http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!
Jou ma se taal!
 

Nommer 177

Besoek my Webwerf

15 Desember 2012

 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Wel, hierdie is die laaste brief vir 2012. Baie dankie aan al die intekenare vir julle getroue leserskap, as ek dit so kan noem. Ek wens julle almal 'n geseënde Fees Seisoen toe. As julle gaan reis, wees asseblief versigtig en kom veilig tuis na 'n wondelike vakansie. As julle tuisbly soos ons, geniet elke oomblik met julle gesin. As jy hier regs klik kan jy Peterjasie se Boek gratis aflaai. Jy kan dit gebruik soos jy wil, selfs aan vriende of kollegas stuur as geskenk.

Daar is 'n hele spul Kersresepte by die resepte afdeling asook die gewone pasella, 'n eBoek met Allerlei Resepte. Laai maar na hartelus af.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html

Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za

Jou eposadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

My Resepte eBoek samestelling op CD

Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind.

Hierdie CD kan ook 'n lekker Kersgeskenk wees!

Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.

Soekblokkie

Peterjasie in Woord en Beeld

Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld

Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.

Die Danville Hulpgroep


Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
 

Die Kersgeskenk

Peter Thomas

Dis die dag voor Kersfees.

Ek en my wederhelf is oppad na die plaaslike ouetehuis. Sedert my pa, wat ‘n inwoner daar was en presies drie jaar gelede oorlede is, neem ons elke jaar Kersgeskies vir die inwoners.

Ons hou stil voor die gebou en elkeen haal ‘n groot sak vol geskenke uit die kattebak. Binne gekom, stap sy na die vroue vleuel en ek loop die blinkgepoleerde gang af na die mansafdeling.

By elke kamer gaan ek in en gee ‘n geskenkie af. Die inwoners is uitgehonger vir geselskap en dis eers laatoggend toe ek by die laaste kamer instap. Oom Nathan se kamer.

Oom Nathan en my pa was vriende en ek kuier altyd lekker by hom.

Sy oë blink toe ek sy pakkie oorhandig.

“Ek hoop dis tjoklits,” sê hy terwyl hy dit in die laai van sy bedkassie wegbêre.

Ek sit nog ‘n rukkie by hom en gesels.

Hy is weer op sy gunsteling onderwerp, sy wedervaringe gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe hy in Noord Afrika diens gedoen het. Dan vertel hy weereens van sy verloofde, Beth, wat hom vir ‘n ander man gelos het terwyl hy weg was. Hulle het albei in Londen gewoon en het ‘n maand voor die oorlog uitgebreek het, verloof geraak. Sy was ‘n winkelassistent en hy ‘n soldaat in die weermag

Soos alle verliefdes, het hulle ewige trou aan mekaar gesweer. In die begin was daar gereeld briewe, maar toe tref ‘n ramp hom. Sy tenk word deur ‘n mortier getref en hy is met ernstige beserings afgevoer na ‘n veldhospitaal toe, daarna na ‘n plaaslike hospitaal waar hy vir meer as drie maande aangesterk het. Namate sy gesondheid verbeter het, het hy begin navraag doen oor enige pos van Beth, altyd was die antwoord dieselfde. Briewe wat hy geskryf het was nooit beantwoord nie.

Hy het toe maar aanvaar dat sy liewe Beth moed opgegee het nadat sy vir so lank nie van hom gehoor het nie.

Hy is later ontslaan en in Londen aangekom, was hy geskok om te sien dat die buurt waar Beth gewoon het verpletter was deur die Duitsers se bomaanvalle. Ook die winkel waar sy werksaam was, is heeltemal vernietig. Na maande se vrugtelose gesoek het hy aanvaar dat Beth moes omgekom het in die aanvalle wat Londen nag na nag geteister het. Kort daarnan het hy verhuis Suid Afrika toe om ‘n nuwe lewe te begin. Ons kuier lekker vir nog ‘n uur of so toe my vrou saggies aan die deur klop en aandui dat ons moet aanstaltes maak.

Oppad huis toe gaan die gesprek oor die spesifieke twee oumensies, Tannie Liz en Oom Nathan. Ons stem saam dat dit so tragies is dat die oorlog soveel mooi verhoudings tot niet laat gaan het. Ek vra uit oor Tannie Liz se omstandighede. My vrou vertel dat sy in Londen woonagtig was en pas verloof geraak het toe die oorlog uitbreek en haar verloofde, Jonathan weg is Noord Afrika toe.

Ek voel hoe kry ek hoendervleis en gaan parkeer in die eerste en beste parkeerplek.

“En nou?,” vra my vrou, “is daar iets verkeerd?”

“Ek weet nie, maar sê nou net….” prewel ek.

“Hoe bedoel jy nou?” vra sy so half opgewonde, sy kan sien dat iets my geweldig pla.

“Tant Liz en Oom Nathan, kan jy dit nie sien nie? Dink jy dit kan moontlik wees?” ek is nou heel opgewonde, oortuig dat ek iets hier beet het.

“Hoe bedoel jy nou?” sy snap nog nie wat ek probeer sê nie.

“Dink net, Jonathan en Nathan, Beth en Liz, verloof, oorlog,” rammel ek my gedagtes af.

Sy staar my met groot oë aan, “Dis ongelooflik, maar ek dink jy kan reg wees, draai om, ons moet gaan seker maak.”

By die ouetehuis aangekom is ek dadelik na Oom Nathan toe en my vrou na Tannie Liz se kamer.

Ons plan is om soveel moontlik van die twee se verloofdes uit te vind en dan ons bevindinge te vergelyk. ‘n Halfuur later is ons in die sitkamer met ons “bewyse”.

“Ek dink ons is reg,” my vrou is nou heel opgewonde, “Tannie Liz het haar verloofde Jonathan genoem!”

“En Oom Nathan het sy verloofde Beth genoem!” ek kan my opgewondenheid nie beteuel nie.

“En hier is die finale bewys,” kom dit triomfantelik van my vrou, “Liz het vir my ‘n foto van Nathan gegee.”

Met bewende hande vat ek die foto by haar, die foto van ‘n jong soldaat, onmiskenbaar Oom Nathan.

Ons kyk mekaar aan, “Weet jy wat dit beteken?”

Ek voel skoon aangedaan en die trane loop by my vrou se wange af.

Sonder om verder te praat drafstap ons in die gang af na Oom Nathan se kamer.

“My maggies, is jy alweer hier, ou seun?” glimlag hy ons toe.

“Ja, Oom, kom saam, ek wil Oom aan iemand gaan voorstel,” Ek help hom uit sy gemakstoel uit.

Stadig beweeg ons in die gang af na die aangrensende vleuel van die tehuis.

Ons sien Tannie Liz in die sitkamer in die sonnetjie op ‘n rusbank sit. In die sitkamer heers ‘n Kersatmosfeer. Die vertrek is versier met dle allermooiste versiersels met ‘n groot Kersboom met liggies wat flikkerin die een hoek. Ons stap na haar toe. Sy kyk vraend op van haar hekelwerk.

“Kan ek Tannie aan iemand voorstel?” Haar gesig verstar as sy na Oom Nathan kyk, dit lyk of sy ‘n spook gesien het.

“Jonathan?” kom dit huiwerig van haar.

“Beth?” antwoord hy, die ongeloof duidelik in sy stem.

Huiwerig gaan sit hy langs haar. Met ‘n bewerige hand streel hy oor haar wang en neem haar dan in sy arms. Sy snik saggies.

My wederhelf pluk aan my mou en dui aan dat ons moet spore maak.

Net toe ons omdraai sê Tannie Liz met ‘n betraande gesig, “Dankie julle, vir die beste Kersgeskenk ooit.”

Presies ‘n week later is ons eregaste op die grootste troue wat nog by die ouetehuis plaasgevind het.

In Beeld

Een van my onlangse probeerslae!

Pasella

Die pasella hierdie keer is nog 'n eBoek met Allerlei resepte, regs klik hier om dit gratis af te laai.

Geskiedenis van Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004

Klik hier om die artikel te lees.

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte:

Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000

Sjoe, dis darem maar groot geld!

Facebook

Ekke is ook op Facebook,  kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Afrikaanse Gedig

Toemaar die donker man

Ingrid Jonker

Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat'
n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man
 

My ondervindinge as orreliste.

Helena Graham

Ek kan n boek skryf oor alles wat ek beleef het as orreliste in ons dorp en ook op ander dorpe. Ek was die “los” orreliste omdat my tyd my eie was omdat ek n besigheid van die huis af bedryf het. Ek weet nie eers waar om te begin nie.

1.Op die vorige dorp waar ons gebly het, was ek orreliste en hoogswanger met my tweede kind. Ek het daar gesit in die warm Ooskaapse dorpie met my Crimplene rokkie aan en sweet.

Daar was n begrafnis van twee vrouens wat gelyktydig oorlede is in n motorongeluk. Toe die dominie die diens moes begin, het hy flou geval en die ouderlinge moes gou een van die universiteit se professore gaan roep om die diens te kon waarneem.

Daar moet ek toe met die grootste ongemak vir n uur lank sit en speel terwyl ons wag vir die proffie. Ek kon nie eers die pedale speel nie, want my voete kon nie bykom nie en my rug wou breek, maar speel sou ek speel. Die “begrafnis- musiekboek” was later deurgespeel en ek het sommer begin improviseer.

Toe die proffie later opdaag en begin met die diens, kon ek tot my verligting opstaan en agter die deur gaan staan om net n slag op my voete te kom en ordentlik asem te haal. Dan moes ek maar weer gaan speel wanneer daar gesing word. Daardie bittere dag, met my ongemaklike maag en seer rug, onthou ek tot vandag.

2. Waar ons bly, het ek orrel gespeel vir begrafnisse en troues en weer was ek die “los” orreliste!

Daar is troues wat ek nooit sal vergeet nie, want ons bly nou in Zululand, waar alles vogtig en klewerig is. Ek ken al wat n orrel in ons dorp is....elkeen met sy skete en kwale. Party se pedale werk nie, ander moet jy lank neem om aan die gang te kry. Daar is van Hammond –orrels tot die wonderlikste pyporrels.

Een ding wat n predikant vir my geleer het, is om nie te begin speel voor my koevert met my geld vir die spel voor my op die orrel is nie en dan ook natuurlik die lys van liedere wat gesing moet word. Sekere begrafnisondernemers het altyd met die verskonings gekom dat die kliënte nognie betaal het nie,maar dis n leuen. So het ek my les geleer by menige begrafnisse en troues.

Een Saterdagmiddag het ons gaste gehad, maar ek moes myself in die hetige dag om drieuur deftig gaan aantrek, want die orrel het voor in die kerk gestaan en ek was op een of ander manier altyd in die foto. Ek het voor die tyd die bruidegom herinner dat hy nognie my geld vir my gegee het nie, maar na die troue was almal skoonveld. Gelukkig het ek die bruid se selfoonnommer gehad en geweet waar die onthaal is. n Rukkie later by die huis, besluit ek om haar te skakel en ek sê toe vir haar ek sal die geld sommer daar kom haal. Sy keer toe vir die vale en sê hulle sal dit na my huis toe bring. Na die wittebrood is die orreliste natuurlik iets van die verlede. Hier kom toe n man aan met n sak vol R5de ,ens. aan,wat die volle bedrag toe insluit. Hulle moes toe sommer daar ondermekaar kollekteer om die geld bymekaar te kry!

By een begrafnis, was die Hammond-orrel op die verhoog waar n lekeprediker n begrafnis waargeneem het. Dit was op baie kort kennisgewing en ek kon net haastig my “begrafnisboek-musiek” gaan haal . Dit was n koue dag en my hande word baie koud. Toe die begrafnisgangers inkom het ek so uit die hoek van my oog gesien dat ek nie een van hulle ken nie en ek het gou agtergekom dat niemand van hulle al in n kerk was nie.

Ses mans het die kis ingedra en voor die verhoog op stoele gesit. Een man met n bruin pak klere en n groot blou sak en snot en trane gehuil terwyl hy op kis leun. Die lekeprediker het begin en moes vir die mense wys wanner op te staan en wanneer op te gaan sit. Gedurende die diens, het hy die man se hele verlede van drank, dwelms, skelm vouens, ensovoorts uitgepluis. Die oorledene was minder as twaalf ure getroud toe daar by die onthaal n bakleiery tussen hom en die broer wat so gehuil het, ontstaan het. Die nuwe bruidegom het toe met n bakkie met sy twee seuntjies voor in weggejaag na sy huis toe sonder sy bruid. Oppad was hy in n ongeluk en is onthoof deur n motorfiets wat agter op die bakkie was. Die twee seuns was beseer en in die hospitaal.

Gedurende die diens sê die prediker:”Wanneer ek n wind laat, sê ek....duiwel dis vir jou1” Ek was al een wat dit verstaan het en het gegiggel dat ek bewe, maar niemand anders het dit snaaks gevind nie.

Nadat almal buite was en ek besig was om al my goed bymekaar te kry om te ry, kom die prediker weer in en begin hierdie koue natvishand van my vingers tot my elmboog te soen....elke hand. Ek wou weer giggel, maar hy was ernstig en het my net kom bedank dat ek sulke mooi musiek gespeel het.

Toe ek by die huis kom, het ek sommer twee hoofpynpille gedrink van ontsteltenis of iets.

Die ergste begrafnis waarvoor ek ook op baie kort kennisgewing moes speel, was die moeilikste een in my lewe. n Pa en sy seun, wat saam met my dogter in die klas was, is saam in n botsing met n polisievoertuig dood. Die orrel sit mos gewoonlik in ons kerk daar doer teen die dak, waar dit die warmste is. Dis n lieflike orrel, maar die sweet rol n mens gewoonlik daar af. Gelukkig het hulle later n waaier by die orrel gesit. Daardie dag het ek so huil-huil gespeel en kon soms nie die note lees nie. Ek moes maar deurdruk en klaarmaak, wat kan n mens nou doen?

