koppies kookwater
3 desertlepels margarien
4 desertlepels geelsuiker
½ koppie koue water
Meng mieliemeel met koue water. Voeg kookwater by. Kook oop by 70% krag in
mikrogolfoond vir 5 minute. Roer elke minuut. Gooi dan geelsuiker en
klontjies margarien oor. Moet nie roer nie. Bedek bak en plaas in
mikrogolfoond vir 10 minute op 50% krag.
Putu Pap
Bestanddele:
2 koppies water
knippie sout
3-4 koppies mieliemeel
Metode:
• Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.
• Verlaag hitte tot normaal.
• Sit deksel op.
• Roer na 3-4 minute en sit weer deksel op.
• Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is.
• Bedien saam met braaivleis of geniet dit vir ontbyt saam met vars melk en
suiker.
By-disse
Sampioenverrassing
Bestanddele:
sampioene
kaas
blaardeeg
Metode:
• Verwyder stingels van sampioene en sit ’n stukkie kaas in elkeen.
• Rol die sampioene in blaardeeg toe en bak in diep olie tot gaar.
• Besprinkel met gegeurde sout.
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|