http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!
Jou ma se taal!
 

Nommer 178

Besoek my Webwerf

15 Januarie 2013

 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Ten eerste net eers gou aan almal 'n Voorspoedige en Gesonde 2013 toewens. Namate mens ouer word, word die Gesonde deel al hoe belangriker.

Ek wil bietjie eksperimenteer met nog twee weergawes van die nuusbrief. 'n Suiwer teks weergawe wat maklik op 'n selfoon of tablet afgelaai kan word en dan 'n Kimble weergawe vir die wat Kimble lesers het. Die Kimble omskakeling is ek nie so seker van nie, maar ek kan maar net probeer.

Hier is die adres van die teks weergawe: http://www.peterjasie.co.za/patriot178teks.html

Regs klik hier om die Kimble weergawe af te laai. Soos reeds genoem, ek is nie so seker oor die omskakeling na Kimble formaat nie, as dit werk of nie werk nie, laat my weet asseblief.

Die pasella hierdie keer is 'n ou boek, maar tog baie handig waar dit by die maak van toebroodjies kom, gaan laai dit gerus  af by die pasella afdeling.

Die respte is 'n versameling poeding resepte, party van hulle nogal oud! Gaan kyk gerus by die resepte afdeling.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html

Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za

Jou eposadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

My Resepte eBoek samestelling op CD

Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind.

Hierdie CD kan ook 'n lekker Kersgeskenk wees!

Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.

Soekblokkie

Peterjasie in Woord en Beeld

Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld

Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.

Die Danville Hulpgroep


Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
 

Die Skip - Lianda van der Merwe

Ons staan op Durbanse rondtomtalie-park… op `n sypaadjie. 6 Meter onder ons, kyk ons af op die skip wat heen en weer, heen en weer swiep. Hoog boontoe..mense gooi hul arms so oop in die lug, dan is dit af….ssssssjoefffff! Hoog boontoe….mense gil van plesier! Ons 6 orrelpypies bekyk hoe Ma Saartjie en Major Dad op die skip swaai. Hulle bene is met net een dwars-yster vas..geen skouer-toue wat help om geanker te bly nie. Ma Saartjie is so kort dat haar bene reguit op die sitplek lê en nie daaroor buig vir ekstra vasknypplek nie. Die 3 de swiep en daar kom `n onaardse gegil van Ma-Saartjie en Sant Major lyk of hy `n aar in sy kop gaan bars! Elke keer as die skip afswiep, klou altwee die stainless steel reling voor hulle bene vas. As die skip weer opswiep, gly Ma-Saartjie reg bo-oor die reling en moet Sant Major haar vasklou aan haar bene, terwyl hyself met sy voete vasskop om nie saam onder die skip vergruis te word nie! Hy trek haar met mag en mening elke keer, net-net terug!

Al 6 orrelpypies se oë is pierings, ons bene lam, maar ons kele werk oortyd!

Nou moet ek net ter verdediging se: As jy saam met `n Army ou grootword, elke naweek aan sy *appies* blootgestel word, is vloek so gewoon soos Weetbix vir ontbyt. Nie dat een van ons kinders geloop en vloek het nie…ons het net gewéét dat daardie woorde nogals bruikbaar was en wel bestaan!

So toe speel die volgende af.

Sussie 2: My Ma! My Ma! Terwyl sy al besig is om met die sypaadjie af ondertoe te hardloop.
Sussie 1: Sê vir die blissêt hy moet die ding stop! Ons ma gaan blerrie vrek!
Sussie3: Bliksim! Stop die skip, ons blerrie ma gan vrek!
Sussie 4: Stoppie bliksim, stop hom en slaat hom vrek!
Sussie 5 staan verwonderd oor die verskillende weergawes van vrees. Sy`s die ene wat altyd aan na-skok ly. Sy kan nie beweeg nie en kyk met verstarde oë hoe Ma-Saartjie uit-en-in, uit-en-in die skip gly…amper-dood, amper-terug, amper-dood, amper-amper-amper…sjoe!!

Sussie 2 bereik die man wat die skip stuur en skreeu iets in sy gesig terwyl sy aan sy arms ruk en pluk… Blykbaar hoor hy nie goed genoeg of gou genoeg nie en sy skreeu dat tot ek wat nog bo by die sypaadjie staan haar kan hoor:” Stop die blerrie skip of ek slaat jou dood!”

Dis die vinnigste wat die skipper ooit vir iemand geluister het. Die skip stop…nie dood nie, net bietjies vir bietjies kom dit tot bedaring. Ma Saartjie is nog so eenkeer amper-amper uit, maar die skip stop. Die geskreeu van die orrelpypies duur egter voort. Ma-Saartjie en Sant Major klim uit. So klou-klou aanmekaar. Ons orrelpypies storm op Ma-Saaarjtie af en huil in klein kerk-orrel stemmetjies. Sy troos, ons troos, Sant Major troos. Almal voel naar en bewerig terwyl ons in stilte vakansiehuis toe ry.

Sant Major het ons almal net so gemaak kwaai kyk gegee en later, wel oraait…baie later, dankie gesê dat ons so baklei het om die skip gestop te kry. As die skip sy hele ry moes ry, was Ma-Saartjie sonder tweifel innie diep-see. Daar waar sy altyd gesê het ons haar assies moet strooi.

Bekendstelling van die skrywer, Lianda, ek gaan gereeld van haar stories plaas. Jy kan vir haar epos stuur as jy wil kommentaar lewer.
 

Ek is n Boervrou - dis al.
Ma
Tweeling - meisies (prinsesse NB!) 11 jr
Ek het `n man, maar het nooit getrou.
21 jaar saam
Het verpleeg - ek dink dit is vreeslik lank terug - toe ons nog geweet het dat Liberace Vigs het en mense nog geglo het dat net gay mans dit kry. Baie, baie lank terug.
Ek praat met honde en katte - hulle is regtig die maklikste diere in die wereld. Altyd meer tevrede as mense en so opgevoed!
Ek het onder `n stiefma se hanne groot geword.
Sy het 2 dogters gehad.
My pa het 3 dogters gehad - ek was die jongste van hom.
Tussen my pa en stiefma, het hulle besluit om nog `n ou enetjie aan te neem. My pa het gese, hy weet nie hoe om `n seun groot te maak nie en dat dit asseblief net `n dogtertjie moet wees - dit was! Sy was 8 maande oud toe ons haar gaan haal het.
Dus maak dit 7 vroue en een Major Dad.
Ons het lank in Walvisbaai gebly.
Die Lugmagbasis was 11 of 15km uit die dorp - die Leerbasis was in die dorp - `n hele kamp, waar vloot, lugmag, berede en leermense in opslaan sink huise gebly het.
Major Dad was RSM van Rooikop Lugmag basis.
Baie van die stories oor ons kindertyd is waar, baie aangepas om meer leesbaar te wees - een of twee so effens lieg ook by. Dit is stories...net stories.