Eenkeer moes ek op n aandtroue op die klavier speel, want die orrel was op daardie stadium stukkend. Een van die rykste mans in die dorp, wat weer saam met my seun in die klas was en saam rugby gespeel het, is getroud. Gelukkig staan die klavier naby n dakwaaier en dit was nie te erg nie. Na die troue, het hulle net verdwyn sonder om my te betaal en ek is nou soos n spook vir hulle. Waar hulle my sien, vlug hulle êrens heen. Maar dit maak nie n snars aan my nie.

Eendag het ek my uit my stewe geskrik toe ek tydelik musiek by n skool gegee het. Ek het net tot elfuur in die oggend daar gewerk en terwyl ek in die klas is, lui my selfoon. Toe ek antwoord, vra die sekretaresse by die kerk dat ek asseblief om halftwaalf by n begrafnis moet kom speel. In die tussentyd het ek klaar n afspaak op n naburige dorp gehad en gesê dat ek nie kan kom nie. Sy was uiters verontwaardig. Die begrafnis het toe nie daardie dag plaasgevind nie, maar ek het my nie daaraan gesteur nie, want te laat, was te laat.

Op die ou einde het ek besluit om af te tree as orreliste, want ek moes voor die troues gaan oefen met sommige van die bruidspare en daarvoor is en nie betaal nie. Dit mag klink of ek net agter geld aan was, maar tyd kos geld en dit was my tyd wat ek moes spandeer wanneer ek nie wou nie.

Daar is toe op my gevoel begin speel omdat ek hierdie Godgegewe gawe het en dit nie wil gebruik nie. Ek het nie een oggend opgestaan en kon orrel of klavier speel nie. Terwyl die ander kinders gespeel het, moes ek toonlere van alle soorte leer, eksamens speel. Ek is dankbaar vir die gawe, maar......

Ek het die saak toe met een van ons predikante bespreek en hy het saamgestem dat mense my besluit moet eerbiedig. Ek moes al hoe meer oefen en was moeg daarvoor. Ek het al wat n kerk en begrafnisondernemer geskakel en gesê ek is nie meer beskikbaar nie.

Nou kan ek in vrede op ons lekker pyporrel gaan speel sonder enige verpligting. Sela!

 

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Gratis inligting oor beleggings

As jy 'n jaar gelede R1000 se Nortel aandele gekoop het, sal dit nou R49 werd wees.
As jy R1000 se aandele in Delta lugdiens gekoop het, sou daar nou ook R49 oor gewees het. 
Met Enron-aandele sou jy R16.50 van jou R1000 oorgehad het. 
Met WorldCom sou daar minder as R5 oor gewees het. 
MAAR as jy 'n jaar gelede R1000 se wyn gekoop het, alles opgedrink en die bottels ingeruil het, sou jy nou R214 gehad het. 
Dit is duidelik dat jou beste huidige belegging is om baie te drink en die bottels te herwin.
 
Moet net nie die empties breek nie!!

Onthou jy nog hierdie gemakshuisies?

Dana Snyman

Onlangs kom ek weer in ’n huis met só ’n toilet in. Ek praat van ’n fleurig ingerigte, Christelik-Nasionale toilet – een met ’n gehekelde oortreksel oor die ovaal sitplek en die reuk van nagemaakte appelbloeisels in die lug. Ons almal ken sulkes.
Hoe het die oumense dit nou weer genoem? ’n Gemakshuisie. Is dit nie presies wat die toilet eens op ’n tyd in so baie Afrikaner-huise was nie? ’n Klein oord van gemak, waar jy die natuur sy gang kon laat gang terwyl jy deur ’n ou Reader’s Digest blaai of sommer net staar na die foto van Tafelberg – soos gesien van Bloubergstrand af – op die almanak agter die deur.
Soms was daar ’n kerkalmanak waarop iemand in ’n bewerige skriffie by datums goed geskryf het soos: “Poppie van Herklaas.” Of: “Tandarts.” Of: “Opel moet ingaan vir diens.”
Wat het ons dit ook eens genoem? Die troon. Jy het daar op die snoesige troon gesit, met ’n stapeltjie voos tydskrifte langs jou op die vloer en ’n daddy longlegs-spinnekop bokant jou teen die plafon. En nie net oor die troon se sitplek was ’n gehekelde oortreksel nie. Daar was ook een oor sowel die toiletbak- as die spoelbak se deksel.
O, en moenie daardie ekstra toiletrol vergeet wat altyd op die troon gestaan het nie – die reserwerol. Party vrouens het selfs ’n oortreksel vir hierdie reserwerol gehekel. Dit was asof party dit ’n persoonlikheid wou gee, want soms het hulle daardie oortreksel ’n gehekelde gesiggie en sulke slap arms en bene gegee. Soos ’n impakspeler, soos Brok Harris op ’n Saterdag op Nuweland, het die reserwerol daar op die bak gewag.
In party toilette het ook ’n gehekelde houer met vyf of ses bykomende reserwerolle gehang – ’n gerusstellende gesig vir die dag waarop Ma of Ouma dalk besluit om in die kombuis met ’n kerrie te eksperimenteer.
Op ’n manier is dit gepas dat jy die reeks oortreksels dikwels op ’n kerkbasaar kon koop. Dit was asof die kerk ook eens betrokke was by die inrig van die toilet – die Christelik-Nasionale toilet. (Tussen daardie ou tydskrifte was ook altyd ’n ou Kerkbode en Voorligter.)
Min sulke toilette se deur kon sluit, wat soms ’n probleem was – veral wanneer die dowe Oupa met sy kierietjie teen die deur kom kap en nie hoor hoe jy “Besigggg!” gil nie.
Soms was daar ’n styf opgerolde stukkie toiletpapier in die sleutelgat gedruk. Dit het my altyd met effens ander oë na die huismense laat kyk, en laat wonder: Wie is die een wat die ander in die toilet probeer afloer?
Min huise se toilette kan deesdae nie sluit nie. Min toilette het nog ’n lekker gehekelde oortreksel oor die sitplek. Die toilet in die moderne Afrikaner-huis is deesdae minimalisties gedekoreer: ’n toiletrol teen die muur, ’n borsel in die hoek. Dis al.
Die toilet is nou ’n plek om in zen-agtige eenvoud te doen wat jy nie kan vermy nie. Die troon het ’n tregter geword.

Glimlag

Die agent sê aan die Boer: “Meneer, ek soek ’n naamlys van jou werkers en hoeveel jy elkeen van julle betaal.”
Die Boer sê: “Wel, daar’s my voorman wat al 30 jaar lank vir my werk: Ek betaal hom R1 400 ’n week, plus gratis verblyf.” “Dan is daar ’n verstandelik vertraagde ('mentally challenged')  werker :
Hy werk so wat 18 uur ’n dag. 7 dae ’n week en doen omtrent 90% van al die werk hier rond.
“Hy verdien sowat R100 ’n week, maar betaal vir sy eie verblyf. Ek koop darem elke Saterdagaand vir hom ’n bottel Brandewyn sodat hy kan byhou ('cope')  met die boerdery. My vrou laat hom ook soms toe om by haar te slaap.” 
Die agent sê: “Daai’s die ou met wie ek wil praat!”
Sê die Boer: “Dáái ou sal ekke wees, meneer.”   

Die lollery met Lollie

'n Man neem sy vrolike en lewenslustige steekhaarbrak na die veearts en sê: ''Daar’s skort iets ernstigs met my jollie Lollie se spysvertering. Hy doen sy besigheid oral -- op ons vloere, matte, stoep, patio, grasperk, oprit, noem maar op. Dink u u kan iets vir hom doen?"

''Wel,'' sê die veearts, ''laat ons ’n bietjie kyk.'' En met dié tel hy die hond op sy tafel en druk hard op die dier se pens. Vreeslike knorre en gromme is skielik hoorbaar in ou jollie Lollie se ingewande.

''Ek is bevrees ek sal hom moet uitsit,'' sê die veearts, skynbaar meedoënloos.

''Net omdat hy ’n los maag het?'' vra die geskokte honde-eienaar.

''By die deur uitsit,'' sê die veearts. ''Jou jollie Lollie bollie op my tafel!''

WAARHEDE, NAARHEDE .....

Daar's twee soorte mense by 'n partytjie, die wat wil ry, en die wat wil bly.
En gewoonlik is hulle met mekaar getroud.

Al ooit opgelet hoe baie verliefdes met toe oë soen ?
Ongelukkig gebeur dit dikwels dat hulle ook so trou.

Daar's net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos 'n BEJAARDE : stadig.
Soos 'n VOLWASSENE : deeglik.
Soos 'n TIENER : glad nie.

Siekefondse is nes 'n hospitaaljurk : jy dink maar net jy's ten volle gedek.

Sommige vroue dink bikini's is onbehoorlike drag.
Ander het weer die figuur daarvoor.

Voor haar troue sweef 'n vrou in die wolke.
Na haar troue sit sy haar voet neer.

Vroue jok oor hul ouderdom.
Mans oor hul salaris.

Dis altyd die laaste sleutel aan die bos wat die deur oopsluit.

Jy weet jou dogter is besig om groot te word as sy stadig begin aantrek en vinnig geld bestee.

Snaakse ding 'n hoender. Dis al dier wat jy kan eet voor hy gebore word en na hy dood is.

'n Vrou se mond is nes 'n stukkende garagedeur.
Jy sukkel jou gedaan om hom toe te kry.

Meisies wat bril dra, kan net so aantreklik wees soos die wat nie bril dra nie.
Dit hang net van hul raamwerk af.

'n Skinderstorie is nes 'n eier - as hy eers uitgebroei het, kry hy vlerkies.

As 'n man rats spring om die motordeur vir 'n vrou oop te maak, kan jy maar weet dis of 'n nuwe vrou of 'n nuwe motor.

Piekniek is vir kinders ...en miere

Die vliegtuig het pas opgestyg. Een manlike passasier sit en byt sy vingernaels en vee heeltyd sweet van sy voorkop af. 'n Lugwaardin sien hom raak en sê: 'Meneer, kan ek vir u iets van die kroeg af kry om u te kalmeer?' Die man knik instemmend terwyl hy vreeslik bewe. Sy kom met 'n drankie en hy sluk dit haastig af. Tien minute later sien die lugwaardin dieselfde man erg bewe en sy naels byt. Sy bring hom nog 'n drankie wat hy ook haastig afsluk. 'n Halfuur
later merk sy op dat die man nog erger bewe en ook saggies huil. 'Ag siestog, Meneer,' sê die lugwaardin, ek het nog nooit iemand gesien wat so bang is om te vlieg nie!' 'Ek is nie bang om te vlieg nie', snik die man, 'ek probeer ophou drink!'

Kallie het met Mike gepraat omdat hy dikwels so dikvellig is. Mike het beloof om te verbeter. Nie lank daarna nie kry Mike dit gereël om by 'n meisie te gaan kuier. 'n Uur later is hy weer terug by Kallie. 'Hoekom is jy so vroeg terug?' wil Kallie weet, 'Was jy weer dikvellig en toe jaag sy jou weg?' 'Nee,' antwoord Mike, 'Ek was juis sensitief. Ons het net 'n rukkie gesit, toe begin sy van die ligte afskakel. Toe weet ek dis nou tyd vir my om te loop.'

Die Belg hoor hy is verplaas na Suid-Afrika en is baie ontsteld daaroor, want hy het gehoor van al die moorde, diefstal en skakings. Toe hy agterkom die ou wat langs hom in die kroeg sit, is 'n Suid-Afrikaner, vra hy hom dadelik uit. 'Nee, man, ou pel,' sê die Suid-Afrikaner, 'Suid-Afrika is 'n lekker plek om te bly. Jy kan
gratis vir jou 'n huis enige plek gaan opslaan, jy hoef nie te kan lees en skryf om matriek te slaag nie, en as jy jou werk verloor sluit jy aan by die ANC en word 'n parlementslid.' 'En,' vra die Belg, 'wat voor werk doe je?' 'O, ek?' sê die Suid-Afrikaner, 'Ek is die rear gunner op 'n broodafleweringswa.'

Bloedige vergissing

'N MAN loop in die park waar hy 'n vrou op 'n bank sien sit met 'n hond wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel, maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"
"Nee, my hond byt nie."
Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt nie!"
"Hierdie hond,'' sê die vrou koel, ''is nie my hond nie."

Die Suid-Afrikaner en die sleehond

’N SUID-AFRIKAANSE toeris in Groenland wil graag die yswoestyn oorsteek met ’n slee wat deur ’n sterk sleehond getrek word. Hy huur dus ’n hond met ’n slee en die nodige toerusting, maar hy weet nie so reg hoe om die dier aan die loop te kry nie.

''Dis heel eenvoudig,'' sê die Eskimo wat alles aan hom verhuur het, ''praat net Eskimo-taal met die hond, meneer. As jy `Sjoe' sê, sal die hond begin loop en as jy `Sjoe-Ai Me 'Nsig Da Rem'' sê, sal hy hardloop dat hy bars.''

''En as ek wil hê hy moet stop?'' vra die Suid-Afrikaner.

''Dan sê jy bloot A Me ’N,'' antwoord die Eskimo.

Die hond staan ingespan voor die slee en wag, en die Suid-Afrikaner klim op die slee. ''Sjoe,'' sê hy, en die hond begin loop. ’n Entjie verder die yswoestyn in sê die man: ''Sjoe-Ai Me 'Nsig Da Rem'', en die hond laat waai oor die ys.

