|
Ek staan op vir Afrikaans! |
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wees gegroet! Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af. Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af. Wel, hierdie is die laaste brief vir 2012. Baie dankie aan al die intekenare vir julle getroue leserskap, as ek dit so kan noem. Ek wens julle almal 'n geseënde Fees Seisoen toe. As julle gaan reis, wees asseblief versigtig en kom veilig tuis na 'n wondelike vakansie. As julle tuisbly soos ons, geniet elke oomblik met julle gesin. As jy hier regs klik kan jy Peterjasie se Boek gratis aflaai. Jy kan dit gebruik soos jy wil, selfs aan vriende of kollegas stuur as geskenk. Daar is 'n hele spul Kersresepte by die resepte afdeling asook die gewone pasella, 'n eBoek met Allerlei Resepte. Laai maar na hartelus af. Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af. Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za
Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind. Hierdie CD kan ook 'n lekker Kersgeskenk wees! Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Peter Thomas
Die pasella hierdie keer is nog 'n eBoek met Allerlei resepte, regs klik hier om dit gratis af te laai.
Klik hier om die artikel te lees.
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte: Powerball US $86,000,000 Sjoe, dis darem maar groot geld! Ekke is ook op Facebook, kry my by www.facebook.com/Peterjasie
Toemaar
die donker man
Helena Graham
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans.
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier
As jy 'n jaar gelede R1000 se
Nortel aandele gekoop het, sal dit nou R49 werd wees.
Dana Snyman
Die agent sê aan die Boer:
“Meneer, ek soek ’n naamlys van jou werkers en hoeveel jy elkeen van
julle betaal.” Die lollery
met Lollie Waarom behoort
'n vrou te begeer om in haar volgende lewe 'n beerwyfie te wees? Wel,
as jy 'n beerwyfie is, VERWAG jou maat van jou om knorrig te wees as jy
wakker word, om hare op jou bene te hê en om vet aan jou lyf te hê...
'n Dominee
moes een Sondag die diens op 'n verafgeleë plattelandse dorpie lei
en ry toe reeds Saterdagmiddag deur en gaan by een van die ouderlinge
tuis. Sondagoggend toe die gasvrou hom nooi om te kom aansit vir ontbyt
bedank hy daarvoor en sê hy sal liefs nie ontbyt nuttig nie, want hy het
ondervind dat
Olifant en
Kameel ’n Ou omie lê
in die hospitaal, op pad teater toe. ’n Jong, blonde verpleegster
kom ingetrippel met sy mediese verslag in die een hand en ’n bakkie met
skeergoed in die ander hand. 1. Hy het 'n oop
bek soos 'n gaar vis.
Afwesigheidsbriefies 'n Man is op
reis en sy kar breek naby 'n monnikeklooster. Hy gaan na die
monnikeklooster, klop aan die door, en sê, 'My kar het gebreek. Dink
julle ek kan die nag oorbly?' Die monnike nooi hom vriendelik binne, gee
hom kos en maak selfs sy kar reg. Toe die man aan die slaap wil raak,
hoor hy 'n vreemde geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat
die geluid was, maar hulle sê, 'Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n
monnik nie.' 'Hierdie huis,'
sê die eiendomsagent, 'het beide sy goeie punte en sy slegte punte.
Om aan jou te wys dat ek eerlik is, gaan ek openlik daaroor wees. Die
nadele is dat daar is 'n chemiese fabriek een blok suid is, en 'n
abbatoir 'n blok noord.' 'Wat is die voordele?' vra die voornemende
koper. 'Die voordeel is dat jy altyd kan sê in watter rigting die wind
waai.' Koos vat sy
gesin Kaap toe vir 'n vakansie. Die baas se
wiskunde is nie te goed nie en hy vra sy blonde sekretaresse: Die twee ou
skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig
jaar. "Haai, ou Piet, jy lyk goed man.
Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?" vra
Koos. Koos van der
Merwe werk by 'n Dokter Na ons
grassnyer gebreek het en nie meer wou werk nie, het ek aanhoudend by
my man geneul om dit te laat regmaak, maar om een of ander rede het die
versoek nooit by hom ingesink nie. Ek dink toe aan ‘n oulike plan om my
punt te maak. Toe my man daardie middag by die huis kom, kry hy my al
sittende in die lang gras besig om die gras met ‘n naaldwerkskêrtjie af
te knip. Hy het my so ‘n rukkie gestaan en kyk en is toe die huis in. Na
‘n paar minute ‘n Jongman,
wat graag ‘n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop, het sy suster
saamgeneem, om hom te help om die regte persent te koop.
Man hardloop kaal in die bos.
Twee olifante sien hom. Een sê:'
Vir die ou hoesie in die kerk
st se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Faktore by beroepskeuse 'n Beroepskeuse is een van die belangrikste besluite
wat jy in jou lewe sal maak. Die het 'n enorme impak op jou lewe. Dit
bepaal soveel dinge, byvoorbeeld jou inkomste, lewensstyl, geografiese
ligging waar jy woon, jou werksomstandighede, dit bepaal dikwels jou
sosiale kring, en so meer. Die keuse van 'n loopbaan is dus nie 'n besluit wat
sommer ligweg geneem behoort te word nie. Daar is belangrike faktore wat
'n mens in aanmerking moet neem. Ek bespreek kortliks van hierdie
faktore: · Persoonlikheid. Daar is verskillende
soorte persoonlikhede. Neem byvoorbeeld die persoonlikhede van 'n
introvert teenoor 'n ekstrovert. Wanneer jy 'n introvertiese en
teruggetrokke persoonlikheid het mag die loopbaan van 'n toergids dalk
nie inpas by jou geaardheid nie. Daarteenoor sal die beroep van 'n
toergids waarskynlik van nature meer geskik wees vir die ekstrovert.
Dink maar aan die impak van 'n realisitiese teenoor 'n emosioneel
gevoelige geaardheid op 'n persoon se funksionering in 'n bepaalde
beroep. En neem 'n onderdanige geaardheid teenoor 'n selfgeldende
persoonlikheid, of dalk volgeling teenoor leier. Dit is dus belangrik
om te weet of jou persoonlikheid sal inskakel by die aard van 'n
sekere beroep. Anders kan jy dalk ongelukkig en gefrustreerd opeindig
in jou beroep. · Belangstelling. In die vroeër
kinderjare is kinders se belangstelling tot 'n groot mate fluktuerend.