In Beeld

Een van my onlangse probeerslae!

Pasella

Meeste van julle het al hierdie eBoek maar daar mag dalk sommiges wees wat toebroodjies moet pak vir 'n eggenoot of dalk skoolkinders. Hierdie eBoek "Wille Samies" bevat idees vir toebroodjies met 'n verskil. Noit weer sal jou eggenoot of kinders verveeld raak met hulle toebroodjies nie. Regs klik hier om die boek af te laai

Geskiedenis van Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004

Klik hier om die artikel te lees.

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte:

Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000

Sjoe, dis darem maar groot geld!

Facebook

Ekke is ook op Facebook,  kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Afrikaanse Gedig

Selfmoord van `n Flap © Lianda van der Merwe

Gekleurde, lang stertvere
Flap-flap ek tot op die doringdraad
langs die pad, Here
kom karre verby, so een-een deur
my óú habitat geswaard.

Ek, Flap so entjie op en sweef
maar energieloos daal ek weer
tussen dorings op `n mensgemaakte
lyn - `n draad.

Probeer uit volle bors my paarlied sing,
verstik! In bolle rook omkring
God?
die mens hoër gemaak as my?
verstrengelde, bloedbelope kloutjies vry
van doringdraad tot in die teerpad, gly
uitasem!
Maar ek lag!
Toe ek dood is na die slag.

God
daar gaan die méns
GP-nommerplaat en hoër as ek
lê ek, bloedplas en gebreekte nek
Ek, Flap
 
 

Jonas!

Jonas: Oubaas ekke wil vat die vrou by daai stroois. Darrie ene met die groot vet sterre.
Oubaas: Wil jy trou met die vrou Jonas?
Jonas: Ja Oubaas, mette die tjint en als.
Oubaas: Het jy haar lief Jonas?
Jonas: Oubaas vra nog. Ekke soek hom sterk. Ekke wil hom lief.
Oubaas: As mens wil trou moet mens iets weet van die Bybel. Ken jy jou Bybel Jonas?
Jonas: Auk Oubaas, ekke ken hom soos die bennekant van my se hand.
Oubaas: Nou vertel bietjie dat ek kan hoor.
Jonas: Eendag daar was twee mense, Adam en Eve. Hulle bly by die tyn. Nou hulle mag eet van al die perretjies maar van die jam se perretjies hulle mag nie eet nie. Toe die boomslang hy sê vir Eve: Auk, wat se nonsens wat jy praat, die jam perretjies is nou mooi gar en soet en too much lekker". Nou hulle gasteel die jam perretjies.
Auk, nou Adam sien sy broek is weg en die nooi se rok is ok weg. Shame, die nooi kry so skaam, hy kryp sommer weg en Adam hy gou-gou maak die
klere van troksvy se blaar maar nou hulle moet yt by die Radys se akker.Twee groot Ingilsman staan by die hek met skerp assegaai. Nou hulle sweet baie sos hulle loop en Eve sy loer so by die skouer oor, net so bietjies. Sy word sommer sout en die beeste het hom kant en klaar opgevreet die volgende dag al. Nou Adam, die arme baas, hy het ok nie nou vrou nie. Hy loop nog so toe vra die tsotsies: Ja, wat het jy gemaak? Hulle slat hom met die knopkierie en gooi hom met die kleppe.
Gelokkig daar kom parmantig Sameritaan hy gery met sy doinkie.
Soos hy gaan onder die doringbos, sy kroesies hak by die dorings en hy gehang daar 40 days en 40 nights tot Delilah, nooi van die Terpentyne,
sny sy kroesies af en hy val by die leeukuil in. Maar die leeus vreet hom nie eers nie want hy stenk too much. Nou hy gebly daar to Ruben wil
hom verkoop aan die parrasiete, maar gelukkig hy hardlop weg dat hy so bars tot hy kom by die groot water. Sommer so vennig hy plik die
knopkierie eit sy kombers en hy slaat en hy slaat die water tot hy maak oop. En wat hy gesien?
Big national road van skoon teer en white stripes en yellow stripes de lot! Nou hy loep by die national road met sy strykwas-os en perre tot hy
kom halfpad. Sjoeps, die water net gemak soos twaksak. Dit lyk of dit het gereent 40 days en 40 nights. Gelukkig, hy die groot snoekves hy
sluk hom in. Nou hy het gebly binnekant die ves se pens. Oubaas, ekke gelieg nie vir jou nie, 40 days en 40 nights. Mar omdat hy stenk al weer
too much die ves hy kan nie toehou sy neus by die water nie, hy gaspoeg hom uit by die land van siermelk en putupap,twalf mainkies vol. Oubaas
sien, ekke ken hom die Bybel!!

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Topdagen in België

Ons het so dikwels by Jo en Hilde in België gaan kuier en is elke aand so uitgeput dat ons neerslaan van moegheid.
Die arme Belge is ontsettend lief vir feeste en elke liewe plekkie hou sy Topdagen (feesdae) en almal wat leef en beef is daar

As ons vir Hilde vra wanneer is ons nou in n ander dorpie, dan sê sy, kyk maar elke keer as julle n ander kerktoring sien, is dit n ander dorp.

Ons is toe een dag na n plekkie met die ongelukkkige naam van Wetteren. Hilde het natuurlik dadelik vir die sang- groep wat opgetree het, gesê daar was Suid-Afrikaners en ek het n getekende CD present gekry. Aan die einde       van die vertoning, kom die groep toe na my toe en sing vir my Sarie Marais...al die Belge ken dit mos.

Na die optrede het hulle afgekondig dat die trompetspeler van Wetteren af kom en hulle het dus hulle eie Wetterse trompetter. My man het bier en friedjes (chips met mayonaise) gaan soek vir ons en was nie by nie. Ons het besluit om ook maar die seldsame son te geniet en die res van die dag daar gebly. Teen aandete se tyd, sê Hilde dat ons sommer in die restaurantjie moet eet. Dit was maar klein en die eienaar kom vra toe of hy een groot tafel kan maak sodat ons met die groep sangers kan deel. Almal was tevrede, want dit kon net n lekker party word!