Skielik sien die man egter ’n reusagtige afgrond voor hom opdoem. En paniek pak hom beet. Hy het vergeet wat hy moet sê om die hond te laat stilstaan. Hy weet dat hy hom saam met die sleehond te pletter gaan val, en hy het nog net tyd vir ’n skietgebedjie. Aan die einde daarvan sê hy: ''Amen'' -- en wonder bo wonder, die sleehond gaan staan botstil. Vlak voor die rand van afgrond steek die dier in sy vier spore vas.

En die verligte Suid-Afrikaner vee die sweet van sy voorkop af en sê:''Sjoe! Ai, mensig, darem!''

Waarom behoort 'n vrou te begeer om in haar volgende lewe 'n beerwyfie te wees? Wel, as jy 'n beerwyfie is, VERWAG jou maat van jou om knorrig te wees as jy wakker word, om hare op jou bene te hê en om vet aan jou lyf te hê...

Die vliegtuig van die Zimbabwiese lugredery is gereed om van die Harare-lughawe op te styg, maar kom nie sover nie. Die vlieenier laat die beheertoring weet: 'Ons kan nie opstyg nie. Daar lê 'n dooie bok op die einde van die aanloopbaan.' Beheertoring: 'Roger. Ons sal dadelik die caterers laat weet om die bok te kom verwyder.'


Die mens is die enigste dier wat sy kleintjies toelaat om terug te kom huis toe. - Bill Cosby

Die vrugteverkoper kom by die kar verby en sê: 'Perskes, perskes, lekka perskes. Net vyf rand vir die laanie.' Die ou in die kar sê: 'Is hulle soet?' Antwoord die vrugteverkoper: 'Ja Maneer, kyk hoe stil sit hulle!'

Die onderwyseres gee haar graad 5's 'n werkopdrag: Hulle moet hulle ouers vra om hulle 'n storie met 'n les aan die einde daarvan te vertel. Die volgende dag kom die kinders toe terug en begin een vir een hulle stories te vertel. Vinesh sê: 'My pa is 'n hoenderboer en ons het baie broeihenne. Eenkeer het ons die eiers in 'n mandjie op die kar se voorste sitplek gesit om dit mark
toe te vat. My pa slaan toe remme aan, die mandjie val om en al die eiers breek in die kar!' 'Mooi, Vinesh', sê die juffrou, 'wat is die les van die storie?' 'Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie!' sê die trotse seuntjie. 'Baie goed,' sê die onderwyseres.
Volgende is dit klein Sipho se beurt. 'Ons het nou-die-dag berg toe gestap en toe sien ons 'n muis wat uit sy gaatjie kom.' 'O?', vra die juffrou,
'En wat is die les van die storie?' 'Die berg het 'n muis gebaar, Juffrou!' sê Sipho. 'O, jaaa, dis seker waar,' sê die onderwyseres.
Volgende is dit klein Kosie se beurt. 'Juffrou, my pappie het my vertel van Antie Susanna wat verlede jaar op hulle plaas aangeval is. Toe sy hoor die alarm by die heiningdraad gaan af, toe besef sy hulle gaan die duur bottel brandewyn steel wat sy nou net op die dorp vir oom Koos as 'n present gekoop het. Toe drink sy gou die bottel leeg. Toe vat sy die haelgeweer, patrone en 'n vleismes en wag hulle by die deur in. Toe hulle inkom in die huis, skiet sy vier met die haelgeweer dood, steek twee dood met die kombuismes, en slaan die laaste een katswink met die vuis!' 'Oe, maar dis vreeslike storie!' roep die onderwyseres uit, 'Watter soort van les kry jou pappie uit so 'n aaklige storie?' Kosie antwoord: 'Bly ver weg van Antie Susanna as sy gesuip is!'

KLEIN KOOS moet tydens ’n tekenles op skool ’n hond teken wat besig is om hondebeskuitjies te vreet. Skaars het sy onderwyser hom egter die opdrag gegee, of Klein Koos sit tevrede agteroor en verkondig: ''So ja, ek is klaar.''
Die onnie kom kyk wat hy geteken het.
''Klein Koos,'' begin hy, ''maar ek sien dan geen hondebeskuitjies nie...''
Klein Koos: ''Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet het, meneer.''
Onnie: ''En waar is die hond dan?''
Klein Koos: ''Hy’t weggehardloop toe hier niks meer kos vir hom was nie.''

Die Koei

Die Koei is n soogdieg. Hy is ook n huisdier. n koei is orrals. n koei het n baie fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Ageran die koei sit die stert. An die een kant van die stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en an die anner kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die fleije van haar weg te hou anners val hulle innie melk.Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.

Die koei is oorgetrek met n beesvel. ondean die koei hang die melk.
Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy
onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is is die melk sleg. As die donner-weer in die lug is is diei melk weg. As dit n ou koei is is die melk suur. Dit is baie goekoop om n koei aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te se is nie n vloekwoord nie.
Verder weet ek niks. Behalwe dat as die koei baie stip na jou kyk, moet jy
padgee, want dan is dit n bul.

Die plaaslike regter is 'n vrou wat geen nonsies vat ten opsigte van haar status nie. Eendag verskyn 'n ou dame voor haar as getuie.
Verskeie kere spreek die ou dame die regter aan as 'My Liefie'.
Uiteindelik kyk die regter die ou dame reguit in die oë en sê:
'Dis My EDELAGBARE Liefie.'

'n Dominee moes een Sondag die diens op 'n verafgeleë plattelandse dorpie lei en ry toe reeds Saterdagmiddag deur en gaan by een van die ouderlinge tuis. Sondagoggend toe die gasvrou hom nooi om te kom aansit vir ontbyt bedank hy daarvoor en sê hy sal liefs nie ontbyt nuttig nie, want hy het ondervind dat
hy nie op 'n vol maag kan preek nie.
Die gasvrou gaan toe nie kerk toe nie ten einde 'n goeie middagmaal voor te berei. Toe haar seuntjie uit die kerk kom vra sy hom: 'Jannie, en hoe het die
dominee toe gepreek?' 'Ag Ma,' sê hy. 'Hy kon maar net sowel sy brekfis geëet het.'

Vyf blondines stap by 'n kroeg in, bestel 'n rondte drankies.
Hulle lig hulle glase en die een skree "op 51 dae" - die ander antwoord "51 dae".
Later bestel hulle nog 'n rondte, en na 'n ruk weer 'n rondte, en elke keer is dit "op 51 dae".
Die kroegman se nuuskierigheid raak te veel vir hom, en hy vra vir die 'hoofblondine' waaroor die 51 dae storie gaan.
Sy antwoord hom: "ons vyf het nou net 'n legkaart klaargebou. Op die boks staan 2 tot 4 jaar, maar ons is baie trots op onsself, want ons het hom in net 51 dae klaargebou !"

Een dag sien 'n man wat al vir tien jaar op 'n eiland gestrand is iets aankom op die horison. Hy kon nie uitmaak wat dit is nie tot daar op die ou end 'n ongelooflike mooi Blond uit die branders opstaan met 'n duikpak en al die toerusting.
Sy staan nader en vra " Wanneer laas het jy 'n sigaret gerook?" terwyl sy 'n pakkie Camel en 'n sakvlam uit 'n waterdigte sakkie van haar duikpak haal. "Tien jaar!" sê hy terwyl hy 'n sigaret aansteek en behaaglik stadig sy longe vol trek. "En wanneer laas het jy 'n goeie dop bourbon gedrink?" vra sy terwyl sy vir hom 'n glasie skink uit die botteltjie wat sy uit 'n ander sakkie haal. "Hemels - dit was tien jaar" sê hy terwyl hy die drankie stadig drink. Terwyl sy die rits van haar duikpak stadig oopmaak sê sy met 'n baie verleidelike stemmetjie ". . . En wanneer laas het jy 'n bietjie rondgespeel?" Terwyl hy van opgewondenheid op en af spring en sy hande vryf sê hy :
"Dis ongelooflik! moenie vir my sê jy het nog 'n golfstel ook daar iewers weggesteek nie!"

Ek is oortuig dat baie van ons graag die volgende sal wil doen:

Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n agtjarige te aanvaar. Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is. Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel. Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kan die goed eet. Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met 'n grassie innie kies. Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was , jou kennis beperk was tot kleure, maal- en deel-tafels en Siembamba. Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worrie soos vrypuisies byvoorbeeld. Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is. Ek wil weerglo dat enigiets moontlik is. Ek wil salig
onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn. Ek wil weer eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie, berge papierwerk, nuus wat depres nie , hoe om meer dae in die maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge, skinder, siektes, en die verlies van geliefdes. Ek wil weer glo in die krag van 'n glimlag, drukkies, 'n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak. So . . hier is my tjekboek en my motorsleutels, my kredietkaartrekeninge en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk. Ek bedank offisiëel as volwassene. As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is, moet jy my eers inhol, want........ ' Touch! Jy kan my nie vaaaang nie!! '

Dokter aan pasiënt wat baie slegte rokershoes het en ooglopende tekens van te veel drank toon: Hoeveel sigarette rook jy per dag?
Pasient: So 40 dokter. Dokter: Dink jy jy sal dit kan opstoot na 80 per dag? Pasient (wat gemeen het hy gaan aangespreek word oor sy 40):
Seker dokter, maar hoe dan so?
Dokter: Miskien val een van jou longe plat en dan is daar meer plek vir jou lewer!

Mike was net besig om aan die slaap te raak toe sy vrou hom wakker skud en sê die telefoon lui. As die telefoon so laat lui, sê sy, is dit sekerlik vir hom en nie vir haar nie en sy maak haar oë toe. Mike strompel uit die bed uit. Toe hy weer terugkom, is sy vrou al aan die slaap, maar sy word wakker. 'Dit was toe nie vir my nie', sê Mike. Sy vrou rol uit die bed uit en is al halfpad deur toe,
toe Mike byvoeg: 'Dit was die verkeerde nommer..'

Ou Rabbi Wolfson is die rabbi in 'n klein dorpie. Hy is besig om sy Sinagogeraad te smeek om 'n nuwe kandelaar vir die sinagoge te koop, maar sonder sukses. Ná 'n uur se mooipraat sit hy maar dikmond. Toe staan die voorsitter van die sinagogeraad op en sê:
'Waarom mors ons tyd met die geklets oor 'n kandelaar? Nie een van ons kan dit eens spel nie. Tweedens, nie een van ons kan dit speel nie. En derdens, wat ons EINTLIK in die sinagoge nodig het, is meer LIG!'

Daar bo innie Bosveld stap hasie eendag so deur die gras en kom op 'n borrel mampoer af wat in die son gelê het. Hy vat 'n paar slukke, ma' ie witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas. Jakkals kom verby, sien vir hasie en die bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm mampoer kap hom ook om. So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom, hy kon sy geluk nie glo nie en drink ook aan die bottel; selle storie, val net daar neer, uit-gepaas. Leeu kom toe op die storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en hiëna's nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy vat toe maar 'n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer. Met die begin hasie roer, sit regop met 'n hewige hoofpyn. Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom. Hy mompel: "Hel, smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is!"

Vyf Duitsers in 'n Audi Quattro kom by die Italiaanse grens aan. Die Italiaanse grenswag stop hulle en sê aan hulle dat dit onwettig is om 5 mense in 'n Quattro te laai. 'Wat bedoel jy dat dit onwettig is?', vra die Duitse bestuurder. 'Quattro beteken vier', antwoord die Italiaanse grenswag. Die Duitser is kwaad en verbaas en sê: 'Dit is net die naam van die kar. Jy kan op sy papiere kyk - dit is ontwerp om vyf mense te vervoer!' 'Nee,' sê die Italianer, 'moenie my met daardie een probeer flous nie. Quattro beteken vier, jy het vyf mense in die kar, dus oortree jy die wet.' Die Duitser vra toe dat
die grenswag sy bevelvoerder moet roep, sodat hy eerder met 'n senior persoon kan praat. 'Jammer,' antwoord die grenswag, 'hy kan nie nou kom nie, hy is besig met die twee ouens in die Fiat Uno.'

Daar is nou 'n swart karaktertjie in die TV-animasieprogram Pokemon: Sy naam is Filemon

Wat noem jy 'n vrou wat 24 uur per dag weet waar haar man is? 'n Weduwee.

Vraag: Hoekom neem Kubaanse atlete nie aan roei-items deel nie?
Antwoord: Alle Kubane wat kan roei woon reeds in Amerika.

Daar's twee soorte mense by 'n partytjie, die wat wil ry, en die wat wil bly. En gewoonlik is hulle met mekaar
getroud.

Daar's net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos 'n BEJAARDE: stadig.
Soos 'n VOLWASSENE: deeglik.
Soos 'n TIENER: glad nie.

Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Die kinders is onhebbelik en sy raas en raas, maar hulle wil nie luister nie, wat nog van stilsit. Sy strip haarself en trek van die pad af, wiks die twee goed, sit hulle terug in die kar en sê: Nou wil ek nie weer 'n woord hoor nie.
Na so paar minute sê die seuntjie: "Mamma ek wil iets sê"
Sy sê: "Net vinnig, want jy is veronderstel om stil te bly" Sê hy: "Ek wil net vir Mamma sê, Jesus gaan hiervan hoor!"

Toe ek ses maande verwagtend was met my derde enetjie kom my driejarige ingeloop in die kamer toe ek net oppad stort toe is.
"Ma, jy is besig om vet te word" sê sy ondiplomaties. "Dis reg my skat maar jy moet onthou mamma het 'n babatjie wat in my maag groei" probeer ek skerm. "Ek weet," sê sy '' . . . maar wat groei in mamma se boude?"