By die ouer kind, gewoonlik rondom agtien jaar, raak die
belangstelling relatief meer konstant en kan dit dus doeltreffend by
beroepskeuse aangewend word. Dit is belangrik om te weet dat
belangstelling nie noodwendig 'n aanduiding van 'n persoon se
intellektuele vermoë of aanlegte gee nie. Jy mag dalk oor die
belangstelling beskik om 'n mediese dokter te word, maar jou
skolastiese punte is te laag hiervoor. 'n Belangrik faktor is om die
wêreld van werk te leer ken. Dikwels is die belangstelling in 'n
beroepsrigting gegrond op die bekende, terwyl die onbekende van 'n
beroep dit inderdaad soms onbemind maak. · Aanleg. Aanleg verwys na die aangebore
sowel as die verworwe potensiële onontwikkelde vermoë om sekere
spesifieke vaardighede of bekwaamhede, deur genoegsame opleiding, aan
te leer en wat daartoe lei dat 'n persoon op 'n bepaalde gebied
presteer (GJ Smit in Psigometrika). Die meting van aanlegte
dien as 'n leidraad by die keuse van 'n toepaslike beroepsveld. Daar
is egter vele aanlegte wat nie met psigometriese toetsing gemeet word
nie, byvoorbeeld handvaardigheid, verbale kommunikasie, kuns- of 'n
sportaanleg. Vakprestasie gee gewoonlik reeds 'n goeie aanduiding van
sommige aanlegte, byvoorbeeld 'n leerling se prestasie in tale behoort
'n aanduiding van haar verbale aanleg te wees. · Skolastiese prestasie. 'n Leerling se
huidige skolastiese prestasie is reeds 'n goeie aanduiding van
toekomstige akademiese prestasie en moontlike beroepsrigtings.
Byvoorbeeld 'n leerling wie 'n gemiddeld van 60% die laaste paar jaar
behaal, sal dit moeilik vind om keuring vir medies te kry. Hiermee
saam is die vakpakket van 'n leerling bepalend vir sekere studie- en
beroepsrigtings. Daarom behoort die vakpakket vir 'n leerling met
groot sorg saamgestel te word. · Intellektuele vermoë. Sekere beroepe
verg 'n sterker intellektuele vermoë. Hoewel skolastiese prestasie
reeds 'n aanduiding hiervan gee, is dit soms nodig om dit psigometries
te toets indien daar onsekerheid bestaan of 'n student die mas sal
opkom in 'n sekere studierigting. Verstandsvermoë kan dus bepalend
wees by die keuse van verdere akademiese studies en by beroepskeuse.
Verstandsvermoë is wel 'n belangrike faktor, maar dit is nie die
enigste faktor vir sukses nie. So speel harde werk en
deursettingsvermoë 'n groot rol om suksesvol in jou beroep te wees. · Motivering. Ek is van mening hierdie aspek word
dikwels onderskat by beroepskeuse. Motivering bepaal tot 'n groot mate
'n student se deursettingsvermoë, werkywer, selfvertroue en om gefokus
te bly op doelwitte. Ek het vele kere al gesien hoedat 'n student, wat
maar gemiddeld op skool presteer het, met harde werk en
pligsgetrouheid groot sukses behaal. Daarteenoor kan gebrekkige
motivering 'n intelligente student verhinder om sy of haar potensiaal
te bereik. · Finansies speel dikwels 'n belangrike
rol. Opleiding aan universiteite en kolleges is duur en wanneer daar
'n gebrek aan geldelike ondersteuning is, kan dit 'n struikelblok in
die pad van verdere studies wees. Begin dus reeds vroeg om aansoek te
doen vir beurse en lenings. Skakel met opleidingsinstansies en maak
seker van die kostes, betalingsmetodes, beurse en so meer. · Blootstelling is 'n belangrike aspek
by beroepskeuse. Wanneer 'n leerling in kontak kom met 'n beroep,
sommige kere deur toeval, kan die belangstelling in daardie
beroepsveld geprikkel word. Beperkte blootstelling kan 'n kind se
kennis en visie verskraal. Daarom is dit nodig om 'n kind reeds van
vroeg bloot te stel aan die wêreld van werk deur besoeke, lees,
gesprekke en werkskadu. Verbreed jou kind se horisonne, want sodoende
stimuleer en verbreed jy haar kennis en visie. · Realiteit van aanvraag vir 'n beroep.
Hierdie is 'n aspek wat in aanmerking geneem behoort te word met 'n
beroepskeuse. Daar is sekere tendense in die politiek, ekonomie en
tegnologie wat die aanvraag na beroepe bepaal. Die vraag na sommige
beroepe mag oorversadig wees, terwyl daar in ander beroepe 'n tekort
aanwesig is. Tegnologiese en wetenskaplike vooruitgang bring nuwe
beroepe tot stand - hier hoef 'n mens net te dink aan die talle nuwe
beroepsrigtings wat onstaan het sedert rekenaars en selfone die lig
gesien het. En natuurlik 'n klomp beroepe wat nie meer bestaansreg het
nie en uit die mark verdwyn het. Bestudeer dus die neigings en
tendense in die wêreld van werk. Bogenoemde aspekte is belangrik wanneer 'n
beroepskeuse oorweeg word. Dit gebeur dat 'n persoon sommer die eerste
beste werk kies, dit sy loopbaan maak, en vir jare daarna ongelukkig en
gefrustreerd in so 'n beroep staan. Deur ondersoek in te stel na
bogenoemde faktore kan 'n meer sinvolle keuse geskied en lei dit na 'n
gelukkige en bevredigende loopbaan.
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
BLITSVINNIGE VRUGTEKOEK
2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie
Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir
3 minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en
kook vir nog 2 minute. Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn
of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is. Plaas
in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat
ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en
strooi met versiersuiker voor bediening.
SPESIALE KERSKOEK
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
100 g pekannneute (250 ml)
75 g amandels (125 ml)
225 g dadels (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glansvrugte (grof gekap, 125 ml)
120 g rooi en groen glanskersies 9200 ML)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
105 g strooisuiker (125 ml)
3 eiers
12.5 ml brandewyn
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele
daaroor. Voeg suiker by en meng goed. Voeg eiers en brandewyn by
en meng weer goed. Skep mengsel in ’n gesmeerde eenbroodpan en
bak in voorverhitte oond van 150ºC oneveer 2 uur 30 minute tot
goudbruin en gaar.
LIGTE VRUGTEKOEK
250 g botter (270 ml)
250 g strooisuiker (300 ml)
2 ml vanieljegeursel
knypie sout
12.5 ml rum
6 eiers
350 g koekmeelblom (730 ml)
5 ml bakpoeier
400 g sultanas (665 ml)
50 g gemaalde amandels (85 ml)
100 g versuikerde lemoenskil
100 g gepelde amandels (gehalveer, 65 ml)
Voer ‘n 230 mm ronde koekpan met vetpapier uit. Verhit oond tot
150ºC. Klits strooisuiker, botter, vanieljegeursel, sout en rum tot lig
en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke
byvoeging. Indien mengsel skif, voeg 12.5 ml meelblom by. Sif
meelblom en bakpoeier en meng. Voeg sultanas, gemaalde amandels
en gekapte skil by. Vou meelblommengsel liggies in romerige mengsel
in. Giet in voorbereide koekpan, rangskik amandels bo op en bak in
voorverhitte oond vir 4 uur 30 minute. Toets met ’n vleispen of koek
gaar is. Laat koek vir 15 minute in pan afkoel en keer dan uit.