My man het motor toe gegaan toe ons gaan sit en ek het vir hom n stoel langs myne gehou. Toevallig sit dit trom- petter toe regoor ons...nie n lelike  an nie. Toe my man met Jo en die rolstoel terugkom en hy sit, stel ek hom voor aan die Wetterse trompetter. Hulle skud hartlik hande, maar toe hy sit, vra hy wat my makeer om so van die man te sê en dit in die openbaar....hulle verstaan tog elke woord wat ons sê.
Ek vra toe die Wetterse trompetter om n bietjie van homself te vertel en die man is baie trots daarop dat hy hulle eie Wetterse trompetter is. Almal
is trots oor wie hulle is en waar hulle vandaan kom al is jy die Wetterse trompetter! Ek is dan trots op Albertinia.

Vele puntjes is saam geniet daardie aand!

Kindersêgoed

Sarie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n skouerlose bloesie, sê die kleinding. "Ouma, jy moet vir my ook so bloesie maak sonder handvatsels."

Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees.
Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?" "Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank gelede." "Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag.. "Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer. Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa?!"

Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê " Moenie vir my betaal nie ek is nog onder ses!"

'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin. Uiteindelik fluister sy vir haar ma: "As ons nou vir hom die geldtjies gee - sal hy ons dan laat gaan?"

Saartjie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie plooie ontmoet. Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe: "Hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"

Jack het sy ma dopgehou terwyl sy kleinsus borsvoed. Na 'n rukkie vra hy: "Ma, hoekom het jy twee - is een vir koue- en die ander een vir warm melk?"

Op 'n keer vra die vyfjarige Melanie vir ouma hoe oud sy is. Ouma antwoord dat sy nou al so oud is dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud nie. Melanie gee toe goeie raad. "Ouma moet net agter in ouma se panties kyk. Myne se vyf tot ses!"

Stefan gee vir sy ma 'n drukkie toe hy gaan slaap en sê: "Ek is so lief vir mamma - as ma doodgaan, gaan ek ma onder my kamervenster begrawe!"

Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat die prop "Kinderproof" is en dat sy sal moet help.. Met groot oë vra Brittany : "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oopmaak?"

Susan was besig om vrugtesap te drink toe sy begin hik. "Moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "...dit laat my tande hoes!"
 

Glimlag

‘n Man raak verlief op 'n vrou se voorkoms en 'n vrou raak verlief op 'n
man se woorde. Dis hoekom vrouens grimering dra en mans lieg...


Jan gaan dood, kom in die hel aan.
Duiwel: Drink jy??
Jan: Ja!
Duiwel: Maandae drink ons heeldag.
Jan: Nice!
Duiwel: Rook jy?
Jan: Ja!
Duiwel: Dinsdae rook ons heeldag.
Jan: Baie nice!
Duiwel: Dobbel jy?
Jan: Ja!
Duiwel: Woensdae dobbel ons heeldag.
Jan: Great!
Duiwel: Doen jy drugs?
Jan: Ja!
Duiwel: Donderdae doen ons heeldag drugs.
Jan: Fantasties!
Duiwel: Is jy gay?
Jan: Nee.
Duiwel: Ooeee... jy gaan Vrydae haat!

'n Plaaswerker steel ‘n skaap by ‘n boer.
Die boer trek hom vas en gee vir hom 'n dice.
“As jy van 1 tot 5 gooi, dan b%#@*& ek jou!” sê die boer.
Die werker vra, “En as ek 'n 6 gooi?” Die boer antwoord, “Wel, die reëls sê dan kan jy weer gooi!”


Man in Brakpan stuur sy vrou om te gaan inkopies doen.
Sy kom terug met 3 kaste bier, 2 kaste brandewyn, 1 kas cane, 1 kas Coke en 2 brode.
Hy kyk haar vraend aan toe sy die goed aflaai: “Kry ons kuier mense?”
“Nee!” antwoord sy.
Man: “Nou hoekom koop jy so baie brood?”

Eerste dag van universiteit spreek die rektor die eerstejaars toe:
“Die meisieskoshuise is verbode terrein vir die mansstudente.
As jy daar binne gevang word, is dit R50 boete vir die eerste oortreding.
As jy weer gevang word R100, derde keer is dit R150, ensovoorts. Verstaan julle? Enige vrae?”
Stem van agter in saal: “Wat kos ‘n seisoenkaartjie?”

Strip ‘n skoolmeisie nou onlangs haar moer vir my,
Sy vra vir ‘n donasie vir haar skool se nuwe swembad -- toe gee ek haar ‘n liter water.
Blerrie ondankbare ding!

‘n Multi-miljoenêr verjaar en besluit om ‘n buitelug-partytjie langs sy privaat krokkedildam te gooi.
Later die aand toe almal lekker getrek is, kondig hy aan dat hy ‘n duisend rand sal gee aan enigeen wat met die krokkedil in sy dam sal stoei.
Sy woorde was skaars koud toe is Koos in die dam en jy sien net water spat soos hy en die krokkedil te kere gaan! Nie lank nie en Koos klim uit die dam, bebloed en safaripak aan flarde – maar die krokkedil dryf witpens bo op die water.
Die verbaasde miljoener sê toe: "’n Belofte is ‘n belofte, Koos, hier’s jou duisend rand."
Koos, briesend: "Ek soek nie jou geld nie, ek soek net die donner wat my in die dam gestamp het!!"

Man kom tuis om te sien hoe sy vrou haar tasse pak.
"Ek gaan Durban toe," sê sy. Ek hoor daar is mans wat R200 betaal vir wat ek verniet vir jou doen."
Die man dink vir ‘n oomblik, en begin in stilte sy tas ook te pak.
"En wat maak jy nou?" wil sy vrou weet.
"Ek gaan saam," se die man. "Ek wil graag sien hoe iemand leef op R400 'n jaar!"

Twee blondines is oppad dam toe om vir die dag daar te gaan piekniek hou. Oppad dam toe breek hul motor en so besluit hul om maar net daar piekniek te hou. Eerste blond vra, waar sal ons sit, onder die boom of in die middel van die pad. Tweede blondine besluit dis veiliger in die middel van die pad. Net nadat hul alles uitgepak het kom daar 'n bakkie met 'n hengse spoed na hulle aangery. Die man swaai uit en ry binne-in die boom vas. Die tweede blondine sê: 'Sien as ons onder die boom piekniek gehou het was ons nou dood!'