Pieter wys sy seun hoe om die ritsluiter van die sweetpak toe te trek. "Die geheim is," sê hy " . . . is om eers seker te maak dat die hakkie van die een kant mooi in die ander pas!" Sy seuntjie kyk hom met 'n frons aan en vra "Hoekom moet dit 'n geheim wees?"

Dis Sondag en baie kerke gee deesdae mos spesifieke Sondae voor die gewone diens 'n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee van Daniël en die leeukuil en al die kinders moet kom voor sit. Baie dramaties vertel die dominee:
"En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil. !" Die kerk is tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef in die storie, hy haak kliphard af: "So 'n bliksem!"
[Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie.. Het een van die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tyd vir die ouers gevra om asseblief nie die kind pak te gee nie want hy was die enigste een wat regtig geluister het! ]

My vriendin het aan haar kinders die feite van die lewe probeer vertel toe sy haar derde enetjie verwag.
Sy sê toe dat pappa 'n saadjie in haar geplant het en dat die babatjie uit daardie saadjie groei.
Met 'n vraagteken op haar voorkop vra die vyfjarige "Toe pappa my saadjie geplant het - was my gesig op die pakkie saadjies?"

Die skoolinspekteur doen inspeksie, nog in die vorige tyd. Die hele skool is in rep-en-roer en al die onderysers is kwaai senuweeagtig. Die inspekteur gaan toe die oggend na sy eerste klas en dis 'n bybelkunde les. Almal spring op en "Môre meneer!" hom en die juffrou hou gespanne verder klas. Die inspekteur vra na 'n rukkie of hy maar 'n vragie kan vra. "Ja," sê die juffrou.
'Wie het Jericho se mure afgebreek?"
Doodse stilte begroet hom behalwe een seuntjie, wat vrek benoud lyk. "Ja boetie?"
"Meneer ek weet nie, ma' ek belowe meneer dit was'ie ek of my boetie nie!"
Ontstoke verskoon die inspekteur homself en is reguit na die hoof se kantoor. Die hoof sien dadelik die inspekteur is omgekrap. "Wat is fout meneer?"
Die inspekteur vertel die hoof wat het gebeur en wat die seuntjie gesê het.
"Mmm ..." sê die hoof, en bedink die situasie. "Meneer hier moet ek wragtag die mannetjie gelyk gee, ek ken sy ouers, hulle maak hulle kinners vreeslik eerlik groot. As die mannetjie sê dis nie hy nie, kan meneer hom maar glo, want dan was dit wragtag nie hy nie!!!"


Na baie jare se suinig leef en spaar het die man goeie nuus vir sy vrou.
"Liefling. Ons het uiteindelik genoeg geld om dit waarvoor ons in 1979 begin spaar het te koop."
" 'n Splinternuwe Mercedes!" roep sy vrou opgewonde uit.
"Nee. 'n 1979 Mercedes."

Olifant en Kameel
Olifant: "Kameel, hoekom is jou borste op jou rug?"
Kameel: "Dit is `n goeie vraag vir iemand wie se tottie tussen sy oë sit!!"

Hoe om vrouens te kies
Die manne het opgehou om ABSA bank meisies uit te neem: Today, Tomorrow, together.
Hulle neem nou Standard Bank meisies uit: Simpler, Better, Faster.

Definisie van 'n tiener
Wat is die definisie van 'n tiener? Iemand wat alles weet, behalwe hoe om eksamen te skryf.

Parasiet
Juffrou in die biologieklas: "Wie kan vir my sê wat is 'n parasiet?"
Jannie antwoord: "Juffrou dit is 'n meisiesfiets se saal.."

Dronkbestuur
Koos word gearresteer vir dronkbestuur deur 'n vroulike polisiebeampte.Sy noem dit vir hom dat enige iets wat hy sê teen hom gehou mag word.
Koos skree: "Tiete!"

Nou Minirokkie
Blondie staan en wag by 'n baie besige busstop.
Toe die bus uiteindelik opdaag, besef sy dat sy nie met haar baie nou minirokkie op die eerste trappie van die bus kan kom nie.
Sy glimlag verleë terwyl sy die rits van haar mini so bietjie aftrek agter haar rug.
Sy probeer weer maar met dieselfde resultate.
Weereens laat skiet sy haar rits so bietjie en probeer weer op die bus kom.
Die volgende oomblik vat 'n groot boerseun haar om die middeltjie en tel haar moeiteloos tot op die boonste trappie.
Vererg draai Blondie om en skree onsteld: "Hoe durf jy aan my liggaam raak - ek weet nie eers wie jy is nie!"
Die boerseun glimlag en sê: "Normaalweg sou ek met jou saamstem maar nadat jy my gulp tweekeer afgetrek het, het ek gedog ons is vriende!"

Blondine
Blondine sit vir 4 ure en kyk na haar huweliks sertifikaat.
Haar man vra wat sy doen en sy antwoord : "Ek soek na die vervaldatum!!"

Blonde epos
Die Brunet sien haar blonde buurvrou trippel elke vyf minute na haar posbus toe.
"Verwag jy 'n belangrike brief?" vra die Brunet.
"Nee," sê die Blondine, "maar my rekenaar hou aan sê ek het pos."

’n Ou omie lê in die hospitaal, op pad teater toe. ’n Jong, blonde verpleegster kom ingetrippel met sy mediese verslag in die een hand en ’n bakkie met skeergoed in die ander hand.
“Goeie môre, oom! Af met die broekie vir my!”
“Nou vir wat, nursie? Wat wil jy nou maak?”
Ek wil jou skeer, oupa, want ons gaan jou mos besny vandag,” antwoord sy geduldig.
“Nee man, ek is hier vir ’n oogoperasie!” gil die oupa verskrik.
Die nursie verloor haar humeur en spreek hom streng aan:
“Kyk oupa, ek het nie tyd vir nonsies nie, hier staan dit in jou verslag: Verwydering van die horingvlies.”


Seuntjie vra: Hoekom het tannie nooit getrou nie?
Ag, sê sy, ek het 'n papegaai, 'n hond en 'n kat.
Saam is hulle nes 'n man. Die papegaai vloek, die hond poep en die kat loop saans rond.

1. Hy het 'n oop bek soos 'n gaar vis.
2. Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op.
3. Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
4. Ek is nou so opgewonde soos ìn budgie op steroids!
5. Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.
6. 'n Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet.
7. Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
8. Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig gehad het.
9. Ek is so de moer in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek.
10. As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.

Afwesigheidsbriefies
* Verskoon asseblief Lisa se afwesigheid. Sy was baie siek en die dokter het gesê sy moet dit afslaap, en toe het ek haar laat uitsit.
* Geagte Skool, Dawie was afwesigheid gewees op Maart 29, 30, 32, 32 en ook 33.
* Joylene was nie by die skool nie, want hulle het haar verstaantande geslaag.
* Verskoon asseblief vir Pierre, dis sy pa se skuld.
* Santie was nie by die skool nie, want ek is 'n enkelouer en was in die bed met Giep.
* Maryann was awesig van die 11e tot die 16e. Sy het 'n keel, 'n maag en 'n kop. Haar sussie ook. Daar moet iets aan die gang wees, want hulle pa was ook gisteraand warm.
* My dogter was gister afwesig, want sy was moeg. Sy was op 'n KJV kamp en het 'n rowwe naweek gehad.
* Sally wil liewers vandag na 'n begrafnis toe gaan.
* Jennifer was gister nie by die skool nie, want ons het gedink Maandag is Sondag.
* Vir wie ook al hierdie moet lees - Janco sal nie more skool toekom nie, hy en sy pa is op jag.
* Jan-Jan het nie sy huiswerk gedoen nie, nou dwing hy my om 'n verskoning uit te dink. U is sy klashoof, dink u liewers een uit. Ek het vyf kinders en 'n man en is op gedink.

'n Man is op reis en sy kar breek naby 'n monnikeklooster. Hy gaan na die monnikeklooster, klop aan die door, en sê, 'My kar het gebreek. Dink julle ek kan die nag oorbly?' Die monnike nooi hom vriendelik binne, gee hom kos en maak selfs sy kar reg. Toe die man aan die slaap wil raak, hoor hy 'n vreemde geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle sê, 'Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie.'
Die man is teleurgesteld maar bedank hulle in elk geval en sit sy reis voort. 'n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly want hy het mos nou vriende gemaak. Die monnike nooi hom in, gee hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy weer dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die
volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord, 'Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie.'
Die man sê, 'Als reg, als reg. Maar ek sterf van nuuskierigheid. Al moet ek 'n monnik word om uit te vind sal ek dit doen. Hoe word ek 'n monnik?' Uiteindelik doen die man 'n tienjaar-monnikekursus en word 'n volwaardige monnik. Na sy inlywing se die ander monnikke: 'Veels geluk. Jy is nou 'n monnik. Ons sal jou nou wys wat die bron van die geluid is.'
Die monnike lei die man na 'n houtdeur, waar die hoofmonnik sê, 'Die geluid is reg agter daardie deur.'
Die man probeer die deur oopmaak, maar die deur is gesluit. Hy sê, 'Mag ek die sleutel kry?'
Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak die deur oop.
Agter die houtdeur is nog 'n deur gemaak van klip. Die man vra vir die sleutel van die klipdeur. Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak oop dit, net om te vind daar is nog 'n staaldeur. Hy kry nog 'n sleutel van die monnike. So maak hy altesaam sewe deure oop. Toe hy die laaste deur oopmaak, is hy totaal verstom toe hy sien
wat eintlik die bron van die geluid is! Maar ek kan jou nie sê wat dit is nie, want jy is nie 'n monnik nie.

'Hierdie huis,' sê die eiendomsagent, 'het beide sy goeie punte en sy slegte punte. Om aan jou te wys dat ek eerlik is, gaan ek openlik daaroor wees. Die nadele is dat daar is 'n chemiese fabriek een blok suid is, en 'n abbatoir 'n blok noord.' 'Wat is die voordele?' vra die voornemende koper. 'Die voordeel is dat jy altyd kan sê in watter rigting die wind waai.'


Die aantreklike jong spraakterapeut vestig haar in die Kaap, waar sy 'n praktyk begin. Sy het 'n groepie hakkelende jong mans, maar maak nie eintlik vordering met hulle nie. Uiteindelik besluit sy om 'n ongewone eksperiment te probeer: Sy kom na die groepsessie met skamele klere aan. Sy beloof dat as enige van die jongmans in die groep vandag 'n sekere ding kan regkry, sy hom 'n Franse soen sal gee as beloning. Hy moet die dorp waar hy gebore is, se naam kan sê sonder om te hakkel. So gesê, so gemaak. Opgewonde probeer die eerste ou: 'K-k-k-k-k-Kaapstad!' en sink moedeloos op sy stoel neer. Die tweede ou staan op en sê: 'MmmmmmmMalmesbuRy!' en slaan moedeloos op sy heup. Die derde ou haal diep asem en sê: 'Durban!' 'Mooi!' sê die spraakterapeut en soen hom 'n volle minuut lank met oorgawe, soos sy beloof het. Toe sy klaar is, vra sy: 'En wat sê jy daarvan?' Waarop hy uitasem antwoord: '.....v-v-v-v-v-ville!'

Koos vat sy gesin Kaap toe vir 'n vakansie.
Jannie speel op die strand en maak maatjies met 'n kleurlingetjie.
Na hulle 'n rukkie gespeel het sê Jannie vir sy maatjie:
"Jy's seker 'n local, want ek sien jou voortanne is weg."
Die maatjie sien Jannie se draadjies en sê vir hom:
"En djy's seker van Gauteng?"
"Hoe't jy geweet?" vra Jannie.
"Want ek sien djy het burglar bars op djou tanne!"

'n Parlementariër aan die woord:
"Me. Speaker, die begroting vir die weermag se wapentuig beloop R250 miljoen.
70% van die weermagpersoneel het vigs.
Sal dit nie goedkoper wees as ons die mense bloot beveel om die vyand te byt nie?"

Eksamenflaters
1. Waarvoor word beesvelle gebruik? om die bees binne te hou
2. Wat is outobiografie? dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar
3. Noem 5 dinge wat melk bevat? kaas, botter en 3 koeie
4. Wat is die verlede tyd van eet? Honger
5. Wat is die verkleinwoord van Oupa? Kleinseun
6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef? kleinteef
7. Wat is die doel van die kies- en oogtande? die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas... hoe groter haaspastei
9. Wat is die meervoud van kabeljou? kabeljulle
10. 'n Sin met "ter aarde bestel..." "Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"
11. Formule vir 'n sirkel se omtrek: "paai straal kordaat"
12. Wat is teenoorstaande hoeke? Hoeke wat vir mekaar kyk
13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf? Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
14. Wat is 'n terminale siekte? As jy op die lughawe siek word!
15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?" HuH?
16. Wat noem ons iemand wat velle looi? Onderwyser
17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel? Pepermenttande

Die baas se wiskunde is nie te goed nie en hy vra sy blonde sekretaresse:
"As ek jou R5,5 miljoen min 17% gee, wat sal jy aftrek?
Sy: "Als meneer, my rok, skoene, bra en G-string – ALS!!"

Die twee ou skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar. "Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?" vra Koos.
"Nee," sê Piet, "ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het 'n Meestersgraad in Letterkunde. My seun is 'n konsertpianis in
Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap.... Julle moet een aand oorkom dan hou ons 'n kultuur-aand. En wat het jy met jou lewe gedoen,
Koos?"
"Nee," sê Koos, "ek was mos al op skool al 'n bietjie bakleierig en het toe na skool maar 'n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van 'n promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe
begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo.... Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle."