BRANDEWYNKERSKOEK
225 g koekmeelblom (465 ml)
knypie sout
3 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde neut
450 g sultanas (750 ml)
350 g rosyntjies (580 ml)
225 g glanskersies (375 ml)
100 g gepelde amandels (gesnipper, 165 ml)
60 g versuikerde skil
gerasperde skil van ’n halwe suurlemoen of lemoen
180 g botter (195 ml)
180 g donkerbruin suiker (225 ml)
4 eiers, geklits
25 ml brandewyn of sjerrie
50 ml brandewyn
Sif koekmeelblom, sout en speserye goed saam en plaas eenkant.
Plaas sultanas, rosyntjies, glanskersies, amandels, versuikerde en
gerasperde skil in mengbak en meng liggies. Plaas eenkant.
Klop botter tot romerig, voeg suiker by en klop tot lig en goed
gemeng. Voeg geklitste eiers bietjiesgewys by en klop goed na elke
byvoeging. Voeg gesifte koekmeelblommengsel geleidelik by en
meng. Voeg vrugtemengsel en brandewyn by en meng. Skep mengsel
in voorbereide koekpan en bak in voorverhitte oond van 160ºC vir 2
uur. Verlaag temperatuur tot 150ºC en bak nog 1¼ uur. Haar uit
oond, giet brandewyn oor en laat effens afkoel in pan voor dit
uitgekeer word.
LIGTE KERSKOEK
200 g koekmeelblom (420 ml)
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
200 g botter (215 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
6 eiers
50 ml brandewyn of sjerrie
100 g glanskersies (165 ml gekap)
50 g gemmerkonfyt (gekap)
50 g okkerneute (125 ml)
200 g korente (330 ml)
200 g sultanas (330 ml)
150 g'pitlose rosyntjies (250 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
Sif meelblom, sout en speserye. Klits botter en suiker tot lig en
romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg brandewyn of sjerrie by en klits goed. Voeg gekapte vrugte,
neute, skil en gesifte meelblom by. Giet mengsel in gevoerde
koekpan en bak in 'n voorverhitte oond van 160 grade C vir 45
minute. Verlaag hitte tot 150 grade C en bak 1 uur. Verlaag hitte
verder tot 140 grade C en bak nog 1 uur tot gaar. Laat in pan afkoel.
SJERRIEKERSKOEK
100 g okkerneute (250 ml)
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
75 g amandels (125 ml) '
225 g pitlose pruimedante (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glanspynappel (125 ml)
120 g glanskersies (200 ml)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
100 g bruin suiker (125 ml)
3 eiers
12,5 ml sjerrie
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele
daaroor. Voeg suiker by en klits goed. Voeg eiers en sjerrie by en
meng goed. Skep mengsel in 'n gevoerde eenbroodpan. Bak in 'n
voorverhitte oond van 150 grade C vir 2 uur 30 minute tot gaar.
Laat koek in pan afkoel en keer dan uit.
OUMA SE VRUGTEKOEK
75 g ontpitte pruimedante (125 ml)
75 g droëvye (125 ml)
175 g droëpere
50 g rosyntjies (85 ml)
50 g korente (85 ml)
50 g gekapte, gemengde ski!
300 ml warm, swart tee
50 g suiker (60 ml)
3 ml gemaalde kaneel
knypie elk wonderpeper, sout en gemmer
25 ml rum
25 ml suurlemoensap
200 g koekmeelblom (415 ml)
50 g haselneute (fyn gekap)
50 g okkemeute (fyn gekap)
Suurseldeeg
25 ml melk
50 ml water
5 ml olie
5 ml droë gis
25 ml warm water
5 ml strooisuiker
10 ml sout
50 g koekmeelblom (100 ml)
50 g broodmeel (100 ml)
Versiering
25 g gepelde amandels (gehalveer)
glanskersies
engelwortel
Maak eers suurseldeeg. Meng melk,50 ml water en olie in 'n kastrol
en
verhit tot kookpunt. Laat afkoel. Meng gis met 25 ml warm water en
voeg suiker by. Laat staan vir 5 minute. Voeg by melkmengsel en
roer sout by. Voeg hierdie mengsel by brood-enkoekmeelblommengsel
en klits goed.
Bedek en laat staan vir 12-18 uur.
Kap pruimedante, pere en vye. Plaas in 'n mengbak saam met
rosyntjies, korente en gemengde skil en giet tee oor. Bedek en laat
oornag staan.
Voeg suiker, speserye, sout, rum en suurlemoensap by vrugte. Klits
alle bestanddele goed saam, bedek en laat staan vir nog 30 minute.
Voeg vrugtemengsel by suurseldeeg saam met gesifte meelblom en
neute. Meng alles goed saam en plaas in 'n gesmeerde koekpan (200
mm). Versier met amandels, kersies en engelwortel. Bak in 'n
voorverhitte oond van
180 grade C vir 1 uur 10 minute.
RYK, GEKOOKTE VRUGTEKOEK
1.2 kg gemengde droëvrugte
25 ml gouestroop
40 ml brandewyn, sjerrie of rum
187 ml water
250 g botter (270 ml)
265 g bruinsuiker (330 ml)
5 eiers
300 g koekmeelblom (625 ml)
70 g bruismeel (125 ml)
2 ml sout
10 ml gemengde speserye
2 ml gemaalde kaneel
2 ml gemaalde neut
Plaas gemengde vrugte, gouestroop, rum, sjerrie of brandewyn en
water in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt. Giet in ’n bak en laat oornag
staan.
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir
een by en klits goed na elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam
en sif dan oor kokende vrugtemengsel. Meng goed. Roer
bottermengsel by. Skep in gevoerde 230-mm ronde koekpan en ban
in voorverhitte oond van 150ºC vir 3 uur 45 minute.
KITS VRUGTEKOEK
150 g botter
1 bottel droëvrugtevulsel
150 g sagte bruin suiker (187.5 ml)
250 g bruismeel (450 ml)
2 groot eiers
Smelt botter in kastrol en roer die res van die bestanddele daarby.
Meng goed. Skep in gesmeerde, gevoerde koekpan en bak in oond
van 160ºC vir 1 tot 1¼ uur of tot gaar.. Haar uit oond, laat effens
afkoel en keer uit. Laat goed koud word en bewaar in lugdigte houer
tot benodig
AMARULA SJOKOLADEKOEK
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Stel oond op 180 grade Celsius.
Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng
deeglik.
Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen
skoon uitkom.
Stroop:
. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en
voeg Amarula by. Roer goed. .
Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop
oor.
Versier:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk
en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit
belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.
KERSBROOD
400 g droëpere
300 g pruimedante (500 ml)
400 g droëvye (665 ml)
150 g okkerneute (375 ml)
100 g rosyntjies (165 ml)
125 g sultanas (210 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
15 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde naeltjies
5 ml wonderpeper
3 ml sout
25 ml rum
1 kg koekmeelblom
40 g geperste suurdeeg
Brooddeeg
900g broodmeel
150 ml warm melk
25 g geperste suurdeeg
10 ml strooisuiker
5 ml sout
25 g gesmelte botter
12,5 ml olie
Week pere en pruimedante in 900 ml water. Sit deksel op en kook
tot sag. Dreineer en hou vloeistof. Ontpit pruimedante en kap pere,
vye en okkerneute. Voeg rosyntjies, sultanas, gemengde skil, suiker,
speserye,
sout en rum by en bedek.