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Hoe om Stres te hanteer

Stres, die modewoord van ons tyd! Ook bekend as spanningsdruk.

Stres is deel van die mens van dag een af. Wanneer jy die veilige warmte van die baarmoeder verlaat met geboorte is dit al 'n eerste skok. Skielik is jy in hierdie groot plek met skerp ligte, geluide en groot reuse wat om jou beweeg. Dan word jy nog boonop omgedop en kry 'n klap. Daarna begin jy opgroei en is daar allerhande spanninge waaraan jy onderwerp word. Dink maar aan die skooljare wat kom, huiswerk, dissipline, straf, leerwerk, aandag gee, kwaai juffrouens en menere, eksamens. Na die skool is die opleiding, werk, geld , trou, kinders grootmaak. Ja, dit voel min of meer of ons nooit sonder stres deur die lewe sal gaan nie.

En die moderne Westerse wêreld lyk of dit spesiaal so ontwerp is om vir ons die nodige stres te gee, sodat ons kan kwalifiseer vir hartaanvalle, maagswere, migraines en senu-ineenstortings. Die geleentheid om te ontsnap na 'n tropiese eiland en heeldag net kokosneute te pluk en in die blou see te swem, is vir die meeste van ons sterwelinge nie beskore nie. Daarom sal ons moet leer om die stres van ons moderne samelewing reg te hanteer.

Daar is verskillende dinge wat stres veroorsaak. Verkeersknope, werksdrukte, huwelikspanning, finansies, onafgehandelde take, spertye, verhuising en so meer. Verskillende mense reageer egter verskillende op dieselfde soort situasie. Wat vir die een 'n spanningsvolle situasie is, kan vir 'n ander persoon eintlik 'n heel ontspanne geleentheid wees. Neem nou maar die voorbeeld waar iemand gevra word om 'n toespraak te hou. Een persoon kan sy naels kou en heeltemal opgestres wees, terwyl die ander persoon dit geniet om voor mense te praat. Die gebeurtenis is dieselfde, maar die twee persone se interpretasie en belewing daarvan verskil.

Kom ons kyk vervolgens na die simpome van stres (Jenny Cozens in Nervous Breakdown):

1. Fisiese simptome

Die volgende fisiese simptome kan 'n gevolg van stres wees:

- naarheid of mislikheid
- koue sweet
- duiseligheid
- maagwerkings
- rugpyn
- aptytverlies
- spysverteringsprobleme
- hoofpyne
- borspyne
- bewerigheid
- suising of tuit in die ore
- haarverlies
- droë mond
- probleme met asemhaling
- lighoofdigheid

2. Gedragsimptome

- geïrriteerdheid
- toename in die gebruik van alkohol
- toename in rook
- afname in seksuele behoefte
- swak werkprestasie
- afwesigheid van werk
- vermyding van sekere situasies
- vermyding van sosiale kontak
- verlies van konsentrasie
- slaapversteuring

3. Emosionele simptome

- depressie
- verlies aan selfvertroue
- bekommernisse
- pre-okkupasie met fisiese simptome
- rusteloosheid

Peter G Hanson (in Die Vreugde van Stres) sê dat alle stres darem nou nie negatief is nie, daar is iets soos positiewe stres. Dink maar aan 'n tenniswedstryd op Wimbeldon of 'n atleet by die Olimpiese Spele. Stres is hier baie sterk by die sportsterre aanwesig, maar dit is juis hierdie spanningsdruk wat hulle ervaar wat sorg vir groot prestasies en nuwe rekords. Die beste prestasies word onder groot druk gelewer. In alles wat al in die wêreld gesê is oor stres en stresverwante probleme, en wat al die slim dokters en sielkundiges en geleerdes sê, is daar een ding wat in die hantering van stres uitstaan, en dit is dat die individu beheer moet neem van die stres in sy of haar lewe. Neem met ander woorde beheer van jou lewe, want dit is die sleutel hoe om stres te bestuur en te hanteer.

Ons kyk vervolgens na maniere, wenke, tegnieke, en moets en moenies oor die hantering van stres (van die idees kom van Peter G Hanson in Die Vreugde van Stres; Janet Wright in Stress Relief for Women; Alix Kirsta in The Book of Stress Survival en dan uit eie persoonlike ervaring en ook uit ervaring in die sielkundige praktyk):

· Jy moet gesond en reg eet. Kry by jou dokter of dieetkundige 'n goed wetenskaplike program van die regte kosse wat jy moet eet. Soveel mense onder stres eet verkeerd. Sommige eet so baie - hulle is regte stresvrate - en word totaal oorgewig. Dit is skrikwekkend hoe oorgewig mense hulself oor 'n duks kan eet. Jou knieë gee in, jou longe en hart en lewer kan aangetas raak. Eet gebalanseerde maaltye wat bestaan uit proteïen, vette, koolhidrate, vesel, vitamiene en minerale, en drink genoeg water.

· Kies 'n regte beroep. Die verkeerde beroepskeuse kan lei tot 'n ongelukkige lewe, swak selfbeeld en baie stres. Dikwels is dit nie so maklik om van werk te verander nie - daar is immers sekere finansiële verpligtinge wat nagekom moet word. Voorts moet rekening gehou word met die nuwe tegnologie in jou beroep en diskriminasie teen jou ouderdom wanneer jy van werk wil verander. Goeie advies wanneer jy van werk wil verander, is om dit nie oornag te doen nie. Goeie beplanning en 'n deeglike bespreking met jou gesin is belangrik voordat jy tot so 'n besluit oorgaan. Dit is ook sinvol om met 'n beroepsvoorligter of sielkundige hieroor te gesels.

· Hou op om te rook. Rook doen skade aan jou gesondheid. Al jou bloedvate, insluitend die kroonslagare, trek kwaai saam elke keer wanneer jy 'n sigaret rook. Geen wonder rook vergroot die kanse op 'n hartaanval nie. Ons praat nou nie eers van longkanker nie. Rook is 'n vorm van 'n stadige selfmoord.