Koos van der Merwe werk by 'n Dokter
Die Dokter sou die dag uitstedig wees en vra toe vir Koos om 'n ogie te hou oor die pasiënte.
Die volgende dag kom die Dokter terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte.
Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dokter vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê :
Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes.
Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike alergie en toe gee hy vir hom Alergex.
Die Dokter was baie beindruk en vra wat van die derde een.
Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoektafel gaan lê en vir hom gesê : "Ek het vier jaar laas 'n man gesien . "
"O Hel" sê die Dokter "En wat doen jy toe, Koos?"
"Nee", sê Koos "Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë"!

Na ons grassnyer gebreek het en nie meer wou werk nie, het ek aanhoudend by my man geneul om dit te laat regmaak, maar om een of ander rede het die versoek nooit by hom ingesink nie. Ek dink toe aan ‘n oulike plan om my punt te maak. Toe my man daardie middag by die huis kom, kry hy my al sittende in die lang gras besig om die gras met ‘n naaldwerkskêrtjie af te knip. Hy het my so ‘n rukkie gestaan en kyk en is toe die huis in. Na ‘n paar minute
kom hy terug en gee my ‘n tandeborsel en sê dat as ek klaar is ek net sowel die oprit kan vee.
Die dokters sê hy sal leef maar dit sal ‘n lang tyd wees voor hy weer sal glimlag…
 

n Jongman, wat graag ‘n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop, het sy suster saamgeneem, om hom te help om die regte persent te koop.
Sy kies toe ‘n paar handskoene wat hy vir sy meisie koop.
Die suster koop toe vir haarself ‘n paar broekies.
Die meisie in die winkel maak toe ‘n foutjie. Sy ruil die twee pakkies per abuis om. Die meisie kry toe die handskoene, en die arme ou, kry die broekies wat hy gaan pos met die briefie wat as volg lees.

Liefste Gertruitjie,
Ek stuur vir jou die brief en die persentjie, om jou te wys dat ek nie jou verjaarsdag vergeet het nie. Ek het gedink jy sal daarvan hou, want ek het gesien jy trek nooit sulke goed aan as ons uitgaan nie, en dit is nou koud in die aande.
Ek het die dame in die winkel dit laat aanpas, en sy lyk baie mooi daarmee. Sy het my ‘n paar gewys wat sy al twee jaar dra en dit makeer nog steeds niks. Ek wou eers die langes koop, maar my suster sê die kortes is beter, want dit is makliker om ‘n vinger in te kry. EK wens ek kon dit die eerste keer vir jou aantrek.
Truitjie, die meisie in die winkel sê, as jy dit uittrek, moet jy altyd bietjie daarin blaas, want dit sal ‘n bietjie klam wees van die sweet, en dit mag later onaangenaam ruik. Sy sê, sy gooi altyd bietjie lyfpoeier in hare wanneer sy dit uittrek.
Ek hoop jy sal daarvan hou.
Met Liefde.
Fanie.

Man hardloop kaal in die bos. Twee olifante sien hom. Een sê:'
Kyk hoe maer is hy!' Die ander een sê: ' G'n wonder nie, kyk waarmee moet hy eet!'


Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir man, 'Ons het hier met 'n baie lelike ding te doen.'
Man sê: 'ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders'.


Koos vry sy meisie, sy raak bietjie meegevoer en fluister in sy oor:
'Koos soen my op 'n lekker plek."
Koos sê: 'Nog nooit!, ek ry nie nou Loftus toe nie!"

Vir die ou hoesie in die kerk

Op 'n plattelandse dorp (Schlip) waar die inwoners hoofsaaklilk Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp. Die koster gaan Koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna Die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê, "For cough".
              

 

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Faktore by beroepskeuse

'n Beroepskeuse is een van die belangrikste besluite wat jy in jou lewe sal maak. Die het 'n enorme impak op jou lewe. Dit bepaal soveel dinge, byvoorbeeld jou inkomste, lewensstyl, geografiese ligging waar jy woon, jou werksomstandighede, dit bepaal dikwels jou sosiale kring, en so meer.

Die keuse van 'n loopbaan is dus nie 'n besluit wat sommer ligweg geneem behoort te word nie. Daar is belangrike faktore wat 'n mens in aanmerking moet neem. Ek bespreek kortliks van hierdie faktore:

·   Persoonlikheid. Daar is verskillende soorte persoonlikhede. Neem byvoorbeeld die persoonlikhede van 'n introvert teenoor 'n ekstrovert. Wanneer jy 'n introvertiese en teruggetrokke persoonlikheid het mag die loopbaan van 'n toergids dalk nie inpas by jou geaardheid nie. Daarteenoor sal die beroep van 'n toergids waarskynlik van nature meer geskik wees vir die ekstrovert. Dink maar aan die impak van 'n realisitiese teenoor 'n emosioneel gevoelige geaardheid op 'n persoon se funksionering in 'n bepaalde beroep. En neem 'n onderdanige geaardheid teenoor 'n selfgeldende persoonlikheid, of dalk volgeling teenoor leier. Dit is dus belangrik om te weet of jou persoonlikheid sal inskakel by die aard van 'n sekere beroep. Anders kan jy dalk ongelukkig en gefrustreerd opeindig in jou beroep.

·   Belangstelling. In die vroeër kinderjare is kinders se belangstelling tot 'n groot mate fluktuerend. By die ouer kind, gewoonlik rondom agtien jaar, raak die belangstelling relatief meer konstant en kan dit dus doeltreffend by beroepskeuse aangewend word. Dit is belangrik om te weet dat belangstelling nie noodwendig 'n aanduiding van 'n persoon se intellektuele vermoë of aanlegte gee nie. Jy mag dalk oor die belangstelling beskik om 'n mediese dokter te word, maar jou skolastiese punte is te laag hiervoor. 'n Belangrik faktor is om die wêreld van werk te leer ken. Dikwels is die belangstelling in 'n beroepsrigting gegrond op die bekende, terwyl die onbekende van 'n beroep dit inderdaad soms onbemind maak.

·  Aanleg. Aanleg verwys na die aangebore sowel as die verworwe potensiële onontwikkelde vermoë om sekere spesifieke vaardighede of bekwaamhede, deur genoegsame opleiding, aan te leer en wat daartoe lei dat 'n persoon op 'n bepaalde gebied presteer (GJ Smit in Psigometrika). Die meting van aanlegte dien as 'n leidraad by die keuse van 'n toepaslike beroepsveld. Daar is egter vele aanlegte wat nie met psigometriese toetsing gemeet word nie, byvoorbeeld handvaardigheid, verbale kommunikasie, kuns- of 'n sportaanleg. Vakprestasie gee gewoonlik reeds 'n goeie aanduiding van sommige aanlegte, byvoorbeeld 'n leerling se prestasie in tale behoort 'n aanduiding van haar verbale aanleg te wees.

·   Skolastiese prestasie. 'n Leerling se huidige skolastiese prestasie is reeds 'n goeie aanduiding van toekomstige akademiese prestasie en moontlike beroepsrigtings. Byvoorbeeld 'n leerling wie 'n gemiddeld van 60% die laaste paar jaar behaal, sal dit moeilik vind om keuring vir medies te kry. Hiermee saam is die vakpakket van 'n leerling bepalend vir sekere studie- en beroepsrigtings. Daarom behoort die vakpakket vir 'n leerling met groot sorg saamgestel te word.

·   Intellektuele vermoë. Sekere beroepe verg 'n sterker intellektuele vermoë. Hoewel skolastiese prestasie reeds 'n aanduiding hiervan gee, is dit soms nodig om dit psigometries te toets indien daar onsekerheid bestaan of 'n student die mas sal opkom in 'n sekere studierigting. Verstandsvermoë kan dus bepalend wees by die keuse van verdere akademiese studies en by beroepskeuse. Verstandsvermoë is wel 'n belangrike faktor, maar dit is nie die enigste faktor vir sukses nie. So speel harde werk en deursettingsvermoë 'n groot rol om suksesvol in jou beroep te wees.

·   Motivering. Ek is van mening hierdie aspek word dikwels onderskat by beroepskeuse. Motivering bepaal tot 'n groot mate 'n student se deursettingsvermoë, werkywer, selfvertroue en om gefokus te bly op doelwitte. Ek het vele kere al gesien hoedat 'n student, wat maar gemiddeld op skool presteer het, met harde werk en pligsgetrouheid groot sukses behaal. Daarteenoor kan gebrekkige motivering 'n intelligente student verhinder om sy of haar potensiaal te bereik.

·   Finansies speel dikwels 'n belangrike rol. Opleiding aan universiteite en kolleges is duur en wanneer daar 'n gebrek aan geldelike ondersteuning is, kan dit 'n struikelblok in die pad van verdere studies wees. Begin dus reeds vroeg om aansoek te doen vir beurse en lenings. Skakel met opleidingsinstansies en maak seker van die kostes, betalingsmetodes, beurse en so meer.

·   Blootstelling is 'n belangrike aspek by beroepskeuse. Wanneer 'n leerling in kontak kom met 'n beroep, sommige kere deur toeval, kan die belangstelling in daardie beroepsveld geprikkel word. Beperkte blootstelling kan 'n kind se kennis en visie verskraal. Daarom is dit nodig om 'n kind reeds van vroeg bloot te stel aan die wêreld van werk deur besoeke, lees, gesprekke en werkskadu. Verbreed jou kind se horisonne, want sodoende stimuleer en verbreed jy haar kennis en visie.

·   Realiteit van aanvraag vir 'n beroep. Hierdie is 'n aspek wat in aanmerking geneem behoort te word met 'n beroepskeuse. Daar is sekere tendense in die politiek, ekonomie en tegnologie wat die aanvraag na beroepe bepaal. Die vraag na sommige beroepe mag oorversadig wees, terwyl daar in ander beroepe 'n tekort aanwesig is. Tegnologiese en wetenskaplike vooruitgang bring nuwe beroepe tot stand - hier hoef 'n mens net te dink aan die talle nuwe beroepsrigtings wat onstaan het sedert rekenaars en selfone die lig gesien het. En natuurlik 'n klomp beroepe wat nie meer bestaansreg het nie en uit die mark verdwyn het. Bestudeer dus die neigings en tendense in die wêreld van werk.

Bogenoemde aspekte is belangrik wanneer 'n beroepskeuse oorweeg word. Dit gebeur dat 'n persoon sommer die eerste beste werk kies, dit sy loopbaan maak, en vir jare daarna ongelukkig en gefrustreerd in so 'n beroep staan. Deur ondersoek in te stel na bogenoemde faktore kan 'n meer sinvolle keuse geskied en lei dit na 'n gelukkige en bevredigende loopbaan.

Jy kan inteken op st se nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte - Koekies vir Kersfees
BLITSVINNIGE VRUGTEKOEK
2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie
Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir
3 minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en
kook vir nog 2 minute. Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn
of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is. Plaas
in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat
ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en
strooi met versiersuiker voor bediening.

SPESIALE KERSKOEK
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
100 g pekannneute (250 ml)
75 g amandels (125 ml)
225 g dadels (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glansvrugte (grof gekap, 125 ml)
120 g rooi en groen glanskersies 9200 ML)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
105 g strooisuiker (125 ml)
3 eiers
12.5 ml brandewyn
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele
daaroor. Voeg suiker by en meng goed. Voeg eiers en brandewyn by
en meng weer goed. Skep mengsel in ’n gesmeerde eenbroodpan en
bak in voorverhitte oond van 150ºC oneveer 2 uur 30 minute tot
goudbruin en gaar.

LIGTE VRUGTEKOEK
250 g botter (270 ml)
250 g strooisuiker (300 ml)
2 ml vanieljegeursel
knypie sout
12.5 ml rum
6 eiers
350 g koekmeelblom (730 ml)
5 ml bakpoeier
400 g sultanas (665 ml)
50 g gemaalde amandels (85 ml)
100 g versuikerde lemoenskil
100 g gepelde amandels (gehalveer, 65 ml)
Voer ‘n 230 mm ronde koekpan met vetpapier uit. Verhit oond tot
150ºC. Klits strooisuiker, botter, vanieljegeursel, sout en rum tot lig
en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke
byvoeging. Indien mengsel skif, voeg 12.5 ml meelblom by. Sif
meelblom en bakpoeier en meng. Voeg sultanas, gemaalde amandels
en gekapte skil by. Vou meelblommengsel liggies in romerige mengsel
in. Giet in voorbereide koekpan, rangskik amandels bo op en bak in
voorverhitte oond vir 4 uur 30 minute. Toets met ’n vleispen of koek
gaar is. Laat koek vir 15 minute in pan afkoel en keer dan uit.

BRANDEWYNKERSKOEK
225 g koekmeelblom (465 ml)
knypie sout
3 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde neut
450 g sultanas (750 ml)
350 g rosyntjies (580 ml)
225 g glanskersies (375 ml)
100 g gepelde amandels (gesnipper, 165 ml)
60 g versuikerde skil
gerasperde skil van ’n halwe suurlemoen of lemoen
180 g botter (195 ml)
180 g donkerbruin suiker (225 ml)
4 eiers, geklits
25 ml brandewyn of sjerrie
50 ml brandewyn
Sif koekmeelblom, sout en speserye goed saam en plaas eenkant.
Plaas sultanas, rosyntjies, glanskersies, amandels, versuikerde en
gerasperde skil in mengbak en meng liggies. Plaas eenkant.
Klop botter tot romerig, voeg suiker by en klop tot lig en goed
gemeng. Voeg geklitste eiers bietjiesgewys by en klop goed na elke
byvoeging. Voeg gesifte koekmeelblommengsel geleidelik by en
meng. Voeg vrugtemengsel en brandewyn by en meng. Skep mengsel
in voorbereide koekpan en bak in voorverhitte oond van 160ºC vir 2
uur. Verlaag temperatuur tot 150ºC en bak nog 1¼ uur. Haar uit
oond, giet brandewyn oor en laat effens afkoel in pan voor dit
uitgekeer word.