Klits 300 ml van warm water en 50 g van broodmeel saam om
meeldeeg te vorm. Bedek en laat staan vir 1 uur 30 minute.
Voeg dan warm melk by en klits goed. Meng suurdeeg, 150 ml warm
water en suiker en laat staan vir 10 minute. Voeg by meeldeeg. Voeg
sout, botter en olie by. Meng res van broodmeel by. Bedek en laat
staan tot uitgerys.
Sit koekmeelblom in 'n groot bak en maak 'n holte in middel. Klits
40 g suurdeeg met 400 ml koue vrugtevloeistof en suiker en giet dit
in meelholte. Strooi 'n bietjie meelblom oor en laat staan tot
skuimerig.
Voeg vrugte-enneutemengsel by en klits tot 'n deeg gevorm word.
Laat staan vir 15 minute. Verdeel vrugtedeeg in vier ovaal brode.
Verdeel brooddeeg in vier en rol elke deel uit tot 'n groot ovaal
gevorm is.
Plaas vrugtebrood op uitgerolde deeg. Bestryk vrugtebrood met
water en draai in brooddeeg toe. Plaas op 'n gesmeerde bakplaat en
verf met water. Laat staan vir 15 minute. Bak in voorverhitte oond
van 190 grade C vir 1 uur en 20 minute.
. Hierdie gereg is nie geskik om lank te hou nie. Eet dit binne 'n
week nadat dit gebak is
OUTYDSE KONFYTKOEKIES
5 K Meel
2 t koeksoda
2 k suiker
2 t kremetart
¾ k melk
2 eiers
125 g margarien
sout
910 g Appelkoos of Perske Konfyt
1. Klop botter en suiker tot room
2. Roer eiers in
3. Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by
4. Voeg res van bestanddele by
5. Rol dun uit
6. Druk met wynglas sirkels uit
7. Meng die konfyt met 'n bietjie MAZIENA dit help dat die konfyt
nie uitkook as dit gebak word)
8. Plaas konfyt op deeg. Sit nog 'n deegsirkel bo-op, druk vas met
vingers in die rondte
9. Bak 10 min op 180º C of tot mooi bruin
KOFFIEKOEKIES
8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.
Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda
met bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak
aan tot stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond
200ºC. Sit 2 - 2 opmekaar met konfyt.
KONDENSMELK KOEKIES
12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper
Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg
stroop en melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of
tartar bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 200ºC tot gaar.
BOERE SOETKOEKIES
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers
by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met
drukkertjies. Bak in oond 200°C tot ligbruin.
LEKKER SOETKOEKIES
2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda
Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan.
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue
stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles
bymekaar en werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).
OUMA SE GEMMERKOEKIES
(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk
Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by
en roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens
afkoel. Klits eiers en roer by botter mengsel. Sif droë bestanddele
saam en voeg beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed.
Bedek met kleefplastiek en plaas minstens 1 uur lank in yskas.
Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens
met vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute
lank lot
goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor.
OBLIETJIES
500 g bruinsuiker (625 ml)
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml droë nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom (4x250 ml)
Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en
nartjieskil by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte
meelblom by en meng tot stewige deeg.
Indien nodig voeg meer meel by.
Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak
sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik
op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel op
roomhorinkievorms. Vul met styf geklopte gegeurde room en sit voor.
JAN SMUTS-KOEKIES
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924
en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika
was. Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die
koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl
hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies
gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met
kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of
margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn
gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng
tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk
sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes
van die kolwyntjie
panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by
en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die
eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol
vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.
KORENTEKOEKIES
Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek
130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir
een by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en
voeg beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente
daarby in. Klits eierwitte en
kremetart saam tot stYf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde
kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25
minute lank tot gaar.
GEMMERKOEKIES
185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die
eiers een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker booor
en meng net tot die mengsel nat is. Sif dro• bestandele en voeg by
die die stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies
en bak 10 – 12 minute by 180• C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn. Ek
voeg maar altyd • bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n
regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer
word.
Vleisgeregte
BEESTONG MET MOSTERDSOUS
1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies
Sous
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen
Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag.
Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny
in skywe en pak in 'n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C. Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en
voeg die res - buiten die broodkrummels - by. Kook stadig deur oor lae
hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels
oor. Bak 25 - 30 minute.
Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae
hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros slaai.
VINGER-LEK-LEKKER HOENDER
6 – 8 hoenderstukke
6 ml paprika
5 ml Aromat
5 ml hoenderspeserye
5 ml sout
3 ml vars gemaalde swartpeper
30 ml asyn
1 ui (in ringe gesny) & losgemaak
1 blikkie creamed mushrooms
1 pakkie cream of tomato sop
500 ml warm water
gevriesde groente (so twee hande vol)
Stel die oond op 180 •C.
Plaas die hoenderstukke in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Meng die Aromat, hoenderspeserye, sout en peper saam en strooi booor
die hoender.
Sprinkel nou die asyn oor.
Plaas die uie-ringe nou bo-oor en volg daarna met die gemengde
groente.
Skep dan die creamed mushrooms bo-oor.
Los die soppoeier nou op in die 500 ml water en skep bo-oor die
hoender.
Bedek bak en bak vir 2 ½ ure lank tot gaar.
BIEF-EN-VARKWORSKASSEROL. (4-6 Porsies)
600g stowebeesvleis.
150g klein varkworsies.
25ml olie.
1 ui. 3 selderystingels.
1 appel.
25g meelblom.
250ml biefaftreksel.
250ml sider.
6-8 naeltjies.
3 suurlemoenblare( of vars lourierblare)
12,5ml gekapte pietersielie.
Verwyder vet van vleis en sny in blokkies.Sny worsies in twee.Verhit
olie en braai vleis en worsies bruin.Skil en sny uie in skywe.Kap seldery,
Ontkern appel en sny in skywe.Sprinkel meel oor vleis en roer goed.
Giet aftreksel en sider oor en voeg seldery, uie, appel,
naeltjies,suurlemoenblare en smaakmiddels by. Plaas in kasserol met
deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot sag.Garneer met
pietersielie.
GESMOORDE BEESSTERT
1 beesstert, opgesny.
olie vir braai.
2 uie, in skywe gesny.
2 wortels, geskraap en in kwarte gesny.
3 selderystingels, in 5 cm.- stukke gesny.
15 ml. koekmeelblom.
500 ml. vleisaftreksel.
bouquet garni.
sout en peper na smaak.
Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante.
Skep uit en hou eenkant. Braai uie, wortels en selderye in dieselfde
kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat
opkook. Geur met kruie en geurmiddels. ( bouet garni ) Skep
groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas
styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in
voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is. Verwyder
bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op,
saam met stampmielies of rys.
Let wel:
As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag
gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder.
Verhit goed voor opdiening.
Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie
toegebind en voor opdiening verwyder word.