· Die oormatige gebruik van alkohol is die verkeerde opsie om stres te probeer hanteer. Sommige mense probeer hulle stres verdrink eerder as om dit op die regte manier aan te pak. As jy in sosiale kringe beweeg waar daar baie drank gebruik word en jy drink elke keer lekker saam, moet jy 'n plan maak al kos dit jou om by 'n ander vriendekring in te skakel. Matige gebruik is goed, maar in oormaat is dit 'n depressant, beskadig die lewer, en verswak brein en sensoriese funksies.

· Wissel jou stres af. 'n Goeie manier om van stres ontslae te raak, is om 'n ander vorm van stres op te neem. Wanneer jy byvoorbeeld nou heeldag op kantoor gewerk en 'n klomp stres moes hanteer het, is 'n ander vorm van stres 'n goeie ding. Hier kan jy byvoorbeeld 'n lekker oefensessie in die gym hê sodat jy goed kan sweet. Hierdie alternatiewe stres moet konsentrasie verg, maar ander stroombane en spiere van jou brein en liggaam in werking stel. Om net niks te doen na 'n stresvolle tydperk kan gevaarlik wees. Dit is waarskynlik een van die redes hoekom 'n persoon wat sy lewe lank 'n stresvolle werk gehad het, kort na aftrede - en nou niks het om te doen nie en ledig rondsit - skielik onverwags afklop en goebaai sê vir die lewe.

· Bou vir jou 'n stabiele huislike lewe en 'n hegte vriendekring. Ek sê nie jy moet nou trou of net op een plek bly nie, maar die ondersteuning van 'n netwerk van familie en vriende is baie kosbaar. Skaf vir jou 'n troeteldier aan - dit verlig jou spanning wanneer honde byvoorbeeld op jou spring en vir jou liefde gee.

· Kommunikeer en praat met iemand oor jou probleme en spanninge. 'n Goeie vriend met wie jy jou vrese, hartseer en leed, maar ook jou vreugdes en planne kan deel, is meer werd as 'n miljoen rand.

· Sorg dat jou geestelike lewe in orde is. Woon gereeld jou kerk se dienste by. Bestudeer die Bybel en bid gereeld.

· Sorg dat jou geldsake in orde is. Sorgvuldige finansiële beplanning is noodsaaklik. Jy hoef nie die miljoenêr in die blok te wees nie, maar finansiële gemoedsrus verlig baie stres en spanning. Kom in beheer van jou geld en bestuur dit verstandig. Daar is puik boeke op die mark hieroor, of bespreek jou begroting en finansies met 'n kundige sodat jy goeie beplanning kan doen.

· Slaap is onontbeerlik en absoluut nodig om weerstand teen stres op te bou. Kry 'n goeie slaaproetine, drink dalk warm melk voordat jy gaan slaap, of neem 'n rustige warm bad waarin jy kan ontspan. Kry beheer en sorg dat jy genoeg slaap inkry.

· Volg 'n goeie oefenprogam. Soek 'n aktiwiteit uit wat prakties sowel as lekker is om te doen. Sluit aan by 'n gym, speel tennis, draf, stap, doen aërobiese oefeninge - wat ookal, maar sorg dat jy op 'n gesonde oefenprogram is en daarmee volhou.

· Maak 'n verandering of probeer iets nuuts. Besoek plekke waar jy nog nie voorheen was nie. Gebruik die naweek om sommer net weg te kom van alles en almal. Doen 'n roetine ding 'n slag anderste. Drink jou koffie anderste, of toets 'n nuwe vrugtesap uit. Klim by die anderkant van die bed uit. Doen nuwe interessante goed, kleur jou hare, vlieg in 'n lugballon - 'n verandering is goeie terapie.

· Klim uit jou rigiede denkpatroon uit. Daar is sekere reëls wat jy vir jouself gestel het wat tog so onnodig is. Ek mag nie 'n fout maak nie. Die mense verwag dit van my. Ek moet 'n das aantrek na die of daai funksie. Ek moet so of so lyk. Al hierdie ou selfgemaakte reëls en belemmeringe laai net meer stres en spanning op jou.


· Eise, eise, eise, die wêreld stel gedurig eise aan jou. En dikwels is ons self so verantwoordelik vir baie van die eise wat op ons afgedruk word. Neem beheer van jou lewe en besluit aan watter take en programme jy wil deelneem. Kies jou prioriteite en moenie te veel dinge op jou skouers neem nie. Fokus op 'n taak of 'n projek en handel dit een vir een af.


· Kikker jou sekslewe op. Stres kan byvoorbeeld ereksie probleme en voortydige ejakulasie by die man veroorsaak en by die vrou haar orgasme vertraag. Bring romantiek terug in jou sekslewe en lees 'n goeie boek oor hierdie onderwerp, besoek 'n huweliks- of seksterapeut.

· Beplan en organiseer jou werk en jy sal onmiddellik minder stres ervaar. 'n Deurmekaar en ongeorganiseerde werksitusie bring meer spanningsdruk mee. Doen goeie beplanning, maak vir jou 'n lys van prioriteite, stel 'n tydtafel op, gebruik 'n dagboek om chaos en frustrasie te voorkom. Jou program moet nou nie te rigied wees nie, laat buigsaamheid toe. Te veel roetine is dodelik en kan jou energie en verstand dreineer. Breek die roetine deur iets anders te doen, sit terug, verrig eers 'n ander taak wat verskillend is.

· Leer om Nee te sê. Moenie dinge aanpak waarvoor jy nie tyd het nie, nog meer hooi op jou vurk te laai nie. Neem JY kontrole oor van jou eie lewe - besluit wat jy kan of wil doen en moenie net omdat jy 'n goeie hart het vir almal ja sê nie. Een van die belangrikste woorde wat jy in jou lewe kan leer om te sê, is die woord Nee.

· Bestuur jou tyd effektief en jy sal voel jy is in beheer van jou lewe. Jy moet goeie beplanning doen en besluit hoeveel tyd jy aan spesifieke aktiwiteite wil toeken. Wees presies hierin, want doen jy dit sal jy gebalanseerd lewe en aan die verwagtinge voldoen. Moenie te veel tyd indruk in 'n kort tydspan nie. Tydsbeplanning laat jou toe om jou pas te reguleer en gee jou kans om foute te herstel.