LIGTE KERSKOEK
200 g koekmeelblom (420 ml)
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
200 g botter (215 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
6 eiers
50 ml brandewyn of sjerrie
100 g glanskersies (165 ml gekap)
50 g gemmerkonfyt (gekap)
50 g okkerneute (125 ml)
200 g korente (330 ml)
200 g sultanas (330 ml)
150 g'pitlose rosyntjies (250 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
Sif meelblom, sout en speserye. Klits botter en suiker tot lig en
romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg brandewyn of sjerrie by en klits goed. Voeg gekapte vrugte,
neute, skil en gesifte meelblom by. Giet mengsel in gevoerde
koekpan en bak in 'n voorverhitte oond van 160 grade C vir 45
minute. Verlaag hitte tot 150 grade C en bak 1 uur. Verlaag hitte
verder tot 140 grade C en bak nog 1 uur tot gaar. Laat in pan afkoel.

SJERRIEKERSKOEK
100 g okkerneute (250 ml)
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
75 g amandels (125 ml) '
225 g pitlose pruimedante (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glanspynappel (125 ml)
120 g glanskersies (200 ml)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
100 g bruin suiker (125 ml)
3 eiers
12,5 ml sjerrie
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele
daaroor. Voeg suiker by en klits goed. Voeg eiers en sjerrie by en
meng goed. Skep mengsel in 'n gevoerde eenbroodpan. Bak in 'n
voorverhitte oond van 150 grade C vir 2 uur 30 minute tot gaar.
Laat koek in pan afkoel en keer dan uit.

OUMA SE VRUGTEKOEK
75 g ontpitte pruimedante (125 ml)
75 g droëvye (125 ml)
175 g droëpere
50 g rosyntjies (85 ml)
50 g korente (85 ml)
50 g gekapte, gemengde ski!
300 ml warm, swart tee
50 g suiker (60 ml)
3 ml gemaalde kaneel
knypie elk wonderpeper, sout en gemmer
25 ml rum
25 ml suurlemoensap
200 g koekmeelblom (415 ml)
50 g haselneute (fyn gekap)
50 g okkemeute (fyn gekap)
Suurseldeeg
25 ml melk
50 ml water
5 ml olie
5 ml droë gis
25 ml warm water
5 ml strooisuiker
10 ml sout
50 g koekmeelblom (100 ml)
50 g broodmeel (100 ml)
Versiering
25 g gepelde amandels (gehalveer)
glanskersies
engelwortel
Maak eers suurseldeeg. Meng melk,50 ml water en olie in 'n kastrol
en
verhit tot kookpunt. Laat afkoel. Meng gis met 25 ml warm water en
voeg suiker by. Laat staan vir 5 minute. Voeg by melkmengsel en
roer sout by. Voeg hierdie mengsel by brood-enkoekmeelblommengsel
en klits goed.
Bedek en laat staan vir 12-18 uur.
Kap pruimedante, pere en vye. Plaas in 'n mengbak saam met
rosyntjies, korente en gemengde skil en giet tee oor. Bedek en laat
oornag staan.
Voeg suiker, speserye, sout, rum en suurlemoensap by vrugte. Klits
alle bestanddele goed saam, bedek en laat staan vir nog 30 minute.
Voeg vrugtemengsel by suurseldeeg saam met gesifte meelblom en
neute. Meng alles goed saam en plaas in 'n gesmeerde koekpan (200
mm). Versier met amandels, kersies en engelwortel. Bak in 'n
voorverhitte oond van
180 grade C vir 1 uur 10 minute.

RYK, GEKOOKTE VRUGTEKOEK
1.2 kg gemengde droëvrugte
25 ml gouestroop
40 ml brandewyn, sjerrie of rum
187 ml water
250 g botter (270 ml)
265 g bruinsuiker (330 ml)
5 eiers
300 g koekmeelblom (625 ml)
70 g bruismeel (125 ml)
2 ml sout
10 ml gemengde speserye
2 ml gemaalde kaneel
2 ml gemaalde neut
Plaas gemengde vrugte, gouestroop, rum, sjerrie of brandewyn en
water in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt. Giet in ’n bak en laat oornag
staan.
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir
een by en klits goed na elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam
en sif dan oor kokende vrugtemengsel. Meng goed. Roer
bottermengsel by. Skep in gevoerde 230-mm ronde koekpan en ban
in voorverhitte oond van 150ºC vir 3 uur 45 minute.

KITS VRUGTEKOEK
150 g botter
1 bottel droëvrugtevulsel
150 g sagte bruin suiker (187.5 ml)
250 g bruismeel (450 ml)
2 groot eiers
Smelt botter in kastrol en roer die res van die bestanddele daarby.
Meng goed. Skep in gesmeerde, gevoerde koekpan en bak in oond
van 160ºC vir 1 tot 1¼ uur of tot gaar.. Haar uit oond, laat effens
afkoel en keer uit. Laat goed koud word en bewaar in lugdigte houer
tot benodig

AMARULA SJOKOLADEKOEK
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Stel oond op 180 grade Celsius.
Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng
deeglik.
Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen
skoon uitkom.
Stroop:
. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en
voeg Amarula by. Roer goed. .
Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop
oor.
Versier:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk
en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit
belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.

KERSBROOD
400 g droëpere
300 g pruimedante (500 ml)
400 g droëvye (665 ml)
150 g okkerneute (375 ml)
100 g rosyntjies (165 ml)
125 g sultanas (210 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
15 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde naeltjies
5 ml wonderpeper
3 ml sout
25 ml rum
1 kg koekmeelblom
40 g geperste suurdeeg
Brooddeeg
900g broodmeel
150 ml warm melk
25 g geperste suurdeeg
10 ml strooisuiker
5 ml sout
25 g gesmelte botter
12,5 ml olie
Week pere en pruimedante in 900 ml water. Sit deksel op en kook
tot sag. Dreineer en hou vloeistof. Ontpit pruimedante en kap pere,
vye en okkerneute. Voeg rosyntjies, sultanas, gemengde skil, suiker,
speserye,
sout en rum by en bedek.
Klits 300 ml van warm water en 50 g van broodmeel saam om
meeldeeg te vorm. Bedek en laat staan vir 1 uur 30 minute.
Voeg dan warm melk by en klits goed. Meng suurdeeg, 150 ml warm
water en suiker en laat staan vir 10 minute. Voeg by meeldeeg. Voeg
sout, botter en olie by. Meng res van broodmeel by. Bedek en laat
staan tot uitgerys.
Sit koekmeelblom in 'n groot bak en maak 'n holte in middel. Klits
40 g suurdeeg met 400 ml koue vrugtevloeistof en suiker en giet dit
in meelholte. Strooi 'n bietjie meelblom oor en laat staan tot
skuimerig.
Voeg vrugte-enneutemengsel by en klits tot 'n deeg gevorm word.
Laat staan vir 15 minute. Verdeel vrugtedeeg in vier ovaal brode.
Verdeel brooddeeg in vier en rol elke deel uit tot 'n groot ovaal
gevorm is.
Plaas vrugtebrood op uitgerolde deeg. Bestryk vrugtebrood met
water en draai in brooddeeg toe. Plaas op 'n gesmeerde bakplaat en
verf met water. Laat staan vir 15 minute. Bak in voorverhitte oond
van 190 grade C vir 1 uur en 20 minute.
. Hierdie gereg is nie geskik om lank te hou nie. Eet dit binne 'n
week nadat dit gebak is

OUTYDSE KONFYTKOEKIES
5 K Meel
2 t koeksoda
2 k suiker
2 t kremetart
¾ k melk
2 eiers
125 g margarien
sout
910 g Appelkoos of Perske Konfyt
1. Klop botter en suiker tot room
2. Roer eiers in
3. Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by
4. Voeg res van bestanddele by
5. Rol dun uit
6. Druk met wynglas sirkels uit
7. Meng die konfyt met 'n bietjie MAZIENA dit help dat die konfyt
nie uitkook as dit gebak word)
8. Plaas konfyt op deeg. Sit nog 'n deegsirkel bo-op, druk vas met
vingers in die rondte
9. Bak 10 min op 180º C of tot mooi bruin

KOFFIEKOEKIES
8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.
Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda
met bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak
aan tot stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond
200ºC. Sit 2 - 2 opmekaar met konfyt.

KONDENSMELK KOEKIES
12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper
Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg
stroop en melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of
tartar bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 200ºC tot gaar.

BOERE SOETKOEKIES
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers
by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met
drukkertjies. Bak in oond 200°C tot ligbruin.

LEKKER SOETKOEKIES
2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda
Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan.
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue
stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles
bymekaar en werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).
OUMA SE GEMMERKOEKIES
(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk
Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by
en roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens
afkoel. Klits eiers en roer by botter mengsel. Sif droë bestanddele
saam en voeg beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed.
Bedek met kleefplastiek en plaas minstens 1 uur lank in yskas.
Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens
met vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute
lank lot
goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor.

OBLIETJIES
500 g bruinsuiker (625 ml)
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml droë nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom (4x250 ml)
Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en
nartjieskil by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte
meelblom by en meng tot stewige deeg.
Indien nodig voeg meer meel by.
Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak
sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik
op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel op
roomhorinkievorms. Vul met styf geklopte gegeurde room en sit voor.
JAN SMUTS-KOEKIES
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924
en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika
was. Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die
koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl
hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies
gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met
kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of
margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn
gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng
tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk
sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes
van die kolwyntjie
panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by
en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die
eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol
vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.

KORENTEKOEKIES
Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek
130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir
een by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en
voeg beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente
daarby in. Klits eierwitte en
kremetart saam tot stYf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde
kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25
minute lank tot gaar.

GEMMERKOEKIES
185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die
eiers een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker booor
en meng net tot die mengsel nat is. Sif dro• bestandele en voeg by
die die stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies
en bak 10 – 12 minute by 180• C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn. Ek
voeg maar altyd • bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n
regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer
word.

Vleisgeregte
BEESTONG MET MOSTERDSOUS
1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies
Sous
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen
Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag.
Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny
in skywe en pak in 'n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C. Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en
voeg die res - buiten die broodkrummels - by. Kook stadig deur oor lae
hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels
oor. Bak 25 - 30 minute.
Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae
hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros slaai.

VINGER-LEK-LEKKER HOENDER
6 – 8 hoenderstukke
6 ml paprika
5 ml Aromat
5 ml hoenderspeserye
5 ml sout
3 ml vars gemaalde swartpeper
30 ml asyn
1 ui (in ringe gesny) & losgemaak
1 blikkie creamed mushrooms
1 pakkie cream of tomato sop
500 ml warm water
gevriesde groente (so twee hande vol)
Stel die oond op 180 •C.
Plaas die hoenderstukke in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Meng die Aromat, hoenderspeserye, sout en peper saam en strooi booor
die hoender.
Sprinkel nou die asyn oor.
Plaas die uie-ringe nou bo-oor en volg daarna met die gemengde
groente.
Skep dan die creamed mushrooms bo-oor.
Los die soppoeier nou op in die 500 ml water en skep bo-oor die
hoender.
Bedek bak en bak vir 2 ½ ure lank tot gaar.

BIEF-EN-VARKWORSKASSEROL. (4-6 Porsies)
600g stowebeesvleis.
150g klein varkworsies.
25ml olie.
1 ui. 3 selderystingels.
1 appel.
25g meelblom.
250ml biefaftreksel.
250ml sider.
6-8 naeltjies.
3 suurlemoenblare( of vars lourierblare)
12,5ml gekapte pietersielie.
Verwyder vet van vleis en sny in blokkies.Sny worsies in twee.Verhit
olie en braai vleis en worsies bruin.Skil en sny uie in skywe.Kap seldery,
Ontkern appel en sny in skywe.Sprinkel meel oor vleis en roer goed.
Giet aftreksel en sider oor en voeg seldery, uie, appel,
naeltjies,suurlemoenblare en smaakmiddels by. Plaas in kasserol met
deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot sag.Garneer met
pietersielie.

GESMOORDE BEESSTERT
1 beesstert, opgesny.
olie vir braai.
2 uie, in skywe gesny.
2 wortels, geskraap en in kwarte gesny.
3 selderystingels, in 5 cm.- stukke gesny.
15 ml. koekmeelblom.
500 ml. vleisaftreksel.
bouquet garni.
sout en peper na smaak.
Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante.
Skep uit en hou eenkant. Braai uie, wortels en selderye in dieselfde
kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat
opkook. Geur met kruie en geurmiddels. ( bouet garni ) Skep
groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas
styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in
voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is. Verwyder
bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op,
saam met stampmielies of rys.
Let wel:
As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag
gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder.
Verhit goed voor opdiening.
Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie
toegebind en voor opdiening verwyder word.