VLEISROL
4 eiers geskei
1 ml peper
50 g meel
2 ml sout
50 g suiker
15 ml pietersielie
Klop wit van eiers styf. Klop geel tot romerig. Voeg bestanddele by
die wit van die eiers in die volgende volgorde:
Sout, geel van eier, meel, pietersielie. Smeer pan ("swissroll") en voer
uit met waspapier wat gesmeer is. Smeer die deegmengsel in pan en
bak vir 8 minute by 200C. Gooi uit op waspapier wat met fyngekapte
pietersielie bestrooi is, en rol liggies op voor koud.
VULSEL
1 blik vleis
250 ml gerasperde cheddar
100 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
150 ml fyn uie of seldery
100 ml margarien
100 ml blatjang
Roer alles goed deurmekaar en smeer binne in rol en rol weer op
LAMSBOUD
1 lamsboud, ± 2 kg-
Sout en peper
klein bossie vars roosmaryn
5 cm vars gemmerwortel, gerasper
1 knoffeltoontjie, fyngedruk
2 eetlepels heuning
Voorverhit die oond tot 160ºC. Geur die lamsboud met sout en peper.
Maak 15 snytjies oor die boud. Steek takkies roosmaryn in die
snytjies. Meng die gemmer, knoffel en heuning tot ´n pasta en smeer
oor die vleis. Plaas boud op ´n oondrakkie wat oor ´n oondbraaipan
pas. Oondbraai vir 30 minute en draai die boud om en oondbraai vir
nog 1½ uur tot goudbruin. Die vleissappe moet helder wees as ´n
toetspen ingesteek word.
SPRINGBOKBOUD
1 springbokboud -± 2kg
250g varkspek
15ml olie
Marinade
5 ml fyn naeltjies
15ml koljander
2ml neut
3ml vars gemaalde peper
10ml sout
10ml bruinsuiker
250ml Port
Stop boud met spek (vries Spek). Meng al die bestandele van die
marinade. Gooi oor boud en los in yskas vir 2 tot 3 dae. Haal uit
marinade en druk droog. Braai boud in olie, in swaarboomkastrol tot
bruin. Voeg marinade by en kook tot sag.
KORSLOSE KAAS- EN HOENDERTERT
Botter vir smeer
4 grt aartappels
3 eiers, geklits
grasuie
pietersielie
basiliekruid
1 k gerasperde sterk kaas
2 k fyn, gaar hoender
2 E mayonnaise
1 E tamatiepuree
½ k room
swartpeper
Voer ‘n losboompan met aluminiumfoelie en smeer met botter
Kook die aartappels tot halfgaar en rasper.
Voorverhit die oond tot 180°C/350°F.
Meng die aartappels met die eiers, grasuie, kruie en helfte van die
kaas.
Smeer helfte van die mengsel oor die pan se boom.
Meng die fyn hoender met die mayonnaise, tamatiepuree, room en
bietjie peper. Smeer oor die mengsel in die pan.
Bedek met die res van die aartappelmengsel en sprinkle die orige kaas
oor.
Bak 1 uur in die oond.
Bedien warm of koud.
KRUIE VARK LENDESKYF
510 g vark lendeskyf
5 lourierblare
5 takkies tiemie
5 takkies roosmaryn
4 uie, in kwarte gesny
4 knoffelhuisies, gehalveer
30 ml olie
125 ml witwyn
190 ml hoenderaftreksel
Geur die vark met sout. Bedek die vleis met die loerierblare, tiemie en
roosmaryn en bind dit met kombuistou vas. Verhit die olie, voeg die
vleis, uie en knoffel by en verbruin. Voeg die wyn en die aftreksel by
en bring dit tot kookpunt. Bak dit in n voorverhitte oond van 200
Grade vir 25 minute. Draai die vleis toe in foelie en laat dit rus vir 4
minute. Bring die kook sous tot kookpunt en geur met sout en peper.
VARKNEK MET SJERRIESOUS
Vryf sout en fyn gemmer in die varknek in. Braai varknek in botter en
olie tot bruin. Plaas in foelie met 8 halwe uitjies en bak in oond @ 200
grade vir ongeveer 1 en 1/2f tot 2 uur. Sjerriesous: 2 uie gekap 1/2
teelepel fyn vars knoffel Sorteer in botter Voeg 15ml koekmeel by en
roer Voeg 250ml (1k) sjerrie by Voeg 250ml (1k) hoenderaftreksel by
Voeg 20ml tamatiepuree by Voeg 2ml sout en 1ml vars gemaalde peper
by Voeg 10ml suurlemoensap by Voeg ongeveer 10 ontpitte, klein
gesnyde pruimedante by Laat prut Voeg al die sous en uitjies van vleis
by die sjerriesous en laat goed deurkook Haal van stoof af en voeg
100ml room by Roer deur. Gooi oor gesnyde varknek Graneer met vars
kruie Sit dadelik voor
LAMSBOUD MET GROENVYE EN ROOIWYN
1 lamsboud, ongeveer 1,5 kg
5 knoffelhuisies, skoongemaak
3 - 4 groenvye in stroop, in klein sstukkies gesny
1 blokkie beesvleisaftreksel
250 ml kookwater
500 ml rooiwyn
15 ml vars roosmaryn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sous
500 ml pansappe van die boud
54 ml bisto
250 ml groenvyestroop
Voorverhit die oond tot 160 grade. Maak klein insnydings in die boud
en stop die knoffel en die vye daarin. Los die vleisaftreksel blokkie op
in die kookwater en voeg die rooiwyn en die roosmaryn by. Gooi dit oor
die boud en geur die boud met sout en peper. Bak die boud vir
ongeveer 1 uur 45 minute. Laat die vleis rus vir 10 minute.
Plaas al die bestandele vir die sous in n kastol en kook dit tot dik en
stroperig.
GEVULDE LAMSBOUD
30 ml olyfolie
100 g spek, gekap
1 ui, gekap
1 seldery, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
100 g spinasie, gestoom
125 g varkworsies
1 sny witbrood, korsies verwyder
50 g feta kaas, gekrummel
30 ml vars, gekapte pietersielie
30 ml vars, gekapte kruisement
2 ml gedroogde roosmaryn
10 ml gerasperde suurlemoenskil
1 eier, geklits
2 - 2,5 kg skaapboud, ontbeen
Voorverhit die oond tot 160 grade. Verhit die olie en braai die spek
oor medium hitte vir 2 minute lank, voeg dan die ui, seldery en knoffel
by. Braai vir n verdere 2 minute en voeg die spinasie by. Plaas die
deksel op en verwyder van die hitte. Laat die stoom vir 5 minute
sonder om die deksel te verwyder. Druk die vleis uit die wors. Week
die brood in water en druk die oortollige water uit. Voeg die brood,
kruie en suurlemoenskil by die wors. Geur dit goed met sout en peper.
Sodra die spinasiemengsel n bietjie afgekoel het, roer dit by die wors
mengsel en meng dit deeglik. Rol die boud oop en slaan dit sodat die
boud ongeveer dieselfde dikte is regdeur. Smeer die vulsel eweredig
oor die boud, rol dit op en bind dit vas met kombuistou. Plaas die
boud, met die naat na onder op n oondrak in n oondbak en bak dit vir
ongeveer 2 ure lank. Laat die boud rus vir ongeveer 15 minute voordat
dit gesny word.