· Die oplossing van konflikte en probleme is een van die grootste krisisse waarmee mense sukkel en dit kan geweldig baie spanning skep. Jy moet leer hoe om konfrontasies aan te pak en probleme op die regte wyse te hanteer. En hier is kommunikasie essensieel. Is jy te bedees en onseker, sal jy gefrustreerd raak wanneer mense nie eers notisie van jou neem nie. Is jy weer te aggressief sal mense jou weer vermy of ignoreer. Leer goeie kommunikasie-vaardighede aan en hoe om sinvol konflikte te hanteer.

· Skep vir jou 'n persoonlike ruimte waarin jy gemaklik voel. Die omgewing, ruimte en 'n mens se gemoedstemming is nou verweef. Stap jy in 'n winkelsentrum waar dit druis, stamp en druk teen jou en jy is sommer vinnig humeurig en geïrriteerd. Skep vir jou 'n huis waar jy gelukkig en gemaklik voel. Verwyder onaangename reuke, kontroleer die temperatuur deur 'n verkoeler of kaggel, sit vir jou 'n swembad of borrelbad in, maak jou plek mooi, sorg dat jou huis sindelik en netjies is, plant mooi struike en blomme en bome in jou tuin. Neem lig en kleur in ag, want dit is belangrike aspekte wat 'n mens se emosies, stres en gewaarwordinge beïnvloed. Gebruik jou tyd, kreatiwiteit, vindingrykheid, jou verbeelding om vir jou 'n tuise te skep wat pas by jou persoonlikheid en behoeftes.

· Kry 'n massering. Massering is een van die oudste vorms van herstel. Dit word gedoen om die spasmas van die spiere te verlig, spanning te dreineer en om bloedsirkulasie te verbeter. Bederf jouself met 'n goeie massering by 'n gekwalifiseerde terapeut. Maar met 'n bietjie opleiding en hulp of 'n kort kursus kan jy en jou vriend of eggenoot mekaar masseer (en op mekaar oefen.) 'n Vinnige nek en skouer massering is ideaal om spanning te verlig.

· Jy kan ook leer om jouself te masseer. Daar is 'n hele aantal tegnieke wat jy kan aanleer en gebruik om jou gesig, maag, hande en arms, nek en skouers, voete en bene te masseer en sodoende die knope van spanning in jou liggaam te verlig.

· Aromaterapie is 'n wonderlike manier om jou te help met die voorkoming en verligting van allerlei siektes en skete, onder andere spanning. Aromatiese olies word al duisende jare gebruik om gesond te maak. Lees meer en kry inligitng oor hoe om aromaterapie aan te wend in verskillende aspekte soos vir 'n lekker bad, massering, om 'n vertrek lekker te laat ruik en so meer.

· Leer ontspanningstegnieke aan. Daar is 'n verskeie tegnieke oor hoe om die liggaam en te laat ontspan en die geesteskrag weer op te bou. Sommige kan jy selfs op kantoor doen. Jy moet van jou stres ontslae raak en ontspanningstegnieke is ideaal hiervoor. Hiermee saam kan jy strekoefeninge doen wat 'n eenvoudige, maar doeltreffende manier is om gespannendheid in die liggaam te verlig.

· Ons ruimte is te beperk om al die terapeutiese tegnieke en metodes te bespreek, maar dit kan die moeite loon om meer uit te vind. Dink maar aan joga, hipnose, blomme-terapie, kleur-terapie, stem en musiekterapie, akupunktuur, asemhalingsoefeninge, meditasie, 'belly dancing', T'ai Chi, die Alexander tegniek, refleksologie en so meer.

· Besoek 'n spa en gesondheidsoord. Dit is darem nou 'n lekker (en duur) manier om net weg te kom, jou siel en liggaam te pamperlang, en net weer jouself te isoleer van die gejaagde wêreld en jouself te vind. En moenie skuldig voel wanneer jy daarheen gaan nie, onthou jy het 'n verantwoordelikheid teenoor jouself en die mense rondom jou om gesond en gelukkig te wees. Geniet al die aandag en vertroeteling wat jy gaan ontvang!

· Autogenetiese opleiding is ontwikkel deur 'n dokter in die 1920's. Dit is 'n praktiese en plat-op-die-aarde manier om op 'n effektiewe wyse jou liggaam te leer om te ontspan. Dit gebruik verstandelike prentjies wat jy vorm, maar het niks te doen met bonatuurlike dinge nie. Sluit aan by 'n groep waar jy hierdie tegniek kan aanleer. Mense met epilepsie, skisofrenie en te kort na 'n hartaanval moet dit egter nie doen nie.

· Gaan stap. Dit is 'n fantastiese stres-ontlaaier. Pak jou rugsak. In Suid-Afrika is van die mooiste staproetes wat jy kan kry. So 'n staptog van 'n paar dae saam met jou familie en vriende in die natuur is 'n wonderlike manier om 'n breek te maak weg van al die drama en spanning en probleme van jou elke dag se lewe.

Al die bostaande is effektiewe maniere om verligting van stres en spanning mee te bring. Probeer en toets uit die wat die beste by jou en jou omstandighede pas. En moenie die belangrikste manier om stres te hanteer, vergeet nie - die lewe is daar om te leef en dit voluit te geniet!

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Gereelde oefening, 'n gebalanseerde dieet, genoeg slaap, sosiale steun, goeie tydsbestuur en klein bederfies sal die angel uit stres haal." - Mariette Snyman -

Jy kan inteken op st se nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte
Telefoonpoeding

1 1/2 koppie meel
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
1/2 koppie melk
sout
2 eiers
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemmer
1 eetlepel appelkooskonfyt
Sous:

1 1/2 koppie suiker
2 1/2 koppies kookwater
Maak die deeg in die skottel aan waarin dit gebak moet word. Roer stroop en gooi oor deegen bak vir een uur teen 400ºF.



Ek weet nie wie Mev Marais was nie, maar hier is haar poeding :-)

Mev. Marais se Bruinpoeding

1/2 koppie fyn appelkoos konfyt
2 teelepels koeksoda (gelyk vol)
1/2 koppie botter
1 en 1/2 koppie meelblom
1/4 teelepel sout

Stroop:

1 en 1/2 koppie suiker
3 koppies water
1/2 teelepel gemmer

Meng konfyt, koeksoda en botter saam. Koeksoda word eers met 'n bietjie asyn aangemaak. Voeg droë bestandele by en skep lepels vol in 
kokende stroop.


BROODPOEDING.