VLEISROL
4 eiers geskei
1 ml peper
50 g meel
2 ml sout
50 g suiker
15 ml pietersielie
Klop wit van eiers styf. Klop geel tot romerig. Voeg bestanddele by
die wit van die eiers in die volgende volgorde:
Sout, geel van eier, meel, pietersielie. Smeer pan ("swissroll") en voer
uit met waspapier wat gesmeer is. Smeer die deegmengsel in pan en
bak vir 8 minute by 200C. Gooi uit op waspapier wat met fyngekapte
pietersielie bestrooi is, en rol liggies op voor koud.
VULSEL
1 blik vleis
250 ml gerasperde cheddar
100 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
150 ml fyn uie of seldery
100 ml margarien
100 ml blatjang
Roer alles goed deurmekaar en smeer binne in rol en rol weer op

LAMSBOUD
1 lamsboud, ± 2 kg-
Sout en peper
klein bossie vars roosmaryn
5 cm vars gemmerwortel, gerasper
1 knoffeltoontjie, fyngedruk
2 eetlepels heuning
Voorverhit die oond tot 160ºC. Geur die lamsboud met sout en peper.
Maak 15 snytjies oor die boud. Steek takkies roosmaryn in die
snytjies. Meng die gemmer, knoffel en heuning tot ´n pasta en smeer
oor die vleis. Plaas boud op ´n oondrakkie wat oor ´n oondbraaipan
pas. Oondbraai vir 30 minute en draai die boud om en oondbraai vir
nog 1½ uur tot goudbruin. Die vleissappe moet helder wees as ´n
toetspen ingesteek word.

SPRINGBOKBOUD
1 springbokboud -± 2kg
250g varkspek
15ml olie
Marinade
5 ml fyn naeltjies
15ml koljander
2ml neut
3ml vars gemaalde peper
10ml sout
10ml bruinsuiker
250ml Port
Stop boud met spek (vries Spek). Meng al die bestandele van die
marinade. Gooi oor boud en los in yskas vir 2 tot 3 dae. Haal uit
marinade en druk droog. Braai boud in olie, in swaarboomkastrol tot
bruin. Voeg marinade by en kook tot sag.

KORSLOSE KAAS- EN HOENDERTERT
Botter vir smeer
4 grt aartappels
3 eiers, geklits
grasuie
pietersielie
basiliekruid
1 k gerasperde sterk kaas
2 k fyn, gaar hoender
2 E mayonnaise
1 E tamatiepuree
½ k room
swartpeper
Voer ‘n losboompan met aluminiumfoelie en smeer met botter
Kook die aartappels tot halfgaar en rasper.
Voorverhit die oond tot 180°C/350°F.
Meng die aartappels met die eiers, grasuie, kruie en helfte van die
kaas.
Smeer helfte van die mengsel oor die pan se boom.
Meng die fyn hoender met die mayonnaise, tamatiepuree, room en
bietjie peper. Smeer oor die mengsel in die pan.
Bedek met die res van die aartappelmengsel en sprinkle die orige kaas
oor.
Bak 1 uur in die oond.
Bedien warm of koud.

KRUIE VARK LENDESKYF
510 g vark lendeskyf
5 lourierblare
5 takkies tiemie
5 takkies roosmaryn
4 uie, in kwarte gesny
4 knoffelhuisies, gehalveer
30 ml olie
125 ml witwyn
190 ml hoenderaftreksel
Geur die vark met sout. Bedek die vleis met die loerierblare, tiemie en
roosmaryn en bind dit met kombuistou vas. Verhit die olie, voeg die
vleis, uie en knoffel by en verbruin. Voeg die wyn en die aftreksel by
en bring dit tot kookpunt. Bak dit in n voorverhitte oond van 200
Grade vir 25 minute. Draai die vleis toe in foelie en laat dit rus vir 4
minute. Bring die kook sous tot kookpunt en geur met sout en peper.

VARKNEK MET SJERRIESOUS
Vryf sout en fyn gemmer in die varknek in. Braai varknek in botter en
olie tot bruin. Plaas in foelie met 8 halwe uitjies en bak in oond @ 200
grade vir ongeveer 1 en 1/2f tot 2 uur. Sjerriesous: 2 uie gekap 1/2
teelepel fyn vars knoffel Sorteer in botter Voeg 15ml koekmeel by en
roer Voeg 250ml (1k) sjerrie by Voeg 250ml (1k) hoenderaftreksel by
Voeg 20ml tamatiepuree by Voeg 2ml sout en 1ml vars gemaalde peper
by Voeg 10ml suurlemoensap by Voeg ongeveer 10 ontpitte, klein
gesnyde pruimedante by Laat prut Voeg al die sous en uitjies van vleis
by die sjerriesous en laat goed deurkook Haal van stoof af en voeg
100ml room by Roer deur. Gooi oor gesnyde varknek Graneer met vars
kruie Sit dadelik voor

LAMSBOUD MET GROENVYE EN ROOIWYN
1 lamsboud, ongeveer 1,5 kg
5 knoffelhuisies, skoongemaak
3 - 4 groenvye in stroop, in klein sstukkies gesny
1 blokkie beesvleisaftreksel
250 ml kookwater
500 ml rooiwyn
15 ml vars roosmaryn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sous
500 ml pansappe van die boud
54 ml bisto
250 ml groenvyestroop
Voorverhit die oond tot 160 grade. Maak klein insnydings in die boud
en stop die knoffel en die vye daarin. Los die vleisaftreksel blokkie op
in die kookwater en voeg die rooiwyn en die roosmaryn by. Gooi dit oor
die boud en geur die boud met sout en peper. Bak die boud vir
ongeveer 1 uur 45 minute. Laat die vleis rus vir 10 minute.
Plaas al die bestandele vir die sous in n kastol en kook dit tot dik en
stroperig.

GEVULDE LAMSBOUD
30 ml olyfolie
100 g spek, gekap
1 ui, gekap
1 seldery, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
100 g spinasie, gestoom
125 g varkworsies
1 sny witbrood, korsies verwyder
50 g feta kaas, gekrummel
30 ml vars, gekapte pietersielie
30 ml vars, gekapte kruisement
2 ml gedroogde roosmaryn
10 ml gerasperde suurlemoenskil
1 eier, geklits
2 - 2,5 kg skaapboud, ontbeen
Voorverhit die oond tot 160 grade. Verhit die olie en braai die spek
oor medium hitte vir 2 minute lank, voeg dan die ui, seldery en knoffel
by. Braai vir n verdere 2 minute en voeg die spinasie by. Plaas die
deksel op en verwyder van die hitte. Laat die stoom vir 5 minute
sonder om die deksel te verwyder. Druk die vleis uit die wors. Week
die brood in water en druk die oortollige water uit. Voeg die brood,
kruie en suurlemoenskil by die wors. Geur dit goed met sout en peper.
Sodra die spinasiemengsel n bietjie afgekoel het, roer dit by die wors
mengsel en meng dit deeglik. Rol die boud oop en slaan dit sodat die
boud ongeveer dieselfde dikte is regdeur. Smeer die vulsel eweredig
oor die boud, rol dit op en bind dit vas met kombuistou. Plaas die
boud, met die naat na onder op n oondrak in n oondbak en bak dit vir
ongeveer 2 ure lank. Laat die boud rus vir ongeveer 15 minute voordat
dit gesny word.

TONG IN APPELKOOSSOUS
2 sout beestonge
Wortelskyfies
1 lourierblaar
1 groot ui in skywe gesny
SOUS:
1 groot blik ingelegde appelkose
190ml bruinsuiker
5ml droë mosterd
125ml wit druiwe asyn
3ml sout
1 blokkie beesboeljon
85ml sultanas
Aromat
15ml meel en water om pasta te vorm.
Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en wortels by en
prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit
eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd,
sultanas asyn en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is
voeg 1 boeljonblokkie by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en
roer sodat die sous nie vasbrand nie. Sny tong in skywe en voeg by
sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening. Bedien 10 tot 12 persone.

KWARTELS IN DEEGKOMBERS
4 snye witbrood
75ml witwyn
1 knoffelhuisie, gekneus
4 repies swartwoud ham, fyngesny
gerasperde skil van 'n halwe suurlemoen
sout enpeper na smaak
25ml fyngekapte vars kruie (verskillende soorte)
4 kwartels of piepkuikens
40ml botter
DEEGKOMBERS:
1kg koekmeelblom
ongeveer 400ml water
Voorverhit die oond tot 180C. Sny die korsies van die brood af en
breek die brood in stukkies, plaas in 'n mengbak. Verhit die wyn en
knoffel tot kookpunt en giet oor die brood. Meng deeglik en verkoel.
Voeg die kruie, suurlemoenskil, swartwoudham, sout en peper by. Geur
die holtes van die kwartels met sout en peper en skep die vulsel in die
holtes. Braai die kwartels in botter tot bruin reg-om en halfgaar. Laat
afkoel.
DEEGKOMBERS:
Meng die water bietjies-bietjies by die meel tot 'n elastiese deeg.
Die deeg moet nie taai wees nie. Knie goed en druk in 'n plat sirkel op
die werkoppervlak. Pak die deeg om elke kwartel, maak seker dit is
goed bedek. Maak 2 ventilasiegaatjies aan die agterkant. Bak vir
sowat 35 minute. Kap die deeg stukkend net voor opdiening en skep
die kwartels uit. ( Die deeg word nie geëet nie)

EEND MET LEMOEN
2 kg jong eend
paprika
sout en peper na smaak
SOUS:
6 lemoene
1 suurlemoen
200ml droë witwyn
30ml bruinsuiker
1 hoenderekstrakblokkie
50ml tamatiesous
10ml mielieblom gemeng met 'n bietjie water
Sny alle sigbare vet van vleis af. Geur met paprika, sout en peper.
Braai vir sowat 90 minute by 180C. Bestryk gereeld tydens braaityd.
Sny die skil van 2 lemoene in baie dun repies. Skil ook alle witskil af en
sny huisies tussen vliesies uit. Plaas huisies eenkant. Druk sap uit
orige lemoene en suurlemoen. Maak 'n sous deur skil, lemoen-en
suurlemoensap, wyn, suiker, hoenderekstrak blokkie en tamatiesous in
'n kastrol te plaas en vir 10 minute te laat prut. Verdik met
mielieblom. Voeg lemoenhuisies by en verhit. Verwyder die vel van die
eend voor bediening en skep die sous bo-oor.

GEROOSTERDE PIEPKUIKENS
2 piepkuikens, deur bors en ruggraat gehalveer
SOUS:
30ml tamatiesous
30ml vrugte blatjang
20ml aangemaakte mosterd
10ml worcestersous
5ml sojasous
Voorverhit die oond tot 200C. Verwyder die been van die ruggraat en
sny 2-3 diagonale kepe in die borsgedeelte van die kuikens. Meng
sousbestanddele saam en verf oor die hoenderhelftes. Plaas op die
oondroosterrak. Rooster vir sowat 20-25 minute terwyl gereeld met
sous bedruip word.
Lewer 4 porsies.

LEKKER HOENDER
2 hoenders
MARINADE:
175ml sonneblomolie
125ml blatjang
125ml HP sous
125ml tamatiesous
125ml tamatiesous
125ml Worcestersous
50ml Aromat
25ml knoffelsout
20ml braaivleisspeserye
20ml borrie

5ml piri-piripoeier
5ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie (geskil en gekneus)
Maak die hoenders skoon, sny in porsies en was dit af in koue water.
Droog die porsies af met kombuispapier. Meng die bestanddele vir die
marinade. Gebruik 'n bak met 'n deksel wat goed kan verseël. Pak die
hoenderstukke daarin en bedek elke laag met marinade. Sit die deksel
op, plaas in yskas en laat die porsies ongeveer 12 uur marineer. Draai
dit twee keer in die tyd om. Plaas die porsies met die marinade in 'n
enkele laag in 'n groot oondpan. Bak dit ongeveer 3 uur lank by 100C,
maar hou dit teen die end dop en stel die hitte laer as die marinade te
bruin word

KERSHAM
Kersham word uit die agterboud of skouer van die vark gesny en dan
gepekel en gerook. Die ham kan gekook, gebak of oor die kole
gaargemaak word.
GEKOOK:
Bedek die ham met water en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute
per 500g of totdat vleisvesel maklik afgetrek kan word. Laat effens
afkoel en verwyder die swoerd. Plaas die ham terug in die vloeistof en
laat afkoel. Sny diamantpatrone in die vet. Verglans. (Sien beskrywing)
IN DIE OOND:
Voorverhit die oond tot 160C. Plaas die ham op die rakkie in die
oondpan. Bedek heeltemal met tinfoelie. Bak 15-20 minute per 500g.
Verwyder die foelie en sny die swoerd af. Sny die vetlagie in diagonale
snye sodat diamantvormige blokkies gevorm word.
HOE OM TE VERGLANS:
Meng appelkooskonfyt met 'n bietjie suurlemoensap en voeg
mosterdpoeier by. Smeer die mengsel oor die vetlagie van die vleis en
bak vir 'n halfuur teen 160C of tot goudbruin.

VARKBOUD MET APPELS
2-2.3kg varkboud, ontbeen
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
vars gekapte salie
sout
2 rooi appels
30ml botter
30ml suiker
15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn (cider)
Voorverhit die oond tot 220C. Bind vleis in 'n rol en sny kepies in vel.
Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in
die oond en rooster 10 minute lank. Verlaag hitte na 190C en bak 20
minute per 450g plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in
skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die
suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan
rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en
appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer
meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien
appelwynsous op saam met die varkvleis.

LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE
1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny
125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout
2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100g gesmelte botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker
sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit
'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in
die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van
die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag
uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout
en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit
die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ - 2 uur lank. Draai 1
maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die
foelie en braai 'n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.

OUMA GERRY SE SKAAPBOUD
2½ - 3kg ontbeende skaapboud
sout en peper na smaak
braaivleis spesery (opsioneel)
fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)
½ tot 1 koppie room
Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud
binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met
tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak
toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2
ure toets en sit voor.

HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD
1.5kg varkboud
60ml rosyne
30ml roosmarynblare
vars gemaalde swartpeper na smaak
125ml heuning
sout na smaak
410g(1 blik) heel tamaties
180ml appelwyn of ligte witwyn
Verwyder die vel van die boud. Maak met 'n mes diep kepies in die
vetlagie tot in die vleis. Druk 'n paar rosyne en 'n paar
roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning
oor die vleis. Maak boud toe in foelie en plaas op 'n koel plek, maar nie
in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die
oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met
heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in
'n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis.
Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit
voor saam met die sous.

BEESVLEIS BRAAISTUK
30ml olie
1.5kg beesbraaistuk bv binneboud
2 uie, gekerf
4 koppies biefaftreksel
10ml worcestersous
5ml suiker
2-3ml swartpeper
15ml margarien
2 wortels geskraap, in dik snye
65ml meelblom
45ml tamatiepuree
3ml gemengde kruie
2-3ml sout
Verhit die olie en margarien en braai die beesvleis tot bruin.
Verwyder uit die pan. Plaas die wortels en die uie in die pan, verbruin
en verwyder. Voeg meelblom by en braai tot bruin. Voeg bietjie meer
olie by, as dit nodig is. Voeg aftreksel by en laat kook. Roer puree,
worcestersous, gemengde kruie, suiker, sout en peper in. Sit vleis
terug in pan. Verminder die hitte, sit deksel op en laat prut vir 1½ uur.
Voeg weer die groente by en laat weer prut vir ongeveer 30 minute.

OUMA NANNA SE BEESVLEISPOTBRAAD:
50ml olie
1.3kg binneboudof dikrib, in een stuk.
GEURIGE SOUS:
300ml tamatiesous
300ml water
50ml suurlemoensap
15ml aangemaakte mosterd
'n paar druppels tabascosous
75ml vrugte blatjang
13ml worcestersous
40ml heuning
3 lourierblare
7ml sout
40ml koekmeelblom
50ml pietersielie, fyn gekap
Verhit die olie oor hoë hitte in 'n kastrol. Braai die vleis alkante bruin,
skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige olie uit die kastrol.
Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous, behalwe
die koekmeelblom en pietersielie in 'n kastrol. Klits goed met 'n
draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit
weer opkook, plaas die deksel op en laat dit 1½ uur lank oor lae hitte
prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en toe om. Skep die
vleis uit die sous en sny dit met 'n lang, skerp mes in skywe. Rangskik
die skywe in 'n verhitte , vlak oondbak. Maak die koekmeelblom met 'n
klein bietjie koue water aan in 'n bakkie. Voeg dit by die sous in die
kastrol. Roer dit met 'n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die
sous oor die vleis en garneer met pietersielie.
Lewer 4-6 porsies.

OUMA CORRIE SE SKAAPBOUD
500ml water
1 vleisekstrakblokkie
5ml uievlokkies of 1 ui gekap
10ml sout
7,5ml mosterdpoeier
10ml suiker
5ml swartpeper
7,5ml fyn gemmer
2 knoffelhuisies
2kg skaapboud
25ml meelblom
25ml olie
50ml tamatiesous
25ml worcestersous
25ml blatjang
37,5ml botter of margarien, gesmelt
10ml suiker
5ml asyn
1ml Tabascosous
10ml mielieblom
Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water,
vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur 'n
sif te gooi. Ook 'n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier,
suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die
vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel
in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die beeî in die
vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die
oondpan en plaas die vleis op 'n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis 'n
uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die
olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous
deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,.
Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en
Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met 'n
bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.

APPELKOOS GEGEURDE VARKNEK
1 heel varknek, van ongeveer 750g
botter en olie
vars gemaalde swartpeper, paprika en sout
1 klein ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
375ml hoenderaftreksel
410g appelkoosheltes, gedreineer, behou die sap
3 heel naeltjies
30ml korrel of Dijonmosterd
1 kaneelstokkie
125ml room
Geur varknek met peper en paprika. Verhit botter en olie en braai
vleis weerskante goudbruin. Verwyder vleis en geur met sout. Laat
vleis eenkant. Gooi uie en knoffel in die kastrol en verbruin liggies.
Gebruik 125ml van appelkoossap en voeg dit by aftreksel, mosterd,
naeltjies en kaneel. Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die sous by,
bedek en prut tot vleis sag is. Dit sal ongeveer 'n uur wees, na gelang
van die dikte van die vleis. Verwyder vleis uit die kastrol en hou warm.
Voeg room by en kook vinnig en onbedek tot sous verdik. Voeg
appelkoosheltes by en maak deurwarm. Sny vleis in dik skywe en
rangskik op dienbord. Giet warm sous oor en garneer met ekstra
appelkooshelftes en vars kruie.
Lewer 4-6 porsies.

GEBRAAIDE SPEENVARK
Maak die speenvark goed skoon en weeg dit. Sny vier 7cm lange snye
aan weerskante van die rugstring en ewewydig aan mekaar die die vel
van die speenvark. Plaas dit op 'n rooster in 'n oondpan en smeer die
hele oppervlakte met botter of vet. Sprinkel sout binne-in en bo-oor.
Gooi 500ml kookwater in die pan en bedek die varkie met
vetgesmeerde papier.
(Botterpapier, bruinpapier of aluminium foelie). Sit dit 15 minute lank
in 'n baie warm oond by 240C, verminder dan die hitte na 150C en laat
dit bak tot dit gaar en bruin gebraai is. Bereken die tyd teen 40
minute vir elke 500g. Bedruip die vleis elke 15 minute met die
vloeistof in die pan. Verwyder die papier nadat die vleis 2½ uur lank
gebak het en borsel die oppervlakte met dik room. Dien dit op 'n
groot vleisskottel op met 'n rooi appeltjie in die mond en versier
rondom met aartappelnessies, gevul met appelmoes, en skyfies rooi
appel.

FEESTELIKE FILET MET PORT-EN-KAASBOTTER
6 beesfiletskywe, 25 mm dik
sout en varsgemaalde swartpeper
Port-en-kaasbotter:
150ml botter
250g gerasperde Cheddar-kaas
60 ml gekrummelde Blaauwkrantzkaas
30 ml port
30 ml fyngekapte vars pietersielie
Room botter in voedselverwerker en voeg res van bestanddele
geleidelik by. Skep botter op 'n stuk bladaluminium. Vorm in 'n
rolletjie, draai toe en plaas in vrieskas. Rooster filet in 'n verhitte
roosterpan na smaak: lig gaar 6-8 minute en medium gaar 8-10 minute.
Sny botter in skyfies, plaas bo-op vleis en sit dadelik voor.

VARKBOUD MET APPELS
2-2.3kg varkboud, ontbeen
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
vars gekapte salie
sout
2 rooi appels
30ml botter
30ml suiker
15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn (cider)
1. Voorverhit die oond tot 220C.
2. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel.
3. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud.
4. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank.
5. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10
minute.
6. Ontkern die appels en sny in skywe.
7. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker
by terwyl die appels nog braai.
8. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30
minute baktyd.
9. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van
pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die
appelwyn by.
10. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.

LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE
1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny
125 ml karringmelk
10 ml gegeurde seesout
2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100 g gesmelte botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5 ml suiker
sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit
'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in
die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van
die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag
uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout
en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Plaas die
vleis op die rooster oor matig-warm kole. Braai 15 minute lank tot
mooi bruin. Draai om met 'n braaitang.

VARKBOUD MET PERSKES
410g perskes in stroop
225ml warm water
5ml wonderpeper
2ml fyn kaneel
1ml fyn gemmer
50ml suurlemoensap
100ml sjerrie
2 kg varkboud
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
4 kruienaeltjies
Voorverhit die oond tot 160C. Dreineer die perskehelftes en behou
die stroop. Meng 225ml van die stroop met die warm water en voeg
die wonderpeper, kaneel, gemmer, suurlemoensap en sjerrie by. Hou
eenkant. Vryf die varkboud in met die sout en peper en steekdie
kruienaeltjies in die vleis in. Plaas die varkboud op die roosterrakkie
van die oondroosterpan en gooi die stroopmengsel bo-oor. Oondbraai
dit op die oonrak net onder die middel van die oond en bedruip dit af
en toe met die stroopmengsel. Laat 30 minute per 500g vleis toe, plus
nog 30 minute. Die gaarmaaktyd vir ‘n varkboud van 2kg is dus 2½ uur.
Skep die gaar varkboud uit op ‘n warm dienbord, bedek dit met
tinfoelie en hou dit warm. Voeg die perskehelftes by die vloeistof in
die pan en verhit dit 5-10 minute lank oor matige hitte. Rangskik die
perskehelftes om die varkboud, bedek dit weer en hou dit warm. Voeg
nog water by die vloeistof in die pan, indien nodig, sodat daar 100ml
vloeistof in die pan is .Plaas die pan op ‘n stoofplaat en verhit die
vloeistof oor matige hitte. Skraap alle aanpaksels van die kante en die
boom van die pan los. Verhit die vloeistof tot kookpunt en gooi dit uit
in ‘n souspotjie.

HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD
1.5kg varkboud
60ml rosyne
30ml roosmarynblare
vars gemaalde swartpeper na smaak
125ml heuning
sout na smaak
410g(1 blik) heel tamaties
180ml appelwyn of ligte witwyn
Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die
vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare
in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis.
Maak boud tot in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas
nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot
160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas
boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in ‘n versapper,
voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis . Bak nog 30
minute lank.
Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.

NAGEMAAKTE WILDSBOUD
2kg skaapboud
250g varkspek
5ml kruienaeltjies
20ml koljander, gestamp
20ml bruinsuiker
20ml sout
2.5ml peper
1ml fyn neut
250ml asyn
125ml olie of vet
125ml soetwyn
Vee die vleis met ‘n klam doek af en verwyder die voorbeen. Sny die
spek in lang repies omtrent 6mm dik en 5-7mm lank. Meng al die ander
bestanddele goed saam. Laat die spek in ‘n mengsel van kruie en asyn
lê. Stop die boud daarmee deur diep snye met ‘n mes in die boud te
maak.
Sit die vleis in ‘n diep skottel en gooi die orige asynmengsel daaroor.
Laat dit 2-3 dae lank in die mengsel lê en draai eenmaal om. Haal die
boud uit die asynmengsel, droog dit effens af en braai dit vinnig bruin
in die olie of vet wat intussen warm gemaak is in ‘n groot genoeg
kastrol. Moet nie die deksel opsit nie. Verminder die hitte en laat dit
stadig stoom – ongeveer 2-3 uur. Voeg telkens ‘n bietjies water by
wanneer dit begin braai. Draai die vleis eenmaal om terwyl dit stoom
en laat dit teen die end van die gaarmaakproses bruin braai. Voeg die
soetwyn by 30 minute voordat dit klaar gebraai het. Sorg dat daar
nog ‘n bietjie vloeistof in die braaipot is, wanneer die wyn bygevoeg
word anders sal die sous bitter smaak.

SKAAPBOUD TREFFER
1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)
5 knoffelhuisies (in repe gesny)
12,5ml droë tiemie
500ml karringmelk
12,5ml mielieblom (aangemaak met
1 eier (geklits)
bietjie water)
sout en varsgemaalde swartpeper
Steek gaatjies met 'n skerppuntmes in die boud en druk 'n
knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die
sout en peper in 'n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat
goed afkoel. Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in
die yskas staan. Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die
mengsel, geur goed met sout en swartpeper en plaas bo-op 'n
draadrakkie in 'n groot oondbak. Bak 25 minute lank per 500g plus 20
minute ekstra. Bedruip gereeld met die karringmelk-marinade. Sny in
skywe en dien op

GRIEKSE LAMSBOUD MET JOGURTSOUS
1.5 kg lamsboud
3 knoffelhuisies, gekerf
50ml botter
5ml roosmaryn
3ml tiemie
12.5ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
SOUS:
250ml jogurt
2 knoffelhuisies, gekneus
10ml vars kruisement, gekap
10ml sprietui, gekap
Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in snytjies.
Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas vleis
in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke
500g vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.
Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na smaak.
Sit voor saam met vleis.

SMULLEKKER SKAAPBOUD
500ml water
1 vleisekstrakblokkie
5ml uievlokkies of 1 ui gekap
10ml sout
7,5ml mosterdpoeier
0ml suiker
5ml swartpeper
7,5ml fyn gemmer
2 knoffelhuisies
2kg skaapboud
25ml meelblom
25ml olie
50ml tamatiesous
25ml worcestersous
25ml blatjang
37,5ml botter of margarien, gesmelt
10ml suiker
5ml asyn
1ml Tabascosous
10ml mielieblom
Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water,
vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur ‘n
sif te gooi. Ook ‘n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier,
suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die
vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel
in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die been in die
vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die
oondpan en plaas die vleis op ‘n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis ‘n
uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die
olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous
deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,.
Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en
Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met ‘n
bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.

ROOSMARYN LAMSBOUD
1 lamsboud, sowat 2kg
10ml gedroogde roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper
45ml appeljellie
15ml suurlemoensap
Vee vleis af en plaas op 'n oondrakkie in 'n oondroosterpan met
vetkant na bo. Meng die roosmaryn met sout en peper na smaak. Plaas
appeljellie en suurlemoensap in 'n kastrolletjie, verhit tot gesmelt en
roer tot glad. Verf die vleis oral goed hiermee. Druk die kruiemengsel
vas op die vleis. Rooster vleis sowat 1 uur 45 minute of tot verlangde
graad van gaarheid. Die orige gesmelte appeljellie kan in die helfte
van die gaarmaaktyd versigtig opgeverf word. Laat die vleis 20 minute
staan voordat dit gesny word. Verwyder vleis uit bakskottel
Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke

A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.