|
Onbeskaamd Afrikaans! |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wees gegroet! Welkom aan alle nuwe intekenare! Ons was toe in Mosambiek gewees, 'n eerste vir ons! Was heel interessant en op plekke baie mooi met wit strande, baie palmbome en helderskoon see met nie veel golwe nie. Maar lees die storie en kyk na die fotos deur hier te klik. Ek plaas weereens ou resepte wat vernoem is na beroemde persone, plekke en gebeurtenisse. As jy dalk van nog weet wat ek nie alreeds hier geplaas het nie, stuur asseblief aan my per epos, baie dankie. Sodra ek genoeg van die resepte het sal ek dit in eBoek formaat saamstel. Ek sien ons Lotto is nog steeds nie beskikbaar nie, probeer gerus die UK Lotto! Om 'n kaartjie te kry is maklik en veilig, ek is al meer as 'n jaar doenig met hulle en het nog nooit probleme opgetel nie. Hulle boerpot is nooit minder as 3 miljoen pond nie en die klein bedraggies wat ek al gewen het, het hulle in Rand in harde kontant aan my uitbetaal. Klik hier om jou kaartjie te kry en droom GROOT. Weereens het ek lekkerlees Afrikaanse artikels deur onder andere Estelle de Bruyn en Annelie Botes. Ek is seker julle sal dit geniet! Ook is daar 'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter. En dan is daar ook 'n insetsel oor Suid Afrikaanse vlae. En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.
En toe staak die staatsamptenare! Ek wonder waar die storie gaan eindig. Ek kry die mense jammer wat wil gaan werk maar as gevolg van intimidasie nie kan nie. Ek het simpatie met die wettige stakers, maar nie met die onwettige stakers nie en ook nie met die intimideerders nie. Ek was onlangs by 'n privaathospitaal ingeboek vir toetse, die verpleegpersoneel was vrekbang vir intimidasie, hulle het in privaatklere kom werk sodat die intimideerders hulle nie kon uitken nie. Wat 'n lewe! Die mense het nou al soveel in salarisse verloor dat dit hulle 'n baie lang tyd gaan neem om op te maak, ek sien die banke is ook nou opdrag geggee om salarisse van onwettige stakers te weerhou. Hier kom 'n ding!
Toe ek laaskeer by die kasteel in Kaapstad was was daar op die muur 'n ry vlae, ek dink dit was 'n reeks vlae van die oudste tot die jongste. Kan enigiemand my besonderhede van daardie vlae gee en dalk fotos ook? Laat my asseblief weet.
Die BEF het kennis gekry van verskeie studiebeurse en werksgeleenthede wat beskikbaar is, vir meer besonderhede, kontaknommers is hieronder. Regs klik ook hier om die nuutste nuusbrief af te laai. Sluit nou aan. Maak 'n verskil. Klik hier vir meer inligting
Kontakbesonderhede:
Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan.... Willie Welgens
Bron: 15 Goue Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Die verhoogde brandstofprys affekteer almal van ons. Hoekom laat jy nie dat jou korttermynversekeraar vir die verhoging betaal nie? Ek het R400 per maand bespaar deur my korttermynversekering na Dial Direct te verskuif. En die R400 sorg vir my verhoogde maandelikse brandstofrekening! Jy het niks om te verloor nie, Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie en kyk self hoeveel jy kan bespaar!
Die winter is nog met ons vir 'n rukkie en wat is lekkerder in die koue as 'n bord warm sop met 'n paar snye vars brood? Nico van Vancouver het die volgende eBoek vir my gestuur, regs klik om dit af te laai.
Dis gewoonlik 'n gesukkel om geskenke te koop, ek het 'n paar idees wat jy dalk in sal belangstel, klik gerus hier om te gaan kyk. Daar is bv. 'n eBoek met omtrent 2000 Boererate, 'n CD met 50 resepteboeke op (Engels), jy hoef nooit weer 'n resepteboek te koop nie! Ek het nou ook 'n eBoek oor kruie (in Engels, het nog nie tyd gehad om dit te vertaal nie) vir net R50. Klik hier vir betalingsbesonderhede. Ook ander eBoeke en CD's beskikbaar. Ek het ook, terwyl ek in Mosambiek was, 'n klomp pansy skulpe opgetel en gekoop. Dis sulke spesiale en skaars skulpe wat ieale geskenke maak, en ek gaan sommige van hulle te koop aanbied. Die pryse begin by R5 vir die kleineriges en word dan duurder soos die skulpe groter word. Posgeld moet dan ook betaal word. Kontak my vir verdere besonderhede
Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle. Kind op die lang pad
OM tuis te sit
met die wete dat jou kind op die pad is, 'n lang pad veral, bly 'n
gebedsaak. |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Annelie Botes | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Nog 'n lekkerlees storie deur Annelie. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Gaan kyk gerus by hierdie internet boekwinkel, daar is fantastiese ou boeke (in Afrikaans ook!), ek sal my kredietkaart hier lekker kan verniel! Klik hier en gaan kyk rond. Nou nog meer boeke bygekry, heelwat baie ou, baie interessante boeke in Afrikaans ook.