TONG IN APPELKOOSSOUS
2 sout beestonge
Wortelskyfies
1 lourierblaar
1 groot ui in skywe gesny
SOUS:
1 groot blik ingelegde appelkose
190ml bruinsuiker
5ml droë mosterd
125ml wit druiwe asyn
3ml sout
1 blokkie beesboeljon
85ml sultanas
Aromat
15ml meel en water om pasta te vorm.
Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en wortels by en
prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit
eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd,
sultanas asyn en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is
voeg 1 boeljonblokkie by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en
roer sodat die sous nie vasbrand nie. Sny tong in skywe en voeg by
sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening. Bedien 10 tot 12 persone.
KWARTELS IN DEEGKOMBERS
4 snye witbrood
75ml witwyn
1 knoffelhuisie, gekneus
4 repies swartwoud ham, fyngesny
gerasperde skil van 'n halwe suurlemoen
sout enpeper na smaak
25ml fyngekapte vars kruie (verskillende soorte)
4 kwartels of piepkuikens
40ml botter
DEEGKOMBERS:
1kg koekmeelblom
ongeveer 400ml water
Voorverhit die oond tot 180C. Sny die korsies van die brood af en
breek die brood in stukkies, plaas in 'n mengbak. Verhit die wyn en
knoffel tot kookpunt en giet oor die brood. Meng deeglik en verkoel.
Voeg die kruie, suurlemoenskil, swartwoudham, sout en peper by. Geur
die holtes van die kwartels met sout en peper en skep die vulsel in die
holtes. Braai die kwartels in botter tot bruin reg-om en halfgaar. Laat
afkoel.
DEEGKOMBERS:
Meng die water bietjies-bietjies by die meel tot 'n elastiese deeg.
Die deeg moet nie taai wees nie. Knie goed en druk in 'n plat sirkel op
die werkoppervlak. Pak die deeg om elke kwartel, maak seker dit is
goed bedek. Maak 2 ventilasiegaatjies aan die agterkant. Bak vir
sowat 35 minute. Kap die deeg stukkend net voor opdiening en skep
die kwartels uit. ( Die deeg word nie geëet nie)
EEND MET LEMOEN
2 kg jong eend
paprika
sout en peper na smaak
SOUS:
6 lemoene
1 suurlemoen
200ml droë witwyn
30ml bruinsuiker
1 hoenderekstrakblokkie
50ml tamatiesous
10ml mielieblom gemeng met 'n bietjie water
Sny alle sigbare vet van vleis af. Geur met paprika, sout en peper.
Braai vir sowat 90 minute by 180C. Bestryk gereeld tydens braaityd.
Sny die skil van 2 lemoene in baie dun repies. Skil ook alle witskil af en
sny huisies tussen vliesies uit. Plaas huisies eenkant. Druk sap uit
orige lemoene en suurlemoen. Maak 'n sous deur skil, lemoen-en
suurlemoensap, wyn, suiker, hoenderekstrak blokkie en tamatiesous in
'n kastrol te plaas en vir 10 minute te laat prut. Verdik met
mielieblom. Voeg lemoenhuisies by en verhit. Verwyder die vel van die
eend voor bediening en skep die sous bo-oor.
GEROOSTERDE PIEPKUIKENS
2 piepkuikens, deur bors en ruggraat gehalveer
SOUS:
30ml tamatiesous
30ml vrugte blatjang
20ml aangemaakte mosterd
10ml worcestersous
5ml sojasous
Voorverhit die oond tot 200C. Verwyder die been van die ruggraat en
sny 2-3 diagonale kepe in die borsgedeelte van die kuikens. Meng
sousbestanddele saam en verf oor die hoenderhelftes. Plaas op die
oondroosterrak. Rooster vir sowat 20-25 minute terwyl gereeld met
sous bedruip word.
Lewer 4 porsies.
LEKKER HOENDER
2 hoenders
MARINADE:
175ml sonneblomolie
125ml blatjang
125ml HP sous
125ml tamatiesous
125ml tamatiesous
125ml Worcestersous
50ml Aromat
25ml knoffelsout
20ml braaivleisspeserye
20ml borrie
5ml piri-piripoeier
5ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie (geskil en gekneus)
Maak die hoenders skoon, sny in porsies en was dit af in koue water.
Droog die porsies af met kombuispapier. Meng die bestanddele vir die
marinade. Gebruik 'n bak met 'n deksel wat goed kan verseël. Pak die
hoenderstukke daarin en bedek elke laag met marinade. Sit die deksel
op, plaas in yskas en laat die porsies ongeveer 12 uur marineer. Draai
dit twee keer in die tyd om. Plaas die porsies met die marinade in 'n
enkele laag in 'n groot oondpan. Bak dit ongeveer 3 uur lank by 100C,
maar hou dit teen die end dop en stel die hitte laer as die marinade te
bruin word
KERSHAM
Kersham word uit die agterboud of skouer van die vark gesny en dan
gepekel en gerook. Die ham kan gekook, gebak of oor die kole
gaargemaak word.
GEKOOK:
Bedek die ham met water en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute
per 500g of totdat vleisvesel maklik afgetrek kan word. Laat effens
afkoel en verwyder die swoerd. Plaas die ham terug in die vloeistof en
laat afkoel. Sny diamantpatrone in die vet. Verglans. (Sien beskrywing)
IN DIE OOND:
Voorverhit die oond tot 160C. Plaas die ham op die rakkie in die
oondpan. Bedek heeltemal met tinfoelie. Bak 15-20 minute per 500g.
Verwyder die foelie en sny die swoerd af. Sny die vetlagie in diagonale
snye sodat diamantvormige blokkies gevorm word.
HOE OM TE VERGLANS:
Meng appelkooskonfyt met 'n bietjie suurlemoensap en voeg
mosterdpoeier by. Smeer die mengsel oor die vetlagie van die vleis en
bak vir 'n halfuur teen 160C of tot goudbruin.
VARKBOUD MET APPELS
2-2.3kg varkboud, ontbeen
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
vars gekapte salie
sout
2 rooi appels
30ml botter
30ml suiker
15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn (cider)
Voorverhit die oond tot 220C. Bind vleis in 'n rol en sny kepies in vel.
Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in
die oond en rooster 10 minute lank. Verlaag hitte na 190C en bak 20
minute per 450g plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in
skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die
suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan
rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en
appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer
meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien
appelwynsous op saam met die varkvleis.
LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE
1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny
125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout
2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100g gesmelte botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker
sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit
'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in
die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van
die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag
uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout
en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit
die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ - 2 uur lank. Draai 1
maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die
foelie en braai 'n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.
OUMA GERRY SE SKAAPBOUD
2½ - 3kg ontbeende skaapboud
sout en peper na smaak
braaivleis spesery (opsioneel)
fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)
½ tot 1 koppie room
Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud
binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met
tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak
toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2
ure toets en sit voor.
HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD
1.5kg varkboud
60ml rosyne
30ml roosmarynblare
vars gemaalde swartpeper na smaak
125ml heuning
sout na smaak
410g(1 blik) heel tamaties
180ml appelwyn of ligte witwyn
Verwyder die vel van die boud. Maak met 'n mes diep kepies in die
vetlagie tot in die vleis. Druk 'n paar rosyne en 'n paar
roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning
oor die vleis. Maak boud toe in foelie en plaas op 'n koel plek, maar nie
in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die
oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met
heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in
'n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis.
Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit
voor saam met die sous.
BEESVLEIS BRAAISTUK
30ml olie
1.5kg beesbraaistuk bv binneboud
2 uie, gekerf
4 koppies biefaftreksel
10ml worcestersous
5ml suiker
2-3ml swartpeper
15ml margarien
2 wortels geskraap, in dik snye
65ml meelblom
45ml tamatiepuree
3ml gemengde kruie
2-3ml sout
Verhit die olie en margarien en braai die beesvleis tot bruin.
Verwyder uit die pan. Plaas die wortels en die uie in die pan, verbruin
en verwyder. Voeg meelblom by en braai tot bruin. Voeg bietjie meer
olie by, as dit nodig is. Voeg aftreksel by en laat kook. Roer puree,
worcestersous, gemengde kruie, suiker, sout en peper in. Sit vleis
terug in pan. Verminder die hitte, sit deksel op en laat prut vir 1½ uur.
Voeg weer die groente by en laat weer prut vir ongeveer 30 minute.
OUMA NANNA SE BEESVLEISPOTBRAAD:
50ml olie
1.3kg binneboudof dikrib, in een stuk.
GEURIGE SOUS:
300ml tamatiesous
300ml water
50ml suurlemoensap
15ml aangemaakte mosterd
'n paar druppels tabascosous
75ml vrugte blatjang
13ml worcestersous
40ml heuning
3 lourierblare
7ml sout
40ml koekmeelblom
50ml pietersielie, fyn gekap
Verhit die olie oor hoë hitte in 'n kastrol. Braai die vleis alkante bruin,
skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige olie uit die kastrol.
Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous, behalwe
die koekmeelblom en pietersielie in 'n kastrol. Klits goed met 'n
draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit
weer opkook, plaas die deksel op en laat dit 1½ uur lank oor lae hitte
prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en toe om. Skep die
vleis uit die sous en sny dit met 'n lang, skerp mes in skywe. Rangskik
die skywe in 'n verhitte , vlak oondbak. Maak die koekmeelblom met 'n
klein bietjie koue water aan in 'n bakkie. Voeg dit by die sous in die
kastrol. Roer dit met 'n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die
sous oor die vleis en garneer met pietersielie.
Lewer 4-6 porsies.
OUMA CORRIE SE SKAAPBOUD
500ml water
1 vleisekstrakblokkie
5ml uievlokkies of 1 ui gekap
10ml sout
7,5ml mosterdpoeier
10ml suiker
5ml swartpeper
7,5ml fyn gemmer
2 knoffelhuisies
2kg skaapboud
25ml meelblom
25ml olie
50ml tamatiesous
25ml worcestersous
25ml blatjang
37,5ml botter of margarien, gesmelt
10ml suiker
5ml asyn
1ml Tabascosous
10ml mielieblom
Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water,
vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur 'n
sif te gooi. Ook 'n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier,
suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die
vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel
in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die beeî in die
vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die
oondpan en plaas die vleis op 'n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis 'n
uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die
olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous
deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,.
Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en
Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met 'n
bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.
APPELKOOS GEGEURDE VARKNEK
1 heel varknek, van ongeveer 750g
botter en olie
vars gemaalde swartpeper, paprika en sout
1 klein ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
375ml hoenderaftreksel
410g appelkoosheltes, gedreineer, behou die sap
3 heel naeltjies
30ml korrel of Dijonmosterd
1 kaneelstokkie
125ml room
Geur varknek met peper en paprika. Verhit botter en olie en braai
vleis weerskante goudbruin. Verwyder vleis en geur met sout. Laat
vleis eenkant. Gooi uie en knoffel in die kastrol en verbruin liggies.
Gebruik 125ml van appelkoossap en voeg dit by aftreksel, mosterd,
naeltjies en kaneel. Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die sous by,
bedek en prut tot vleis sag is. Dit sal ongeveer 'n uur wees, na gelang
van die dikte van die vleis. Verwyder vleis uit die kastrol en hou warm.
Voeg room by en kook vinnig en onbedek tot sous verdik. Voeg
appelkoosheltes by en maak deurwarm. Sny vleis in dik skywe en
rangskik op dienbord. Giet warm sous oor en garneer met ekstra
appelkooshelftes en vars kruie.
Lewer 4-6 porsies.
GEBRAAIDE SPEENVARK
Maak die speenvark goed skoon en weeg dit. Sny vier 7cm lange snye
aan weerskante van die rugstring en ewewydig aan mekaar die die vel
van die speenvark. Plaas dit op 'n rooster in 'n oondpan en smeer die
hele oppervlakte met botter of vet. Sprinkel sout binne-in en bo-oor.
Gooi 500ml kookwater in die pan en bedek die varkie met
vetgesmeerde papier.
(Botterpapier, bruinpapier of aluminium foelie). Sit dit 15 minute lank
in 'n baie warm oond by 240C, verminder dan die hitte na 150C en laat
dit bak tot dit gaar en bruin gebraai is. Bereken die tyd teen 40
minute vir elke 500g. Bedruip die vleis elke 15 minute met die
vloeistof in die pan. Verwyder die papier nadat die vleis 2½ uur lank
gebak het en borsel die oppervlakte met dik room. Dien dit op 'n
groot vleisskottel op met 'n rooi appeltjie in die mond en versier
rondom met aartappelnessies, gevul met appelmoes, en skyfies rooi
appel.
FEESTELIKE FILET MET PORT-EN-KAASBOTTER
6 beesfiletskywe, 25 mm dik
sout en varsgemaalde swartpeper
Port-en-kaasbotter:
150ml botter
250g gerasperde Cheddar-kaas
60 ml gekrummelde Blaauwkrantzkaas
30 ml port
30 ml fyngekapte vars pietersielie
Room botter in voedselverwerker en voeg res van bestanddele
geleidelik by. Skep botter op 'n stuk bladaluminium. Vorm in 'n
rolletjie, draai toe en plaas in vrieskas. Rooster filet in 'n verhitte
roosterpan na smaak: lig gaar 6-8 minute en medium gaar 8-10 minute.
Sny botter in skyfies, plaas bo-op vleis en sit dadelik voor.
VARKBOUD MET APPELS
2-2.3kg varkboud, ontbeen
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
vars gekapte salie
sout
2 rooi appels
30ml botter
30ml suiker
15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn (cider)
1. Voorverhit die oond tot 220C.
2. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel.
3. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud.
4. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank.
5. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10
minute.
6. Ontkern die appels en sny in skywe.
7. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker
by terwyl die appels nog braai.
8. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30
minute baktyd.
9. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van
pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die
appelwyn by.
10. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.
LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE
1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny
125 ml karringmelk
10 ml gegeurde seesout
2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100 g gesmelte botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5 ml suiker
sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit
'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in
die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van
die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag
uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout
en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Plaas die
vleis op die rooster oor matig-warm kole. Braai 15 minute lank tot
mooi bruin. Draai om met 'n braaitang.
VARKBOUD MET PERSKES
410g perskes in stroop
225ml warm water
5ml wonderpeper
2ml fyn kaneel
1ml fyn gemmer
50ml suurlemoensap
100ml sjerrie
2 kg varkboud
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
4 kruienaeltjies
Voorverhit die oond tot 160C. Dreineer die perskehelftes en behou
die stroop. Meng 225ml van die stroop met die warm water en voeg
die wonderpeper, kaneel, gemmer, suurlemoensap en sjerrie by. Hou
eenkant. Vryf die varkboud in met die sout en peper en steekdie
kruienaeltjies in die vleis in. Plaas die varkboud op die roosterrakkie
van die oondroosterpan en gooi die stroopmengsel bo-oor. Oondbraai
dit op die oonrak net onder die middel van die oond en bedruip dit af
en toe met die stroopmengsel. Laat 30 minute per 500g vleis toe, plus
nog 30 minute. Die gaarmaaktyd vir ‘n varkboud van 2kg is dus 2½ uur.
Skep die gaar varkboud uit op ‘n warm dienbord, bedek dit met
tinfoelie en hou dit warm. Voeg die perskehelftes by die vloeistof in
die pan en verhit dit 5-10 minute lank oor matige hitte. Rangskik die
perskehelftes om die varkboud, bedek dit weer en hou dit warm. Voeg
nog water by die vloeistof in die pan, indien nodig, sodat daar 100ml
vloeistof in die pan is .Plaas die pan op ‘n stoofplaat en verhit die
vloeistof oor matige hitte. Skraap alle aanpaksels van die kante en die
boom van die pan los. Verhit die vloeistof tot kookpunt en gooi dit uit
in ‘n souspotjie.
HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD
1.5kg varkboud
60ml rosyne
30ml roosmarynblare
vars gemaalde swartpeper na smaak
125ml heuning
sout na smaak
410g(1 blik) heel tamaties
180ml appelwyn of ligte witwyn
Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die
vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare
in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis.
Maak boud tot in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas
nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot
160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas
boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in ‘n versapper,
voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis . Bak nog 30
minute lank.
Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.
NAGEMAAKTE WILDSBOUD
2kg skaapboud
250g varkspek
5ml kruienaeltjies
20ml koljander, gestamp
20ml bruinsuiker
20ml sout
2.5ml peper
1ml fyn neut
250ml asyn
125ml olie of vet
125ml soetwyn
Vee die vleis met ‘n klam doek af en verwyder die voorbeen. Sny die
spek in lang repies omtrent 6mm dik en 5-7mm lank. Meng al die ander
bestanddele goed saam. Laat die spek in ‘n mengsel van kruie en asyn
lê. Stop die boud daarmee deur diep snye met ‘n mes in die boud te
maak.
Sit die vleis in ‘n diep skottel en gooi die orige asynmengsel daaroor.
Laat dit 2-3 dae lank in die mengsel lê en draai eenmaal om. Haal die
boud uit die asynmengsel, droog dit effens af en braai dit vinnig bruin
in die olie of vet wat intussen warm gemaak is in ‘n groot genoeg
kastrol. Moet nie die deksel opsit nie. Verminder die hitte en laat dit
stadig stoom – ongeveer 2-3 uur. Voeg telkens ‘n bietjies water by
wanneer dit begin braai. Draai die vleis eenmaal om terwyl dit stoom
en laat dit teen die end van die gaarmaakproses bruin braai. Voeg die
soetwyn by 30 minute voordat dit klaar gebraai het. Sorg dat daar
nog ‘n bietjie vloeistof in die braaipot is, wanneer die wyn bygevoeg
word anders sal die sous bitter smaak.
SKAAPBOUD TREFFER
1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)
5 knoffelhuisies (in repe gesny)
12,5ml droë tiemie
500ml karringmelk
12,5ml mielieblom (aangemaak met
1 eier (geklits)
bietjie water)
sout en varsgemaalde swartpeper
Steek gaatjies met 'n skerppuntmes in die boud en druk 'n
knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die
sout en peper in 'n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat
goed afkoel. Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in
die yskas staan. Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die
mengsel, geur goed met sout en swartpeper en plaas bo-op 'n
draadrakkie in 'n groot oondbak. Bak 25 minute lank per 500g plus 20
minute ekstra. Bedruip gereeld met die karringmelk-marinade. Sny in
skywe en dien op
GRIEKSE LAMSBOUD MET JOGURTSOUS
1.5 kg lamsboud
3 knoffelhuisies, gekerf
50ml botter
5ml roosmaryn
3ml tiemie
12.5ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
SOUS:
250ml jogurt
2 knoffelhuisies, gekneus
10ml vars kruisement, gekap
10ml sprietui, gekap
Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in snytjies.
Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas vleis
in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke
500g vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.
Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na smaak.
Sit voor saam met vleis.
SMULLEKKER SKAAPBOUD
500ml water
1 vleisekstrakblokkie
5ml uievlokkies of 1 ui gekap
10ml sout
7,5ml mosterdpoeier
0ml suiker
5ml swartpeper
7,5ml fyn gemmer
2 knoffelhuisies
2kg skaapboud
25ml meelblom
25ml olie
50ml tamatiesous
25ml worcestersous
25ml blatjang
37,5ml botter of margarien, gesmelt
10ml suiker
5ml asyn
1ml Tabascosous
10ml mielieblom
Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water,
vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur ‘n
sif te gooi. Ook ‘n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier,
suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die
vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel
in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die been in die
vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die
oondpan en plaas die vleis op ‘n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis ‘n
uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die
olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous
deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,.
Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en
Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met ‘n
bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.
ROOSMARYN LAMSBOUD
1 lamsboud, sowat 2kg
10ml gedroogde roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper
45ml appeljellie
15ml suurlemoensap
Vee vleis af en plaas op 'n oondrakkie in 'n oondroosterpan met
vetkant na bo. Meng die roosmaryn met sout en peper na smaak. Plaas
appeljellie en suurlemoensap in 'n kastrolletjie, verhit tot gesmelt en
roer tot glad. Verf die vleis oral goed hiermee. Druk die kruiemengsel
vas op die vleis. Rooster vleis sowat 1 uur 45 minute of tot verlangde
graad van gaarheid. Die orige gesmelte appeljellie kan in die helfte
van die gaarmaaktyd versigtig opgeverf word. Laat die vleis 20 minute
staan voordat dit gesny word. Verwyder vleis uit bakskottel
Die Danville Hulpgroep Resepte, resepte, resepte Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop. Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit Posgeld is R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank. As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922 Hier is die Engelse resepte: FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees. Kontak my hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|