1 liter melk.
20 g. ( 25 ml.) botter.
1 ml. sout.
120 g. ( 500 ml.) broodkrummels.
4 eiers ( geskei )
200 g. ( 250 ml.) suiker.
2 ml. suurlemoenskil ( gerasper )
80 g. ( 100 ml.) suiker.
75 ml. appelkooskonfyt.

Verhit melk, botter en sout saam. Giet warm melk op broodkrum - mels
en laat week. Klits eiergele, 200 g. suiker en suurlemoenskil saam. Roer
eiergeelmengsel by melkmengsel in en meng goed. Klits eierwitte styf,
voeg oorblywende suiker by en klits tot gemeng.
Vou helfte van eierwitmengsel by melkmengsel in. Giet in 'n gesmeerde
vuurvaste bak en bak sowat 30 minute lank by 180 Grade C. Smeer
konfyt op broodpoeding en skep oorblywende eierwit - mengsel daaroor
sodat dit mooi punte vorm. Bak poeding nog vir 15 minute lank tot
meringue goudbruin is.


BRUINPOEDING SONDER EIERS

3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout

Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en
roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik.

STROOP:

Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in
'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.
Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl
gemmer bygevoeg word vir smaak.


Jan Ellis poeding

1 1/2 kop. bruismeel.
2 eiers.
2 eetl.appelkooskonfyt.
1/2 kop. melk.
1/2 kop. suiker.
1 teel. koeksoda.
2 eetl. sagte botter.
1/4 teel. sout.

Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en 
koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.

Stroop:

1 kop. kookwater.
1 kop. room.
1 teel. vanilla.
1 kop. botter.
1 kop. suiker.

Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding
wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.


LIPLEKKER VLASKYWE

16 snye ferm bruinbrood, korsies verwyder en met botter gesmeer.
15 ml. ( 1 eetl.) kaneel.
80 ml. ( 1/3 kop.) bruinsuiker.
100 g. ( 1 pakkie ) pekanneute, gekap.
1 liter. ( 4 kop.) melk.
60 ml. ( 4 eetl.) botter.
80 ml. ( 1/3 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) koekmeelblom.
100 ml. mielieblom.
15 ml. ( 1 eetl.) vlapoeier.
2 ml. ( 1/2 tl.) sout.
125 ml. ( 1/2 kop.) koue water.
3 ekstra-groot eiers.
5 ml. ( 1tl.) vanieljegeursel.

Voorverhit oondrooster tot warm. Smeer 'n vlak, reghoekige oondbak
( 30 x 23 cm.) met botter. Pak brood in 'n enkellaag op 'n bakplaat. Meng
kaneel en bruinsuiker en sprinkel liggies oor brood. Rooster tot
gekaramelliseer. Pak 8 van die snye brood onder in
oondbak en hou ander 8 eenkant. Verhit melk, botter en suiker tot
kookpunt. Meng intussen die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier en
sout. Maak met koue water aan tot 'n pasta. Voeg 'n bietjie van die
kokende melkmengsel by en roer tot goed gemeng. Klits nou eiers by.
Giet bietjies-bietjies terug in kastrol by orige melkmengsel en verhit
stadig, terwyl aanhoudend geroer word, tot mengsel dik en gaar is.
Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by. Skep 'n laag warm vla oor
broodjies. Pak die res van die brood ( met karamellaag na bo ) op vla en
skep orige vla bo-op. Laat afkoel tot kamertemperatuur en sprinkel dan
'n dun lagie bruinsuiker en kaneel oor. Rond af met gekapte neute en
verkoel oornag. Sny in blokke en sit voor saam met koffie of as poeding.
Genoeg vir 6 tot 8 mense.


Malvapoeding

1 kop. meelblom.
1 teel. koeksoda.
1 eetl. botter.
1 eier.
1/2 kop. melk.
1 eetl. asyn.
1/2 kop. suiker.
sout.

Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by
bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in
matige oond tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding.

Sous:

1 kop. Carnation melk.
1 kop. kookwater.
1 kop suiker.

Kook saam en gooi oor poeding.

Malvapoeding.(2)

2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 g. strooisuiker ( 250 ml.)
15 ml. appelkooskonfyt.
150 g. koekmeelblom ( 315 ml.)
knippie sout.
5 ml. koeksoda.
30 ml. botter.
5 ml. asyn.
125 ml. melk.

Sous.

250 ml. room.
100 g. suiker.( 125 ml.)
100 g. botter.
125 ml. Suid-Afrikaanse Brandewyn.

Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig. Klits
appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en
voeg by asyn en melk. Vou droë bestanddele
beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in
middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte oond teen
180 Grade C vir sowat 45 minute.

Berei sous:

Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die
oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek.
Dien warm op saam met room.


Predikantsvrou Poeding

3 E botter/margarien
1 K suiker
1 eier
1 K koekmeel
1 K melk
1 t vanielje
2 E goue stroop
1 t koeksoda
knippie sout

Metode

Meng alles saam in 'n oondskottel met 'n deksel. Bak vir 'n 3/4 uur op
180ºC. Wanneer gaar gooi 'n klein blikkie Ideal melk bo-oor warm
poeding. (Indien jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook saam 1/2 K
melk, 2 E suiker en 1 t margarien - net so lekker bo-oor.)


RYSPOEDING

70 g. ( 125 ml. ) bruismeel.
4 ekstra groot eiers, geklits.
625 ml. melk.
165 g. ( 125 ml. ) fyn appelkooskonfyt, gesmelt.
210 g. ( 250 ml. ) strooisuiker.
500 ml. gaar rys.
75 g. ( 125 ml. ) gedroogde appelkose, fyn gekap en geweek.
15 ml. botter, gesmelt.
5 ml. vanieljegeursel.
kaneel om oor te strooi.

Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Smeer 'n 26 x 21-cm-oondvaste
bak met margarien. Plaas die bruismeel in 'n groot mengbak. Klits die
eiers en melk saam en voeg by die bruismeel terwyl aanhoudend geroer
word met 'n draadklopper. Meng die appelkooskonfyt en strooisuiker en
voeg dit ook by die meelmengsel. Voeg die rys,appelkose, botter en
vanieljegeursel by. Meng goed en giet in die voorbereide bak. Sprinkel 'n
bietjie kaneel bo - oor.
Bak sowat 55 minute lank of todat die poeding gestol en goudbruin van
bo is. Dien warm op saam met roomys of vla. Genoeg vir 6 mense.


SUPER SAGOPOEDING.