Met elke uitgawe fokus ek op 'n
Afrikaanse webwerf. Ek het onlangs 'n boek van
Maroelaboeke af bestel en wil graag hulle besonderhede hier gee.
Regs
klik hier om hulle katalogus af te laai
Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
WAAR KRY JY DAARDIE HOED? Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Waar het jy daardie hoed gekry? Dis snaaks om te vermeld: my oupa het mos doodgegaan, toe kry 'k sy plaas se geld. Maar noudat hy begrawe is, het hul vir my gesê dat ek altyd sy hoed moet dra as ek sy geld wil hê. [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" As ek na die konsert toe gaan om mooi musiek te hoor dan skree hul daar van agter af, al sit ek reg van voor; en as ek na die sirkus gaan om al die pret te kyk, die Slamse en die derdeklas, hul skree almal gelyk: [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" Skaars was ek agtien jare oud toe wou ek al gaan trou; die mense sê die vryery het lank genoeg gehou. Ons loop toe gou-gou na die kerk, die mooiste paar in 't land; maar net toe ons die kerk inkom toe sê die predikant: [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" Die anderdag om kwart-oor-een stap ek die straat hier af; maar elke hond wat my sien stap, die wil net vir my blaf. En, ag, daar kom die skool net uit, die hele kinderspan, hul hardloop my toe agterna en skree so hard hul kan: [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" Die anderdag is ek genooi na Piet Joubert se huis. Die President was ook net daar, sy vroutjie bly maar tuis. En julle sal my net nie glo hoe bly was ek dié dag toe President met my kom praat, toe sê hy: "O, my mag! [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?"
Wat's nuut op
Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir
die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by
http://kalie.boeremusiek.net
Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.
FOREST EDGE, Bibbieshoek, Knysna bos:
Wes-Kaap Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Resep vanaf
Australië om vlooie op diere te bekamp: |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier Die boerpot is gereeld om en by £11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet??? |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die Danville Hulpgroep | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf. Nuusbrief 14 Junie
2007
Bankbesonderhede:
Baie dankie aan almal wat vir my hierdie resepte aangestuur het, ek dink ons gaan binnekort 'n lekker versameling bymekaar hê. In Patriot #108: Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies, Jan Ellis poeding, Generaal De la Rey's koek. In Patriot #109: Paul Krugerkoek, Vrystaatse Melktert In Patriot #110: Hertzoggies, Generaal Smutskoekies, Victoria Sponskoek In Patriot #111: Stormjaers, Ounooienspoeding, Ou Jonkmanspoeding In Patriot #112: Soldaatpoeding, Afrika's Koekiis, Boere Soetkoekies President Steyn-koek 240 g botter Klits botter en strooisuiker tot romerig. Klits eiergele goed. Voeg eiergele by geklitste bottermengsel. Meng goed. Meng amandels, skil, sultanas en rosyntjies en hou eenkant. Sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel. VVoeg vrugte by en meng goed. Vou styfgeklopte eierwitte in en meng. Gooi helfte van beslag in goedgesmeerde, gevierde koekpan. Hou res van beslag eenkant. Meringue 1 eierwit Klits eierwit styf, voeg suiker, sout en geursel geleidelik by. Vou klapper en amandels in. Smeer meringuelaag op helfte van beslag reeds in die pan. Gooi die res van die beslag bo oor en bak by 190ºC vir ongeveer 75 minute. Keer uit en laat afkoel Koningin's Poeding (ou resep) 1 lb
broodkrummels, meng met geel van 4 eiers Meng alles goed. Bak in skottel tot mooi ligbruin. Haal uit en smeer marmalade oor. Klop dan die wit van die 4 eiers tot skuim en sit bo op die marmelade. Sit die poeding weer in die oond totdat dit styf is, nie bruin nie.
Brand salf: Neem een lepel kalkwater en 1 lepel lynolie, skud deurmekaar, sit op fyn lappies op die brandplekke.
Perskes atjar: Skil 7 lb perskes, steek 'n kruinagel in elke perske, kook 3½ lb. suiker in 3 bottels asyn tesame, gooi op di perskes, laat dit 9 dage staan, kook dan weer vir 20 minute saam.
Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES POTJIE
st se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek Nog gevleuelde woorde van ST: Wilskrag
Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier! Skooltake?? Klik hier Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.
Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe. Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is Kontak my hier. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|