180 ml. ( 3/4 kop.) sago.
250 ml. ( 1 kop.) volroommelk.
250 ml. ( 1 kop.) room.
knippie sout.

1 blik ( 397 g.) kondensmelk.
3 ml. ( ruim 1/2 tl.) bakpoeier.
3 ekstra-groot eiers, geskei.
80 ml. ( 1/3 kop.) sagte bruinsuiker.
7 ml. ( 1 1/2 tl.) fyn kaneel.
Voorverhit oond tot 200 Grade C en smeer oondbak met botter of
bespuit met kleefwerende kossproei. Verhit sago, melk, room en sout oor
lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer
gereeld. Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk,
bakpoeier en eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte
vorm en vou liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak
ongeveer 20 tot 30 minute tot opgepof en
goudbruin. Geniet met vla. Genoeg vir 4 mense.


LEMOEN - KARAMEL - RYSPOEDING

Karamel :

125 ml. ( 1/2 kop.) vars lemoensap.
180 ml. ( 3/4 kop.) strooisuiker.

Poeding :

875 ml. ( 3 1/2 kop.) volroommelk.
250 ml. ( 1 kop.) wit rys uit Amerika.
125 ml. ( 1/2 kop.) witsuiker.
300 g. ricottakaas.
3 ekstra-groot eiers. liggies geklits.

Voorverhit oond tot 180 Grade C en bespuit 'n 22 cm-koekpan liggies
met kleefwerende kossproei. Verhit 60 ml. ( 1/4 kop.) van die lemoensap
en die strooisuiker oor baie lae hitte tot die suiker opgelos is, terwyl
geroer word. Verhit tot kookpunt en kook vinnig, sonder
om te roer, tot die mengsel 'n diep karamelkleur het. Voeg orige
lemoensap by. ( Versigtig, dit sal erg borrel en spat.) Plaas vinnig terug
op die hitte, laat opkook. Giet in koekpan en kantel die pan sodat die
karamel die bodem en kante van die koekpan bedek.
Plaas in die yskas. Verhit die melk en rys saam tot kookpunt, en laat prut
( terwyl geroer word.) tot sag en gaar. Verwyder van hitte, roer suiker
by en laat afkoel. Roer ricotta en eiers by, giet op karamellaag en maak
gelyk. Bedek deeglik met aluminiumfoelie en plaas in 'n oondbak wat
halfpad met water gevul is. Bak 45 - 50 min. of tot die poeding ferm in
die middel is. Verwyder koekpan uit waterbad en laat afkoel tot
kamertemperatuur. Keer uit op 'n dienbord en verkoel tot opdiening.
Genoeg vir 8 - 10 mense.


Melkkos

3 k vermicelli
water om te bedek
knypie sout
2 t kookolie
6 k melk
2 stukkies pypkaneel
2 steranyse
3 huisies kardamom
1 E suikersout
3 E mielieblom
1/2 k water
2 E botter

Breek die vermicelli in 5 cm stukkies, sodat jy genoeg het om 3 koppies
te vul. Bedek met water in 'n kastrol, voeg 'n knypie sout en die kookolie
by en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant.
Kook die melk, pypkaneel, steranys, kardamom, suiker en sout. Voeg die
gekookte vermicelli daarby. Meng nou die mielieblom met die 1/2 koppie
wateren roer dit in die melk. Voeg die botter by. Laat dit stadig prut vir
5 minute. Skep op in diepborde en dien op met kaneelsuiker.


Skrikkeljaarpoeding

3 E botter
1/2 koppie suiker
1 koppie meelblom
2 T bakpoeier
2 eiers, geel en wit apart
2 E strooisuiker
1 en 'n kwart koppie melk
3 E appelkoos of aarbei konfyt
1/4 T sout

Meng die botter, suiker, meelblom, die geel van eiers en 'n klein
hoeveelheid melk.
Sit die mengsel in 'n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min
lank of tot gaar by 180 grade C.
Haal dit uit, gooi koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer
die styfgeklopte wit van die eiers (met suiker) bo oor.
Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is. 

Sago poeding

2 koppies sago (500 ml)
2 l melk
knypie sout
250 g margarien
4 eetlepels mielieblom (60 ml)
2 koppies suiker (500 ml)
appelkooskonfyt

Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng
mielieblom met 'n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel.
Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC.
Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla
of room.


Gebakte karringmelkpoeding 

Bestanddele:

1 koppie Meelblom 2 Eiers
1 koppie Karringmelk 2 eetlepels Botter
½ koppie Suiker 2 gelyke teelepels Bakpoeier

Metode:

Klits botter en suiker so goed moontlik, voeg eiers by en klits weer goed,
voeg nou die karringmelk en meelblom beurtelings by. Roer nou die
bakpoeier by. Poeding word op die gewone manier gebak
Let wel: Dikmelk kan in plek van karringmelk gebruik word.


Koue Kersfeespoeding

1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies 8 malvalekkers
¼ koppie suiker ½ koppie gekapte neute
125ml gemengde skil ¼ teelepel fyn neut
250ml room ¼ koppie lemoensap
mespunt kaneel 125ml dadels
gerasperde skil van 1 suurlemoen
Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en
los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die
krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in.
Plaas die nagereg in die yskas om styf te word. 

Goue brood en botterpoeding

4 koppies broodkrummels 4 koppies melk
4 eiers, wit en geel geskei 2 eetlepels botter
appelkooskonfyt 1 koppie suiker
1 teelepel kaneel ½ teelepel sout
4 eetlepels suiker

Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by. Gooi
melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel. Sit klein
blokkies botter bo-op. Bak in ‘n matige oond (180C) tot ligbruin. Haal uit.
Smeer appelkooskonfyt liggies bo-op. Klop die wit van eiers styf met 4
eetlepels suiker en smeer oor die konfyt. Bak dit weer in ‘n matige oond
tot die skuim bo-op goudbruin is. Bedien warm met vla.


Koffie en Amarula-nagereg

So lig soos 'n soufflé en absoluut heerlik!

20 ml koffiepoeier 125 ml kookwater
300 g malvalekkers 1 blik (410 g) verkilde, ingedampte melk
30 ml Amarula-room 125 ml gekapte neute

Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die
malvas daarin. Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is.
Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffie-malvamengsel deur
om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel
dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur.
Skep in individuele glase of in 'n groot bak. Plaas in yskas om te stol.
Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.
Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke

A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.